EKSKLUSIEF: FRANK & I SE JOHAN BRITS TROU!

Johan Brits, lid van die gewilde gospel-musiekgroep Frank & I, het die afgelope naweek trou beloof aan die liefde van sy lewe, Elzaan Kriel. Hier is die eerste amptelike foto’s van hulle sprokiesdag.

Johan en Elzaan het op sy verjaardag op Clifton se strand ontmoet en sy het dadelik geweet dat hy die man is vir haar. Hulle was uit die staanspoor onafskeidbaar en het mettertyd besluit om te trou by 12 Apostles Hotel & Spa, waar hulle ook verloof geraak het, in die Kaap. Hulle verklap meer oor hulle mooiste dag.

WAT IS DIE TEMA VAN DIE TROUE EN WATTER ATMOSFEER WIL JULLE SKEP? 

“Ons het besluit op ’n klassieke black-tie-tema. Ons droom was nog altyd om ’n meer formele troue te hê en weg te beweeg van die tradisionele wynplaas tipe troue. Ons wou hê ons gaste moet soos celebs voel wanneer ons trou.” 

WAT IS DIE KLEURSKEMA EN HOEKOM HET JULLE DAAROP BESLUIT?

“Die kleurskema is swart en wit. Dit komplementeer die tema van ons troue en is ’n veilige opsie wat jou nooit in die steek laat nie.”

IS DAAR ENIGE SELFDOEN-PROJEKTE WAT JULLE VIR DIE TROUE AANGEPAK HET?

“Ja, daar is. Johan is in die musiekbedryf en is baie kreatief. Ek is sy grootste bewonderaar. Hy het self die liedjie geskryf en opgeneem waarop ek in die kerk ingestap het en dit was baie spesiaal.”

HOEKOM HET JULLE OP DIE VENUE BESLUIT?

“Dit is ’n baie spesiale storie. Ons het altwee ’n groot liefde vir die see en het 12 Apostles se Spa en Restaurant altyd geniet wanneer ons spesiale oomblikke gevier het. Ons bid gewoonlik oor alles en het gevoel dat God se hand in die besluit was om hier te trou.” 

HET JULLE ENIGE RAAD VIR PAARTJIES WAT OP TROU STAAN?

“Eerstens moet jy seker maak jy trou met die regte persoon en tweedens is dit belangrik om te bid oor alles en in elke besluit 100% vrede te hê en nie onnodig te bekommer oor “dinge” nie.” 

WAT DINK JULLE IS DIE BOUSTENE VAN ’N GESONDE VERHOUDING?

“Eerstens moet jy seker maak dat jou verhouding die Here se wil is. Ons glo ook dat kommunikasie baie belangrik is en ook om mekaar op te bou in die verhouding. Ons sal ook altyd die beste weergawe in alle opsigte vir mekaar te wees.” 

WAT HET JULLE DIE MEESTE GENIET VAN JULLE TROUBEPLANNING?

“Sjoe, dit was ’n groot voorreg om te sien hoe al ons beplanning daagliks meer-en-meer ’n werklikheid word. Een van die hoogtepunte was definitief om vooraf die kos te kon proe vir ons troudag.”

Die paartjie se troudag was baie spesiaal en sal iets wees wat hulle en hul gaste nog vir lank sal onthou.

DIENSVERSKAFFERS

Plek, koördinering, spyseniering en drankies: 12 Apostles Hotel and Spa 

Blomme en dekor: La Chandeleur

Troukoek: Shake ’n Bake

Foto’s en video: Dearbeb Media 

Musiek: Bluefurn Productions

Trourok: Eulogeo Zeloo

Hare: Chené Jones

Grimering: Justine Otto 

Bruidegom se uitrusting: Stylish Stitch Tailor

 

 

Written by Troukoors