’n Prettige idee vir ’n hennepartytjie

As jy op soek is na ’n spesiale manier om ’n kreatiewe bruid se hennepartytjie te vier, is One Off Design se werkswinkels dalk iets om te oorweeg. Gina van Staden vertel meer hieroor in vandag se artikel.

Elzette Esplin, ontwerper, argitek en eienaar van One Off Design in Sasolburg, bied werkswinkels aan met die sementbasisproduk, Mixx. Lees verder oor die produk, asook hoe ’n werkswinkel met die veeldoelige Mixx vir ’n prettige henneparty sal sorg.

WAAR EN HOE HET MIXX ONTSTAAN?

“Binneshuisontwerper, Mony Blight van Tzaneen, het dit so drie jaar terug ontwikkel deur haar ondervinding en passie vir sement en ontwerp .”

HOE HET DIT GEBEUR DAT JY MET HIERDIE PRODUK BEGIN WERK HET?

 “Ek was opsoek na iets uniek vir ՚n kliënt en het toe op Mixx afgekom. Ek het met hul verkoopskonsultant, Nina, begin gesels en die moontlikhede van die produk het my opgewonde gemaak. Dit was ook gepas om dit deel te maak van my portefeulje.”

OP WAT KAN HIERDIE PRODUK ALLES AANGEWEND WORD?

 “Mixx is so slim ontwerp dat dit met goeie voorbereiding op talle tipes oppervlaktes vanaf mure tot verskeie glas-, hout- en melamienbladdens en teëls in badkamers, aangewend kan word.”

 HOE VERGELYK HIERDIE PRODUK TEEN DIE GEWILDE KRYTVERF?

“Dit kan op drie maniere aangewend word: troffel, verf of doop. Verf word beperk tot net een tipe aanwending.”

HOEKOM DINK JY DAT SO ’N WERKSWINKEL PERFEK SAL WEES VIR ’N HENNEPARTY?

“Dit sal beslis ’n unieke ervaring wees. Nie net stap jy weg met ’n nuwe vaardigheid wat jy lewenslank kan toepas nie, maar is dit onspannend en propvol pret. Vir ’n henneparty sal ons iets saamstel wat daardie dag gemaak kan word vir die troue.”

HOEKOM GENIET VROUE DIT SO BAIE OM MET HIERDIE PRODUK TE WERK?

 “Ek vermoed dis omdat sement nog altyd as ’n manlike produk gesien was, en dat vroue skielik besef dis glad nie so moeilik om aan te wend nie. Dis ook bevredigend om ’n nuwe vaardigheid aan te leer, maar ek kan darem in dieselfde asem noem dat ek ook al ’n klompie manne gehad het wat die klas geniet het.”

 VERTEL ONS VAN DIE WERKSWINKELS WAT JY AANBIED?

“Op die oomblik is daar drie tipes werkswinkels. Die eerste opsie is mure, stensils en doop –  hier wys ek jou stap vir stap hoe om die troffel- en ‘brand’ tegnieke te bemeester. (Die twee borde wat jy in al drie werkswinkels maak, neem jy saam huis toe om mee te spog.)

Die tweede opsie is bladdens, waar die fokus ՚n melamienblad of kas is. Ons leer jou eers troffel en wys jou daarna stap-vir-stap hoe om die blad voor te berei, tot by die finale seël.

Opsie drie is op teëls gefokus. Jy leer eers troffel, dan voorbereiding en applikasie op  borde met teëls en pleisterlyn. Die transformasie wat die teëls ondergaan is ongelooflik.”

Elzette sê dat hulle tans besig is om te kyk hoe hulle kan uitbrei om die werkwinkels op ander plekke ook te kan aanbied, soos byvoorbeeld vir ’n henneparty. So, indien jy na iets opwindend en uit die boks soei vir jou henneparty, is ՚n Mixx werkswinkel perfek.

WEN, WEN, WEN!

Een gelukkige leser kan op 5 Desember 2020 een van Elzette se werkswinkels gratis bywoon in Sasolburg.

Om in te skryf:

*Like en deel die inskrywing op Facebook;

*Like One Off Design se blad op Facebook; en

*Tag 5 vriendinne in die kommentaarblokkie.

Die wenner sal op 2 Desember aangekondig word.

 

 

 

Written by Troukoors