Eksklusief: Ray Dylan bederf sy vrou met ‘n liedjie vir Valentynsdag!

Die musiekvideo van die liefdesliedjie wat Ray Dylan vir sy vrou geskryf het, is heel gepas op Valentynsdag vrygestel. Lees verder om meer die video te sien:

Ray Dylan se splinternuwe romantiese pop-treffer, wat hy vir sy vrou geskryf het, is pas uitgereik en reeds besig om soos ’n veldbrand te versprei.

Die musiekvideo van hierdie liefdeslied is, net betyds om Valentynsdag te vier, nóú aanlyn en op die kassie beskikbaar.

Volgens Ray, het hulle besluit om die konsep van die video eenvoudig te hou en beeldmateriaal in te sluit van hom wat sing en musiekmaak in sy ateljee in Vredefort.

Chandré Opperman van Coolerbox Brothers was die regisseur en vervaardiger van die video en die eindresultaat beloof om bewonderaars gaande te hê.

KOM MY VOOR JOU is deur dié kunstenaar, wat oor die jare sinoniem geword het met Afrikaanse musiek, self geskryf en vervaardig en hy het ook self die instrumente gespeel wat op die snit gehoor kan word. Vonk Musiek se Tertius Human het die finale afrondingswerk behartig.  

“Ek het die liedjie vir my vrou, Jessica, geskryf en kan met trots sê dat ons huwelik dit geïnspireer het,” deel hy. “Dit is een van daardie liedjies wat jou hart sal laat bons en net weereens bevestig dat elke pot sy deksel het.”

KYK DIE VIDEO EERSTE HIER

Ray werk al meer as drie dekades in die plaaslike musiekbedryf en is veral bekend vir treffers soos Hokaai Stoppie Lorrie, Dis Verby, Jessica, Hier binne klop ’n Boerehart, Angel-face, You’re My Everything, Vir Ewig Jonk, Uitbasuin, Hier Teen Jou Lyf en nog vele meer.

Oor die jare, het die sanger baie hoogtepunte in sy loopbaan bereik. Vanjaar is hy ook benoem vir die Highest Honour: Southern Rock-toekenning by die Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekkenings én gaan hy die verhoog deel met die internasionaal erkende Southern Rock-koning, Kip Moore.

KOM MY VOOR JOU is nou beskikbaar op alle digitale platforms.    

Foto: Afrikaanse Musieknuus 

Written by Troukoors