Wen Hanna Boss se nuwe CD


Wen Hanna Boss se splinternuwe album as jy vandag vir ons kompetisie inskryf en maak haar musiek deel van jou troudag.

Hanna Boss se musiek is beslis iets wat jy op jou troue wil hê! Sy het ’n pragtige stem, met baie rou emosie en het die unieke gawe om Pop- en klassieke musiek op ’n vars en moderne manier te kombineer. Haar nuwe album sluit die mooiste duet met Burgerd Botha in, wat dalk net die dansbaanopeningsliedjie mag wees waarna julle soek, so skryf in en wen!

Hanna is baie opgewonde oor haar debuutalbum, Verf Jouself, wat gedurende Februarie 2018 uitgereik word en verklap dat menseverhoudings die sentrale inspirasie agter die musiek is. Sy beskryf dit as ’n moderne Afrikaanse Popalbum, waarvan die titelsnit presies verklap waar sy tans in haar lewe is en wat sy moes doen om hier te kom. “Die album het sowat ’n jaar gevat om op te neem. Elkeen van die liedjies is kort stories en ek dink die tipe instrumente wat gekies is, is baie modern en vars. Ek het werklik ook probeer om klassieke instrumente en klanke by die Pop te voeg, want dis die musiek wat ek werklik baie geniet! Ons het nie spesifiek probeer om ’n styl te volg nie, maar eerder om my styl en musieksmaak uit te leef,” sê sy. Die nuwe album, wat hoofsaaklik uit oorspronklike Afrikaanse musiek bestaan, is ’n spanpoging deur Hanna, wat betrokke was by 60% van die inhoud, bekende liedjieskrywer – Stass, Seugne Botha, Elben Schutte en Hennie Kotze. Sy sonder Jammer uit as haar persoonlike gunsteling, omdat dit rou en eerlik is, maar glo dat elkeen van die twaalf snitte die potensiaal het om treffers te wees. Aanhangers kan ook uitsien na ’n unieke verwerking van Dolly Parton se Jolene, asook ’n oorvertaalde weergawe van Katherine Jenkins se I Will Pray For You.

Haar eerste enkelsnit, ook getiteld Verf Jouself vanaf die nuwe album het binne die eerste twee weke na vrystelling die treffeparades oorgeneem en ook die Nr. 1 posissie op GrootFM se Groot 20 bereik. Die musiekvideo is ook gereeld te sien op verskeie televisie kanale soos kykNET, SABC 2 en MyTV.

Dié sangsensasie het nog baie planne vir die toekoms en sou graag saam met Corlea Botha wou werk. Wanneer sy nie sing nie, is sy lief daarvoor om op staptogte te gaan, berg te klim, fiets te ry en om tyd saam met vriende deur te bring. “Ek sien myself oor vyf jaar as ’n gevestigde sangeres, met ’n kind of twee, of drie of vier! Ek is baie opgewonde om my stem, klank, styl en stories tot die Afrikaanse Muskiekbedryf te voeg.”

Hanna het die afgelope jaar diep in die harte van Afrikaanse musiekliefhebbers kom kruip en daar bestaan geen twyfel dat haar borrelende persoonlikheid, unieke aanslag en lekkerluisterstem vir haar nog baie deure gaan oopmaak in die toekoms nie.

Volg haar gerus op sosialemedia vir meer inligting oor hoe jy haar kan bespreek vir jou troue!

As jy egter nie ’n lewendige optrede kan bekostig nie, kan jy steeds hierdie musiek deel maak van jou groot dag deur die album op iTunes of by die musiekwinkel te koop… of deur in te skryf vir ons kompetisie om die CD te wen!

HOE OM TE WEN
WEN WEN WEN!
Twee gelukkige lesers staan ’n kans om Hanna se nuwe album te wen.
Om in te skryf:
*LIKE en DEEL die inskrywing op Facebook;
*LIKE Hanna Boss se Facebook-blad;
*LIKE Starburst Promotions op Facebook; en
*Tik #HannaBKomp in die kommentaarblokkie.

  • Die wenner word op 22 Februarie 2018 aangekondig.

Written by Troukoors