Wen ’n Military Wives-geskenkpak

Vyf gelukkige lesers kan elk ’n Military Wives-geskenkpak wen vir die kombuis! Lees verder om te sien hoe.

Military Wives, ’n lieflike rolprent oor hoe vroue mekaar deur middel van musiek inspireer en motiveer terwyl hulle mans weg is van die huis af vir diensplig, wys vanaf 2 Oktober 2020 op DSTV Box Office.

Die fliek, wat in Maart 2020 by bioskope moes begin draai, se vrystellingsdatum is aangeskuif as gevolg van die Covid-19 pandemie en dis nou jou kans om hierdie ongelooflike verhaal te beleef! Veral as jy van flieks gehou het soos The Full Monty en Calendar Girls

Dis gebaseer om die ware verhaal van die koormeester, Gareth Malone, wat in 2011 ’n groep vroue onder sy vlerk geneem het terwyl hy besig was om aan die BBC-program, The Choir, te werk. Navorsing het getoon dat koorsing help om stres te verminder en eensaamheid, angs en depressie te bekamp. Sy doel was om die vroue en meisies van soldate te help om hulle gevoelens weer te gee deur middel van musiek.

Die fliek wys hoe die netjiese en georganiseerde Kristin Scott Thomas (Kate) ’n onverwagse vennootskap vorm met die meer gemaklike en onkonvensionele Sharon Horgan (Lisa) om ’n koor te vorm vir die soldate se vroue. Hierdie koor help nie net dié vroue deur van die moeilikste oomblikke in hulle lewens nie, maar word ook mediasensasie wat die weg baan vir soortgelyke pogings regoor die wêreld.

Greg Wise, Jason Flemyng, Emma Lowndes, Gaby French, Lara Rossi, Amy James-Kelly en India Ria Amarteifio is ook in die fliek te sien.

Military Wives, uit die pen van Rosanne Flynn en Rachel Tunnard, is ’n opbouende en inspirerende goedvoel rolprent oor vriendskap, liefde en ondersteuning binne ’n gemeenskap. Dit word landswyd deur Filfinity Edms (Bpk.) versprei.

Dit is die perfekte fliek om saam met jou strooimeisies te kyk die aand voor jou troue of om ’n bietjie gees mee te bou voor die groot dag.

Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=ts0X-U7uLdw

WEN, WEN, WEN!

VYF gelukkige lesers kan elk ’n Military Wives-geskenkpak wen, ter waarde van R400! Die prys sluit ’n vatlappie, koffiebeker en gegeurde kers in met die Military Wives-handelsmerk op. Al wat jy moet doen om in aanmerking te kom vir die prys, is:

*Like en deel hierdie inskrywing op Facebook;

*Like Filmfinity en Starburst Promotions se blaaie op Facebook;

*Tag twee vriendinne wat mal sal wees oor die fliek in die kommentaarblokkie.

Wenners sal op 5 Oktober 2020 aangekondig word.

 

 

Written by Troukoors