Wian en Annika het gedurende inperkingstyd in Dullstroom verloof geraak en het onlangs hulle liefde met die mooiste troue gevier. Lees verder om hulle storie te hoor en foto’s te sien.
Die liefde het onmiddellik geblom toe Edward en Andrea mekaar vir die eerste keer ontmoet het. Vandag is hulle ’n getroude paartjie. Lees dié artikel om meer te sien van hulle spesiale dag.
Edward en Andrea het by ’n Adam Tas-konsert ontmoet en dit was liefde met die eerste oogopslag… Een dag, ’n paar jaar na hierdie ontmoeting, het hy die groot vraag gevra tydens ’n romantiese kersligete… en vandag is hulle ’n getroude paartjie.
WAT WAS DIE TEMA EN KLEURSKEMA VAN JULLE TROUE?
“Ek was baie opgewonde oor my troudag, maar kon nie uit die staanspoor kleure kry wat mooi saamgewerk het nie. Nadat ek op Pinterest rondgekrap het, het ek op dié pruim/ pers- en grys-kombinasie afgekom. Ons het albei daarvan gehou en besluit dis die perfekte kleure om ons dag van liefde mee te vier.”
WATTER ATMOSFEER WOU JULLE GRAAG SKEP?
“Ons hou nie van stywe en formele troues nie en wou ’n gemaklike atmosfeer skep wat almal kon geniet.”
BESKRYF JULLE TROUDAG?
“Dit was ’n dag vol emosie en liefde. Niks kan jou voorberei vir jou troudag nie. Die een oomblik is jy opgewonde en die volgende oomblik gespanne en bang. Maar ons is baie tevrede met hoe die dag uitgedraai het.”
WAT IS JOU RAAD VIR TOEKOMSTIGE BRUIDE?
“Maak tyd om die dag en detail in te neem. Dit gaan so gou verby, so jy moet die beste maak van elke oomblik.”
DIENSVERSKAFFERS:
Plek: DeLand
Blomme: Henneman Bloemiste
Dekor: Simply Elegance
Fotograaf: Unveil Photography
Musiek en vermaak: Gerhard Supra
Trourok: Carmen’s Bridal Boutique
Hare: Turning Heads, Henneman
Grimering: Effortless Beauty by Anel
Julian en Claire Tabone wou ’n stylvolle troue hê en het gaste se asems weggeslaan met hulle keurige dekor en elegante atmosfeer.
Julian en Claire het heel toevallig in ’n restaurant in Hazelwood ontmoet toe sy uit was saam met haar vriendin, en ook haar strooimeisie, Suné, en hy saam met sy vriend en strooijonker, Henri (wat die meisies toevallig ook geken het). Hulle het van die eerste oomblik af tot mekaar aangetrokke gevoel en die res is geskiedenis!
Hulle het in die Kaap verloof geraak na ’n staptog in Lions Head, waarna hulle dit met ’n glasie vonkelwyn gaan vier het in hulle pragtige see-uitsig woonstel in Kampsbaai.
Johan Ungerer van Johan Ungerer Signature Weddings vertel meer oor die beplanning van hulle troue.
WAT WAS DIE TEMA VAN DIE TROUE?
“Daar was geen spesifieke tema nie, maar die einddoel was om ’n tydlose, moderne, elegante en stylvolle atmosfeer te skep vir die paartjie en hulle gaste.”
HOEKOM HET JULLE HIERDIE SPESIFIEKE KLEURSKEMA GEBRUIK?
“Die kleurskema van die troue wat swart, wit, olyfgroen en roosgoud. Ons wou wegbeweeg van alledaagse kleurkombinasies en ’n dramatiese effek skep met die dekor.”
WATTER KLEURE EN TEMAS IS TANS GEWILD?
“Sagte en neutrale klere is baie gewild, in skakering van sagte pienk, olyfgroen, klassieke blou en verskeie aardse kleure.”
OM BLOMME EN DEKOR TE KRY WAT JULLE KLEURSKEMA PAS, MOES ’N UITDAGING GEWEES HET – WAAROP HET JULLE BESLUIT?
“Die dekor is oorheers deur swart elemente soos tafeldoeke, servette, kerse, kandelare, tafelnommers en spyskaarte, wat versag is deur wit, groen en roosgoud elemente. Ons het wit blomme gebruik om die prentjie mee af te rond.”
HOEKOM IS ’N GOEIE TROUBEPLANNER BELANGRIK?
“Dit maak die reis vir die paartjie baie maklik en verminder die stres wat hulle rondom die troue ervaar, sodat hulle net kan fokus op die dag en om dit te geniet.”
HOE KAN JY ’N TROUE REËL EN STEEDS JOU BEGROTING LAAT KLOP?
“Alles gaan oor beplanning. Besluit op jou begroting en hou daarby. Jy het nie ’n reuse-begroting nodig om jou troue stylvol te maak nie. Hou dinge eenvoudig en moenie oorboord gaan met alles nie. Dis die detail en eenvoud wat jou troue stylvol en perfek gaan maak.”
HET JY ENIGE RAAD VIR PAARTJIES WAT GAAN TROU?
“Geniet elke oomblik van die beplanning, want dis ook ’n groeiproses waarin julle mekaar beter leer ken. Doen wat julle wil en waarvan julle hou en moenie bekommerd wees oor wat ander mense dink nie. Daar is baie diensverskaffers wat nie buitensporig duur is nie en graag wil help om jou drome waar te maak, so kies goed.
Claire voeg by: “Wees oop vir idees en druk jou persoonlike stempel op jou troue af. Kies en belê in ’n troubeplanner wat jou behoeftes verstaan en aandag gee aan die detail. Johan was ongelooflik en het dadelik verstaan wat ons wil hê. Hy het binne ons begroting gebly en deurgaans met ons gekommunikeer. Hy het ook baie effektief en professioneel met ons familie, gevolg en ander verskaffers gewerk. Geniet elke oomblik van jou troudag en skep herinneringe wat jy vir altyd sal koester. Dis immers die begin van julle lewens saam.”
DIENSVERSKAFFERS:
Plek en Spyseniering: Chez Charlene Wedding Venue
Koördinering: Johan Ungerer Signature Weddings
Blomme: DITU Consultants
Troukoek: Sweetly Detailed
Drankies: Deetlefs Wine Estate
Dekor: Lampyridae Lights, Chez Charlene Wedding Venue
Skryfbehoeftes: Johan Ungerer PR & Marketing (ontwerp) en Minuteman Press Lynnwood (drukwerk)
Dankiegeskenke: Nicole’s Macaroons
Foto’s en video: Diverse Studio
Vermaak: Gloriosa Music
DJ en beligting: Thabiso Khambule
Trourok: Michelangela Bridal Boutique
Troupakke: Black Tie
Hare: Hair Arte’
Grimering: Halouw Make-Up Academy
Ringe: C.H. Diamonds
Troukoors se splinternuwe, interaktiewe slim-tydskrif is nou beskikbaar op Magzter! Hieronder is kiekies van die voorblad-fotosessie, wat nie noodwendig in die tydskrif is nie.
HOE OM DIE TYDSKRIF TE KOOP:
1. Laai die Magzter App af in jou slimfoon of tablet se
App Store / Play Store.
2. Soek Troukoors.
3. Begin blaai en koop die slim-tydskrif op bladsy 7
(onder View All Plans).
DIENSVERSKAFFERS:
Plek: Hello Timber
Blomme, dekor en stilering: Bella Fiore
Skryfbehoeftes: Fleur Design Studio
Troukoek: Designer Cakes and Cupcakes
Foto’s, video en koördinering: Susan du Toit Photography
Trourok: Cocoberry
Juwele: Poggenpoel Diamond Jewellers
Hare en grimering: Karen B Makeup
Modelle: Elizna en Yssel Swanepoel
Hierdie pragtige Mediterreense fotosessie, wat Mediterreense elemente met plaaslike tendense kombineer, sorg vir ’n onvergeetlike eindresultaat wat gaste in vervoering sal hê.
Troukoors se splinternuwe interaktiewe slim-tydskrif is nou op Magzter beskikbaar. Dit is propvol Mediterreense inspirasie, net soos hierdie fotosessie wat spesiaal saamgestel is met dié tema in gedagte.
Gaan loer gerus in die tydskrif om die res van die foto’s, asook die storie agter hierdie pragtige fotosessie, te lees. Keramiek is nou hoogmode en Christell du Preez, van Doodle Kaboodle, wys jou ook hoe om jou eie blompotjies te maak – wat by hierdie styl pas.
Hier is so ’n paar kiekies om as lusmaker te dien as jy ook ’n Mediterreense troue in gedagte het:
HOE OM DIE TYDSKRIF TE KOOP:
1. Laai die Magzter App af in jou slimfoon of tablet se
App Store / Play Store.
2. Soek Troukoors.
3. Begin blaai en koop die slim-tydskrif op bladsy 7
(onder View All Plans).
DIENSVERSKAFFERS:
Plek: Bahri Wedding Venue
Beplanning, konsep en stilering: Doodle Kaboodle Parties en Sophia’s
Blomme en drankies: Sophia’s
Dekor: Meraki Floral and Décor Design
Potjies en skryfbehoeftes: Doodle Kaboodle Parties
Troukoek: Sinden’s Wedding Cakes
Dankie-sê geskenkies: Hannah’s Fudge
Foto’s: Rolene Photography
Trourok: Jolache Couture
Hare en grimering: Mariska Jooste Makeup Artist
Juwele: Lovisa
Model: Michaela van Vuuren
Rianca de Wet van klerekas.com gee vandag raad oor wat gaste moet aantrek vir troues… wanneer die “dress code” nie noodwendig vir almal sin maak nie. Lees verder om meer te hoor.
Elke bruilof is ’n fees wat sáám gevier word. Alhoewel die bruidspaar se uitrustings natuurlik die meeste aandag trek, dra die gaste se uitrustings tog by tot die hele atmosfeer van troues.
In vandag se tyd is die kleredrag by troues nie meer slegs streng formeel en tradisioneel nie. Moderne troues se kleredrag wissel van formeel, tot semi-formeel, informeel of selfs “kom soos jy is, dis ’n bring-en-braai”.
Indien jy bekommerd is oor wat om aan te trek, hier is ’n paar wenke om in ag te neem wanneer jy jou keuse vir ’n trou-uitrusting maak.
Die seisoen en klimaat waarin die troue plaasvind, gaan hoofsaaklik bepaal watter soort uitrusting gekies word. ’n Swaar langmourok gaan heeltemal te warm wees in die somer, terwyl ’n kortmou rok ysigkoud kan wees in die winter; dan is ’n baadjie of ’n elegante stola weer nodig.
Die troulokaal gaan ook jou keuse beïnvloed. Jou rok moet baie formeel wees vir ’n swierige troue by formele troulokaal, waarteenoor gemakliker en minder formele troulokale, ’n minder formele uitrusting verlang.
Dis belangrik om ook die troukaartjie te raadpleeg oor hoe formeel die kleredrag vir die troue moet wees. Die bruid is natuurlik die spil waarom alles draai, so dit is belangrik om haar keuse te respekteer en daarvolgens aan te trek.
Deesdae stel die bruidspaar baie keer ’n kleurkaart vir gaste voor, waarvolgens hulle dan moet aantrek, sodat die gaste se uitrustings mekaar komplementeer wanneer almal saam afgeneem word.
Onthou dis die bruid se sonskyndag! Al sou jy dit nie noodwendig so gedoen het nie, neem haar behoeftes in ag en probeer ’n uitrusting kies wat min of meer by die voorgestelde kleure vir die troue pas.
Indien die kaartjie sê die drag is formeel, behoort vrouens formele lang rokke, deftige cocktail-rokkies of stylvolle eenpakke aan te trek. Mans behoort ’n deftige broek, knopieshemp en baadjie aan te trek. ’n Das of strikdas is opsioneel.
’n Skemerkelk-funksie verlang ’n uitrusting wat bietjie meer formeel as informeel is, maar minder formeel as formele drag. Cocktail-drag is deesdae baie gewild vir troues. Dis ’n stylvolle balans tussen elegant en gemaklik. Eerder as ’n formele lang rok, kan dames korter rokkies, knie-lengte of midi-rokke dra. Mans dra steeds ’n deftige broek, knopieshemp en baadjie.
Indien die kleredrag semi-formeel is, is dit belangrik om die tyd van die dag wanneer die troue plaasvind in gedagte te hou. Dra donkerder kleure indien die troue in die aand is, en ligter kleure en materiale vir ’n oggend-troue. Mans kan ’n langbroek en informele knopieshemp aantrek. Hou weereens die tyd van die dag ingedagte wanneer hy besluit op die kleur van sy knopieshemp, donkerder kleure werk beter vir die aand en ligter kleure is meer gepas vir die oggend.
Informele kleredrag beteken die geleentheid sal baie meer gemaklik wees. Dames kan ’n somersrokkie of mooi rompie en bloes dra. Vermy eerder ’n denim en ’n T-hemp, dit bly steeds ’n spesiale geleentheid. Wighakskoene of stylvolle sandale is mooi opsies vir dameskoene. Mans kan meer informeel aantrek, maar bêre eerder die T-hemde, gholfhemde en tekkies vir sportgeleenthede.
MOETS EN MOENIES VIR DIE TROUGASTE:
- Onthou dit is ’n teken van respek om elegant aan te trek.
- Bly weg van wit, ivoor, room of ligte sjampanje! Dis die bruid se spesiale dag en hierdie kleure is gereserveer vir haar uitrusting.
- Maak seker dat jou klere nie gekreukel is nie.
- Moenie ongemaklike, te klein of te kort uitrustings aantrek nie.
- Neem die lokaal ingedagte wanneer jy jou skoene kies, grasperke kan baie maklik jou hakskoene se hakke verniel en in die grond laat insak, dra eerder blokhakskoene of wighakskoene in hierdie geval.
- Tensy dit ’n strandtroue is, los jou plakkies by die huis.
Of jy ’n elegante aandrok, ’n modieuse knie- of enkellengte rok, of selfs ’n gestruktureerde eenstukbroekpak aantrek, dis belangrik om ’n uitrusting te kies waarin jy goed voel sodat jy die bruilof sáám met die bruidspaar kan geniet!
Besoek gerus www.klerekas.com vir pragtige klere, toebehore en skoene wat die koppe sal laat draai.
Foto: The Knot
Johan Brits, lid van die gewilde gospel-musiekgroep Frank & I, het die afgelope naweek trou beloof aan die liefde van sy lewe, Elzaan Kriel. Hier is die eerste amptelike foto’s van hulle sprokiesdag.
Johan en Elzaan het op sy verjaardag op Clifton se strand ontmoet en sy het dadelik geweet dat hy die man is vir haar. Hulle was uit die staanspoor onafskeidbaar en het mettertyd besluit om te trou by 12 Apostles Hotel & Spa, waar hulle ook verloof geraak het, in die Kaap. Hulle verklap meer oor hulle mooiste dag.
WAT IS DIE TEMA VAN DIE TROUE EN WATTER ATMOSFEER WIL JULLE SKEP?
“Ons het besluit op ’n klassieke black-tie-tema. Ons droom was nog altyd om ’n meer formele troue te hê en weg te beweeg van die tradisionele wynplaas tipe troue. Ons wou hê ons gaste moet soos celebs voel wanneer ons trou.”
WAT IS DIE KLEURSKEMA EN HOEKOM HET JULLE DAAROP BESLUIT?
“Die kleurskema is swart en wit. Dit komplementeer die tema van ons troue en is ’n veilige opsie wat jou nooit in die steek laat nie.”
IS DAAR ENIGE SELFDOEN-PROJEKTE WAT JULLE VIR DIE TROUE AANGEPAK HET?
“Ja, daar is. Johan is in die musiekbedryf en is baie kreatief. Ek is sy grootste bewonderaar. Hy het self die liedjie geskryf en opgeneem waarop ek in die kerk ingestap het en dit was baie spesiaal.”
HOEKOM HET JULLE OP DIE VENUE BESLUIT?
“Dit is ’n baie spesiale storie. Ons het altwee ’n groot liefde vir die see en het 12 Apostles se Spa en Restaurant altyd geniet wanneer ons spesiale oomblikke gevier het. Ons bid gewoonlik oor alles en het gevoel dat God se hand in die besluit was om hier te trou.”
HET JULLE ENIGE RAAD VIR PAARTJIES WAT OP TROU STAAN?
“Eerstens moet jy seker maak jy trou met die regte persoon en tweedens is dit belangrik om te bid oor alles en in elke besluit 100% vrede te hê en nie onnodig te bekommer oor “dinge” nie.”
WAT DINK JULLE IS DIE BOUSTENE VAN ’N GESONDE VERHOUDING?
“Eerstens moet jy seker maak dat jou verhouding die Here se wil is. Ons glo ook dat kommunikasie baie belangrik is en ook om mekaar op te bou in die verhouding. Ons sal ook altyd die beste weergawe in alle opsigte vir mekaar te wees.”
WAT HET JULLE DIE MEESTE GENIET VAN JULLE TROUBEPLANNING?
“Sjoe, dit was ’n groot voorreg om te sien hoe al ons beplanning daagliks meer-en-meer ’n werklikheid word. Een van die hoogtepunte was definitief om vooraf die kos te kon proe vir ons troudag.”
Die paartjie se troudag was baie spesiaal en sal iets wees wat hulle en hul gaste nog vir lank sal onthou.
DIENSVERSKAFFERS
Plek, koördinering, spyseniering en drankies: 12 Apostles Hotel and Spa
Blomme en dekor: La Chandeleur
Troukoek: Shake ’n Bake
Foto’s en video: Dearbeb Media
Musiek: Bluefurn Productions
Trourok: Eulogeo Zeloo
Hare: Chené Jones
Grimering: Justine Otto
Bruidegom se uitrusting: Stylish Stitch Tailor
Het jy geweet dat ons gereeld oulike idees op Instagram deel? Sluit sommer vandag nog aan by die meer as 10 000 bruide wat ons reeds op hierdie platform volg.
Die musiekvideo van Juan Boucher se trouliedjie, wat beeldmateriaal bevat van sy mooiste dag, is pas vrygestel. Kyk dit eksklusief hier onder.