Klassieke troue in die tuin

Wian en Annika het gedurende inperkingstyd in Dullstroom verloof geraak en het onlangs hulle liefde met die mooiste troue gevier. Lees verder om hulle storie te hoor en foto’s te sien.

Wian was dadelik verlief op toe hy vir Annika ontmoet het op Valentynsdag in Stellenbosch. Alhoewel sy op daardie stadium in ’n verhouding was, het hulle paaie weer later gekruis en het hulle met ’n wonderlike verhouding begin, wat gelei het tot ’n sprokiesmooi troue.

WAT WAS JULLE KLEURSKEMA EN TEMA VAN JULLE TROUE?

“Die kleurskema was smaraggroen en wit. Aangesien die troue in die tuin was, wou ons hê die tafels en dekor moet ’n uitbreiding van die omgewing wees. Ons wou hê die dekor moet baie minimalisties, maar romanties wees – sodat dit bydra tot die omgewing, eerder as om in kompetisie daarmee te wees.”

WATTER TIPE ATMOSFEER WOU JULLE SKEP EN HOEKOM?

“Die oorwegende gevoel wat ons wou hê, is klassiek. Ons wou hê as mens aan die troue terugdink hulle die tydlose, romantiese atmosfeer sal onthou. Ek is ’n hopeless romantic en ek wou gehad het dat daar ‘n koherente storie moet wees. Die bome, saam met liggies, saam met ’n lewendige orkes wat klassieke musiek gespeel het, het alles bygedra tot die tydlose tema.”

BESKRYF JULLE TROUDAG?

“Van die oggend wat ek my oë oopgemaak het, was ek opgewonde en kon ek nie wag vir die troue om te begin nie. Ek was baie ontspanne en het net gedink, niks kan verskriklik verkeerd gaan nie en as dit doen, sal ons dit hanteer. Ek was verskriklik opgewonde en kon nie wag vir die oomblik wat ek in die paadjie kon afstap nie. Ek moes myself heeltyd herinner dat dit is regtig hoe alles lyk en ons uiteindelik ons droomdag beleef. Ons sou niks aan die dag wou verander nie en vir ons albei was die dag beter as waaroor ons kon droom!”

HET JY ENIGE RAAD VIR TOEKOMSTIGE BRUIDE?

“Ek sal sê mens moet jouself genoeg tyd gee. Dis ’n dag waaroor jy so lank droom, so gee jouself kans om daardie prentjie waaroor jy gedroom het ’n werklikheid te maak. Moenie te haastig wees met die datum nie – die aanbeveling is dat mens die venue ’n jaar vooruit bespreek en die trourok nege maande voor die tyd. Om hierdie tydlyn min of meer te volg, gee jy jouself die beste kans om jou eerste keuse te kry en nie tevrede te wees met jou tweede keuse venue, omdat hulle vir die volgende paar maande volbespreek is nie…”

DIENSVERSKAFFERS:

Plek en drankies: Mooikraal Garden Venue

Koördinering, blomme, dekor en skryfbehoeftes: Alet Wessels

Spyseniering: Essen Eatery

Verhurings: Softlight Decor, 082 837 9065

Foto’s: Dust and Dreams Photography

Musiek: Con Grazia, Fame Productions

Trourok: Bridal House

Hare: Leandi Nel

Grimering: Beauty by Rica

Bruidegom se uitrusting: Your Pal, Brooklyn Mall

Written by Troukoors