Vars asem op jou troudag met IvoHealth


Vars asem is die laaste ding waaroor jy jouself wil bekommer op jou troudag. Daar is dus ʼn paar goedjies wat jy kan doen om ʼn vars asem te verseker, meen Minette Badenhorst.

Jou troudag is een van die belangrikse gebeurtenisse in jou lewe, en daar is so baie dinge wat deur jou kop maal. Ongelukkig is mondhigiëne nie noodwendig aan die bokant van daardie lysie nie, maar jy wil hê dat daardie eerste soen as man en vrou met ’n vars asem gebeur.

Die reël van ʼn troue veroorsaak ook bietjie spanning en senuwees. Dit veroorsaak soms dat jou mond effens droog voel. Droë mond verhoog die kans op ʼn slegte asem. IvoHealth se GUM-produkte het ʼn wye reeks wat jou kan help om ʼn vars asem op jou troudag te verseker.

Begin jou groot dag deur met hulle GUM Original White-tandepaste te borsel. Dit verwyder plaak en verseker ’n vars asem. Hulle het ook GUM Easy Flossers, wat dit maklik maak om te vlos. Spoel jou mond daarna uit met hulle GUM Original White-mondspoel. Hulle het ook verskeie ander produkte wat jy kan gebruik in jou daaglikse roetine, vir ʼn gesonde glimlag en vars asem.

Hier is so paar wenke om te help dat jy ’n vars asem het op julle spesiale dag.
• Gee jou bruidsmeisie en sy strooijonker die takie om altyd suikervrye mints of kougom byderhand te hê, asook ook ʼn klein botteltjie mondspoel. Deesdae gee baie bruide vir haar strooimeisies ʼn tipe troudag pakkie met allerhande goedjies in wat op die dag handig te pas mag kom. Sluit mond produkte daarby in wat hulle dan deur die dag vir jou byderhand kan hou;
• Drink baie water op die dag van jou troue. Dit sal jou mond vogtig hou en help om slegte asem te voorkom;
• Moenie sterk kosse eet die dag voor of oggend van jou troue nie. Vermy ook bestanddele soos kerrie en knoffel; en
• Vars vrugte is ʼn beter opsie vir peuselhappies deur die verloop van die oggend.

Maak seker dat jou tande gesond is voor jou groot dag en dat jy die perfekte glimlag en vars asem het, deur gesond te eet en die regte mond produkte te gebruik wat jou pas.

WEN, WEN, WEN!


Een gelukkige bruid kan ’n Sunstar GUM-geskenkpak wen van Ivohealth om ’n vars asem te verseker op jou troudag! Die geskenkpak se waarde is R600 en sluit in:
• GUM Tongue Cleaner;
• GUM Technique Plus-tandeborsel;
• GUM Original White-tandepasta;
• GUM Original White-tandevlos;
• GUM Original White-mondspoelmiddel;
• GUM Easy Flossers x 30;
• GUM Soft-Picks Advanced;
• GUM Floss Brush Automatic; en
• Mesh-toiletsakkie.

Om in aanmerking te kom vir hierdie prys, doen die volgende:
* Like en deel hierdie inskrywing op Facebook;
* Like Ivohealth se blad; en
* Tik #FreshBreathFix in die kommentaarblokkie onderaan.

KLIEK HIER OM UIT TE VIND HOE JY GEWIG KAN VERLOOR OP JOU GROOT DAG!


 

 

 

 

 

 

 

 

Written by Troukoors