Familiefoto’s op jou troudag


Familiefoto’s kan ’n pyn of plesier wees op julle groot dag. An-Sophie Jonker het raad om dié takie op ’n hoogtepunt af te handel.

Familiefoto’s op jou troue is dalk nie vir almal ewe belangrik nie, maar tog is hoeveel mense spyt as dit nie behoorlik gedoen was nie. Nadat jy die artikel gelees het, is jy en familiefoto’s hopelik beter vriende.

Vyand nommer een: Jy het heeltemal te veel familie.
Vyand nommer twee: Ouma is jaloers omdat nuwe boetman se ouma meer foto’s van geneem word.
Vyand nommer drie: Dit is chaos.

Nee wat, kom ons maak sommer vinnig hierdie vyande jou vriende. Hier is ʼn paar wenke oor hoe om dit reg te kry:

• Besluit wanneer die beste tyd is om familiefoto’s te neem. Net na die kerkseremonie, voor toesprake of na die ete? Dink wanneer gaan die meeste familielede maklik bereikbaar wees. Dit sal afhang van hoe jou program loop. Na die kerkseremonie is almal nog bymekaar en het almal nog krag en lus om daaraan deel te neem, so dit maak dit altyd ʼn goeie opsie. As almal eers aan die kuier raak later, mag dit miskien moeiliker wees om weer almal bymekaar te kry.
• Afhangende van hoe groot julle families is, kan julle besluit watter familiefoto’s geneem sal word. As daar net een of twee niggies is, is dit heel maklik dat daar individuele foto’s saam met elkeen geneem kan word. Die probleem gaan kom met groot uitgebreide families. In die geval, groepeer dit so groot as moontlik. Neem ouma saam met al haar kinders, dan kleinkinders en een van almal saam af.
• Maak ʼn lys van al die familiefoto’s wat geneem gaan word en in watter volgorde. Stel sommer vooraf al die familie in kennis daarvan en wanneer dit gaan gebeur. Vra hulle om voorbereid te wees, om tyd te kan spaar. Dan weet almal ook watter fotos geneem sal word en niemand kan na die tyd kwaad wees as daar nie ʼn foto geneem was waarin hulle is of nie is nie.
• Praat met jou fotograaf daaroor. Vra vir raad en bespreek die foto’s wat julle wil neem met hom of haar. Julle fotograaf behoort goeie raad te hê oor of dit genoeg familiefoto’s sal wees om almal tevrede te hou en of julle almal nodig afgeneem het. Sy of hy sal ook kan sê of daar genoeg tyd sal wees om die gewenste foto’s te kry. As julle dit net na die seremonie neem, moet ʼn mens in gedagte hou dat dit tyd neem van julle bruidspaar fotos. Maak seker julle beplan die tyd fyn uit, sodat jy nie ongeduldig voel om dit klaar te maak nie.
• As jy ietsie buitengwoon met jou familiefoto’s wil doen, ʼn paar snaakse foto’s wil neem of ander elemente wil in bring, kry jou idees vooraf. Neem dit in gedagte met julle tyd en bespreek dit vooraf met julle fotograaf. Sy of hy sal kan sê of dit gaan werk of nie en dit sal totale chaos voorkom en meer tyd effektief wees.

Daar het jy dit, familiefoto’s op jou troudag kan jou vriend wees. As dit deeglik beplan en uitgewerk word, kan dit vinnig en moeiteloos geskiet. Dit sal voorkom dat jy vir die res van jou lewe spyt is oor wat geneem is of nie. Een ding is virseker, as jy familiefoto’s jou vriend maak, kan dit kan een van die spesiaalste albums in jou besitting wees.

Foto: South Sound Weddings

Written by Troukoors