Trourokke 101 – Kies die regte verskaffer


Trourokke is die belangrikste element van enige troue, vir die meeste bruide. Vandag gesels Minette Badenhorst met Corné Curtis van Calegra Bridal House in Kaapstad.

Trourokke is ’n noodsaaklike element van alle troues, maar hoe kies jy die regte diensverskaffer hiervoor? Lees verder om uit te vind…

VERTEL ONS BIETJIE MEER VAN JULLE BRUIDSWINKEL?
“Calegra Bridal House is die perfekte plek vir ʼn bruid wat so bietjie anders wil wees maar steeds 100% bruid wil voel. Ons bied trourokke wat ontwerp is deur bekende Suid-Afrikaanse ontwerpers. Jy kan persoonlike aandag te wagte wees terwyl jy verskeie rokke sal kan aanpas. Ek raai altyd my bruide aan om so eerlik as moontlik te wees gedurende die passing. Op daardie manier is dit maklik om haar droomrok te help vind.

ʼn Calegra Bruid se rok word op haar mates gemaak (deur die ontwerper). Sy koop dus ʼn nuwe rok wat vir haar gemaak is met die voordeel dat sy presies weet hoe dit gaan lyk.
Bruide moet liefs ten minste ses maande voor haar troue ʼn rok kies. Dit sal verseker dat sy baie spanning uitskakel en dat haar rok perfek sal wees. “

TROUBROEKPAKKE IS TANS GEWILD OORSEE, VERAL AS ONTHAALUITRUSTING, WATTER ANDER TENDENSE GAAN GEWILD WEES IN 2019 WAARVOOR BRUIDE KAN UITKYK?
“Ons bruide is mal oor trourokke wat rug kan wys met ʼn eenvoudiger noupassende romp. Borduurwerk op die bostuk van die rok trek aandag.

Ek hou ook daarvan om vir ʼn bruid verskillende kleure opsies te bied, veral vir die “lining”, omdat dit ʼn rok heeltemal anders kan laat lyk. Dit gee ons ook die geleentheid om die rok presies by ons bruid se gelaat te pas.

Calegra bied vir bruide die geleentheid om elke rok hul eie te maak, dit beteken ons doen graag klein veranderinge sodat die bruid ʼn unieke trourok sal dra.”

WATTER STYL IS JOU GUNSTELING VIR TROUROKKE?
“Ek hou van trourokke wat ʼn bruid breed laat glimlag. Elke bruid is anders en daarom sal ons altyd streef om verskillende kant, teksture, kleur en silhoeëtte te bied.”

Gaan loer gerus na Calegra Bridal House se facebook blad en webtuiste, en kontak hulle om jou droom trourok ʼn realiteit te maak.

Foto: Freepik

Written by Troukoors