WELKOM BY TROUKOORS SE AANLYNWINKEL
Troukoors se pakkies word deur middel van Postnet se Counter to Counter opsie @ R49.50 gestuur.
BANKBESONDERHEDE
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag: R404.50 (R355 + R49.50 posgeld en verpakking)
PLAAS JOU BESTELLING
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:
1. Bewys van betaling. 2. Die opsie waarvoor jy betaal het. 3. Jou naam en van. 4. Jou selfoonnommer. 5. Jou posadres. 6. Jou poskode.
VIND MEER UIT OOR DIE BOEKE EN TYDSKRIFTE…
Troukoors se Klein Swart Boekie oor Troues (normaalweg R135)
Uitgewer: Troukoors
Die Troukoorsspan antwoord al jou vrae, soos…
- Wat is die bewoording en etiket vir uitnodigings;
- Wat moet die strooimeisies en- jonkers doen;
- Watter toesprake moet gelewer word en wanneer;
- Wat is die seremoniemeester se verantwoordelikhede; en
- 34 ander vrae wat bruide het
Ekstra hulpmiddels agterin die boek…
- ’n Handige begroting sodat jy van niks vergeet nie;
- ’n Tydlyn wat jy op die dag van die troue kan volg;
- ’n Gastelys en tieklysies vir kiekies en musiek;
- ’n Plek vir notas en telefoonnommers wat jy byderhand moet hê; en
- ’n Telefoonboekie met handuitgesoekte diensverskaffers.
Die Trouboek (normaalweg R125)
Uitgewer: Carpe Diem Media
Julle is verloof en droom saam oor die dag wanneer julle uiteindelik man en vrou gaan word. Alles is perfek… totdat julle besef wat alles gedoen moet word en hoeveel dit gaan kos!
Skielik stry julle oor elke aspek van die troue en kan jy nie alles kry wat jou hart begeer nie. Kort voor lank begin jy wonder of dit ooit ‘n goeie idee was om verloof te raak. Gretha Wiid is ‘n kenner as dit by verhoudings kom en bereik julle voor vir die getroude lewe; hoe om te kommunikeer, verskille te hanteer, mekaar ruimte te gee en jou identiteit te behou.
Yolandé Edelinski van Troukoors weet hoe om die perfekte troue in 52 weke te beplan en maak seker dat jy van niks vergeet as jy haar raad week-vir-week volg nie.
Gelukkig getroud (normaalweg R130)
Uitgewer: Carpe Diem Media
Hierdie eerlike gids praat in 100 stukke reguit met jou hart én verstand. Regte vroue vertel wat hulle as waardige vroue in die huwelik laat uitstyg het. Hulle verhale sal jou laat giggel, jou inspireer en jou dalk ’n traan of twee laat wegvee. Uit hulle lesse leer jy wat humor, geduld en ’n positiewe houding in jou huwelik kan beteken.
Help, ek is ‘n skoonma/skoondogter (normaalweg R115)
Uitgewer: Carpe Diem Media
Wanneer twee vroue deur ’n huwelik verpligte familie word, kan die vonke spat. Dit maak nie net die skoonma en skoondogter ongelukkig nie, maar skep ook spanning vir die mans in julle lewe. In hierdie oulike boek deel 30 vroue hulle wysheid. Die moeders wat raad gee, sluit bekendes in soos Elise Grey, Wanda Bamen en Nina Smit. Die dogters wat uitpraat, is onder andere Gretha Wiid, Karlien van Jaarsveld, Amy Kleinhans en Mandi Baard.
Troukoors Tydskrif (R62.50)
As jy weet wat woorde soos kiekies en boeretroos beteken, sal jy verstaan waarom Troukoors so uniek en spesiaal is vir duisende Suid-Afrikaners. Ons tydsrif het tradisionele waardes, met ‘n moderne styl vir die hedendaagse bruid.
Die tydskrif is propvol idees, inspirasie, doen-dit-self-wenke, resepte, mode, bykomstighede, hulpmiddels en bekendes se raad. Troukoors is volgens bruide die mooiste bruidstydskrif op die mark… en boonop trots Afrikaans! Ingesluit in jou pakkie is ons 2018-2019 Franse uitgawe.