Voorbladsessie vir Troukoors se derde uitgawe

Ons voorbladsessie vir die uitgawe wat tans op die rak is, is by Morrells Boutique Estate gehou, omdat dit perfek by ons Afri-Franse styl gepas het. Klik hier om nog van die foto’s te sien wat geneem is.

Tendense kom en gaan, maar ’n tydlose styl en kleurskema bly altyd in die mode.
troukoors, in samewerking met top diensverskaffers in die bedryf, wys vir jou
hoe om Suid-Afrikaanse en Franse elemente soomloos en tydloos bymekaar te sit in ’n voorbladsessie wat geskik is vir ’n troue!

Morrells was vir ons die perfekte venue vir ons voorbladsessie. Net soos wat die vere die voël maak, maak die troulokaal ook julle troue. Sommige bruide hou van eenvoudige troues, wat grootliks berus op die kleurskema. Ander verkies weer ’n tema wat aangevul moet word met die regte plek, blomme, dekor en kleure.

As jy een van die laasgenoemde bruide is, is dit belangrik om die regte troulokaal te kies.
Morrells Boutique Estate, in Northcliff Johannesburg, is die perfekte bestemming as ’n troue met ’n Afri-Franse tema julle droom is.

“Die troulokaal laat ’n mens dink aan ’n Franse dorpie. Dit bied die geleentheid om saam met gaste in die tuin te kuier, maar ook om Cognac en kaas te geniet in die meer formele bistro. Verder is dit elke fotograaf se droomagtergrond,” sê Bernice Morrell.

Volgens haar komplementeer sagte verbleikte kleure, met ryk ondertone, soos die pienk, pers en goud wat ons gebruik het in ons voorbladsessie, hierdie tema perfek. Rose, laventel en olywe, asook heinings wat netjies instand gehou word, kan die prentjie perfek afrond.

As julle jul trougaste wil wegvoer na ’n Franse wonderland, is Morrells Boutique Estate dalk net die plek waar julle moet trou! Ons is baie bly dat ons hierdie spesiale voorbladsessie op dié landgoed kon doen.

Die nuutste uitgawe van Troukoors, waarvoor hierdie voorbladsessie was, is tans op die rak by uitgesoekte Spar-, Checkers-, PNP-, Clicks- en PNA-winkels. Moet dit nie mis nie!

 

DIENSVERSKAFFERS
Plek: Morrells Boutique Estate
Blomme, dekor en stilering: Absolute Perfection
Skryfbehoeftes: Chrystalace
Foto’s en koördinering: Susan du Toit Photography
Video: Creativ Lens Productions 
Trourok: Silver Swallow
Skoene: Opari Shoes
Hare: Mikhara Ford
Grimering: Elzane Westerman
Juwele: Marion Rehwinkel Jewellery 
Modelle: Cecile Heunis en Denay Kretzschmar

Written by Troukoors