Tydlyn vir die foto’s op jou troue


Jou troudag se tydlyn is tot in die fynste detail uitgewerk. Al probleem is, jou fotograaf lig jou in, jou tye gaan nie werk met al die foto’s wat julle wil neem nie. Hoe nou gemaak?

ʼn Uitstekende fotograaf, Shandré, van Floral Photography, gee vir ons twaalf praktiese wenke oor hoe om jou tydlyn te beplan vir die mooiste foto’s:
1. Beligting is baie belangrik! Beplan dus jou tye so dat daar nog baie natuurlike lig is by die onthaalsaal en die kamers waar die bruid en bruidegom klaar maak wanneer jul daar foto’s neem.
2. Vind uit by die venue hoe laat word dit skemer, sodat jou fotograaf vir jou die beste tyd kan gee vir die bruidspaarfoto’s en dan kan jy die res van julle tydlyn uit werk.
3. Laat jou fotograaf eerste begin om die venue en al die detail van die dekor af te neem en maak seker dat die venue op tyd klaar is, anders gaan jou tydlyn nie uitwerk nie. Tydsberekening daarvoor is maksimum 45 minute.
4. Die bruidegom en sy manne hou nie van foto’s nie. Dis beter dat hulle afgeneem word na die fotograaf klaar is met die venue, sodat hulle weer kan uittrek en rustig wees tot voor die seremonie. Tydsberekening daarvoor is maksimum 60 minute.
5. Bruid se foto’s is die laaste foto’s wat geneem word voordat die formaliteite begin, hier is dit baie belangrik dat almal reeds klaar is en net die bruid se grimering nog gedoen moet word. Hier word die grootste deel van die tydlyn spandeer. Ek sal tussen 90 minute na 120 minute hier spandeer nie.
6. Die seremonie is ʼn baie belangrike deel van die troue en is dit belangrik om dit nie te lank te maak nie, maar niks korter as 30 minute nie.
7. Familiefoto’s word sommer direk na die seremonie geneem omdat almal reeds op een plek is en niemand gesoek hoef te word nie. Die tydlyn hiervoor moet maksimum 45 minute wees.
8. Nou vir die laaste en belangrikste foto’s van die dag, die bruidspaarfoto’s. Gun jouself genoeg tyd sodat jou fotograaf die beste foto’s kan neem. Tydsberekening is hier maksimum 120 minute na 160 minute afhangende van hoe vroeg die son sak.
9. By die onthaal is dit belangrik om al die formaliteite eerste af te handel sodat almal lekker die aand saam kan geniet. Hou dit kort en kragtig! Die tydlyn hier is maksimum 60 minute na 90 minute.
10. Na al die formaliteite en aandete, wanneer die partytjie begin, gee jou fotograaf die geleentheid om so paar kiekies te neem van waar almal dans. Tydsberaming is hier maksimum 45 minute na 60 minute.
11. Laaste maar nie die minste nie, hê altyd ʼn Plan B indien dit begin reën. Jy kan niks maak as dit reën nie, maar jy kan wel ʼn Plan B hê.
12. Die tydlyn moet twee na drie keer deur gegaan word met jou fotograaf, sowel as al jou ander verskaffers wat op die dag van jou troue daar gaan wees. Stuur ook aan almal ʼn kopie.

Jou troudag se tydlyn hoef nie ʼn probleem te wees nie. Gebruik hierdie raad vanuit ʼn kennersopinie en beplan jou tydlyn om die mooiste en meeste foto’s van die dag te kan vasvang. Shandré, van Floral Photography, se laaste stukkie raad is: “Niemand gaan weet as daar iets fout loop nie, net jy gaan. Geniet elke oomblik!”

Foto: Freepik
Artikel: An-Sophie Jonker
 

Written by Troukoors