WEN ’n STROOMOP-DVD!


Drie gelukkige lesers kan elkeen ’n DVD wen van Ivan en Donnalee se nuutste lokettreffer wat dié week op DVD en DStv BoxOffice vrygestel word.

“Met kinkels in die verhaal, en verassings in die storielyn wat mens nie verwag nie, is daar genoeg drama in STROOMOP om enige kyker tot die einde te vermaak. Ek is ook seker dat die lesse in hierdie fliek, ook vir elke kyker iets anders sal kan beteken. Dit is ’n drama met aksie, ernstige humor, hartseer en talle gevoelens van verskeie emosies. Alles en almal, onder leiding van Botha, het baie mooi by mekaar gekom om weereens ’n trots Afrikaanse film vir die nasie te bring,” sê Stage and Screen se Louw Mulder oor Ivan Botha en Donnalee Roberts se derde suksesvolle speelfilm wat kykers oor die afgelope paar maande gaande gehad het.

Dié lokettreffer en Botha se regisseursdebuut, wat deur 38 500 kykers gesien is tydens die openingsnaweek, is uiteindelik vanaf vandag beskikbaar op DStv BoxOffice en DVD, by uitgesoekte winkels en jy kan een van drie gelukkige lesers wees om een te wen!

Hierdie inspirerende avontuurverhaal oor vyf vroue wat die stormagtige waters van die Oranjerivier en hulle eie lewens aandurf, is op die Oranjerivier en naby Onseepkans in die Noordkaap, asook rondom Johannesburg verfilm en word gekomplementeer deur ’n sterk rolverdeling: Donnalee Roberts, Simoné Nortmann, Chanelle de Jager, Ilse Klink, Carla Classen en Armand Aucamp.

Dit vertel die storie van vyf dames – Lana, Vivian, Adrie, Nixie en Diona – wat elkeen besig is om te ‘verdrink’ en in die rowwe waters van die lewe rondgemaal word. ’n Sameloop van omstandighede neem hulle saam op ’n avontuur op die Oranjerivier. Hier gebeur die ondenkbare en hulle boot word omgegooi, die riviergids raak verlore en die vroue bevind hulleself in ’n stryd om oorlewing in die wildernis. Die reis verander hulle lewens ingrypend, soos wat hulle saam deur seer en vrees worstel. Temas waarop die film fokus, is selfontdekking, vergifnis, aanvaarding en genesing.

Die fliek sluit ook die temalied, met dieselfde naam, in deur die gewilde en bekroonde Afrikaanse musiekgroep, Spoegwolf, en die mooi lirieke (geskep deur voorsanger Danie du Toit, oftewel Reënwolf) en melodieë in die lied vang die boodskap en emosie van die fliek perfek vas.

STROOMOP is in vrouemaand vrygestel en die draaiboek is geskryf deur Ivan Botha, Donnalee Roberts en Sean Robert Daniels van The Writers Block. Die rolprent is vervaardig deur 17FILMS en The Film Factory SA, in samewerking met kykNET en die Departement van Handel en Nywerheid (DTI), en word plaaslik deur Filmfinity (Edms) Bpk. versprei.

Dit is beslis ’n móét vir enige rolprentliefhebber se versameling en beloof om die aksie van ’n buitelugavontuur, met ’n onvergeetlike treffende boodskap, na die gemak van jou eie huis te bring!

Kyk die lokprent hier!

OM TE WEN:
* Like en deel hierdie inskrywing op Facebook;
* Like STROOMOP en Starburst Promotions op Facebook; en
* Tag al die spesiale STROOMOP-vroue in jou lewe in die kommentraarblokkie onderaan.

Jy het ’n week kans om ’n DVD te wen. Ons sal die wenners op Vrydag, 26 Oktober 2018 aankondig.

Written by Troukoors