Romanties en industrieël, met ’n tikkie Franse flair


Romanties is die kernwoord van enige paartjie se mooiste dag. Hierdie pragtige gestileerde fotosessie is juis gebaseer op dié tydlose tema.

Frankryk is romanties en word nie verniet die land van liefde genoem nie. Wanneer jy aan ’n Franse troutema dink, sien jy dadelik elemente soos laventel, pastelkleure en ougoud in jou geestesoog en daarom was dit ook die inspirasie agter hierdie Suid-Afrikaanse fotosessie, met ’n tikkie Franse flair.

Die dekor en kleure is mooi gekombineer om die gevoel van die gestileerde sessie sag en romanties te hou, maar industriële elemente is ook ingebring vir ’n meer moderne gevoel.

Die hoofkleurskema was wit, liggrys, blos, stofblou, groen en dowwe goud. Skryfbehoeftes met sagte blompatrone is gekies om die tema te komplementeer, terwyl blou- en bloskleuringe ringboksies is ewe romanties gebruik is om die ringe uit te stal.

Simplistiese dekor, wat bestaan het uit hout, geometriese vorms, kaalgloeilampe, tafeldoeke met blompatrone, Macramé-stoelbehangsels, donkerblou keramiek en dowwe goud eetgerei, het die prentjie perfek en romanties afgerond.

Wit blomme is as hooffokus gebruik, met spatsels blou en groenigheid, wat plek-plek ingebring is vir afwisseling om dit nog meer romanties te maak. Kleiner tafelrangskikkings is aangevul deur ’n groot handruiker wat tans in die mode is en afgerond met ’n blomboog, die perfekte manier om enige troulokaal mee op te helder.

Doelgemaakte versierde soetkoekies, met Franse patrone, asook ander Franse snoeperye het die prentjie verder ingekleur en ’n granaatwelkomdrankie het gesorg vir ’n spatsel helderheid op die houttafel.

As jou troue ook romanties, maar modern, moet wees, oorweeg gerus ’n paar van hierdie idees. Vir nog foto’s, koop Troukoors se nuutste uitgawe wat nou op die rak is by Pick n Pay, Checkers, Spar, Clicks en PNA.

Vir die video van hierdie sessie, klik hier!

DIENSVERSKAFFERS
Plek: Ground
Beplanning, stilering en konsep: Sophia’s, Celeste Cilliers Photography en The Peachy Peony
Blomme: Sophia’s
Dekor en houtstoele: A & E Wedding and Function Décor
Goue eetgerei en tafellinne: White Petal Hire
Ringboksie en Macramé: The Peachy Peony
Skryfbehoeftes: Jean-Marie Steenberg Graphic Design
Troukoek: Sweetly Cakes
Versierde koekies: Louvelia’s
Foto’s: Celeste Cilliers Photography
Videograaf: JPB Media
Trourok: Estelle Designs
Hare en grimering: Lianke Thirion Professional Makeup Artist
Modelle: Marianne en Elandré Fourie

Written by Troukoors