Gesigbehandelings

WEN GESIGBEHANDELINGS DEUR DR. VAN LELYVELD
Hierdie kompetisie skop af op 18 September 2017 en sluit op 30 Junie 2018.

Een gelukkige leser in Gauteng staan die kans om gesigbehandelings, ter waarde van R5 000, te wen.


HOE OM IN TE SKRYF:

  1. LIKE Dr van Lelyveld op Facebook.
  2. LIKE Troukoors op Facebook.
  3. LIKE en SHARE hierdie kompetisie op Facebook (die kompetisie verskyn in ons Kompetisie-Album, onder Photos).
    BELANGRIK: Moenie die hele Kompetisie-Album like en share nie, maar SLEGS DIE FOTO van hierdie kompetisie waarvoor jy inskryf.*
  4. POST jou foto saam met Troukoors Tydskrif in die kommentaarblokkie op Facebook, gevolg deur #TroukoorsGesigbehandelingsKompetisie

 Deur in te skryf vir hierdie kompetisie bevestig jy dat jy ouer is as 18 en aan al die terme en voorwaardes hieronder voldoen…

  

TERME EN VOORWAARDES

*Deelnemers moet die FOTO van Dr. van Lelyveld se kompetisie op Facebook LIKE en SHARE, en nie die hele Kompetisie-Album nie (anders weet ons nie vir watter kompetisie ingeskryf is nie – sulke inskrywings word gediskwalifiseer).

Die trekking vind op 30 Junie 2018 plaas (die datum kan enige tyd deur die borg gewysig word).

Bruide wat inskryf se troues moenie voor 1 Oktober 2018 plaasvind nie (m.a.w. die gesigbehandelings moet ten minste drie maande, voor jou troue se datum, begin).

Die wenner moet bereid wees om op eie koste te reis na Drie Riviere in Gauteng, waar Dr. van Lelyveld se praktyk geleë is. Die prys sluit slegs gesigbehandelings in en nie die dieet nie. Indien die wenner nie daarheen kan reis nie, verval die prys en is nie oordraagbaar of omruilbaar vir ander produkte, dienste of kontant nie. Die borg behou die reg om te besluit of ‘n nuwe wenner gekies gaan word of nie.

Die wenner word deur die borg aangewys en moet bewys kan lewer (deur middel van skermgrepe) dat daar aan al die kompetisievereistes voldoen is. Die beoordelaars se besluit is finaal.

Die lewering van pryse is die verantwoordelikheid van die borg. Troukoors is nie betrokke by die lewering van pryse nie, die betrokke borg moet direk gekontak word.

Enige leser mag inskryf vir die kompetisie.

Elke persoon kan net een keer inskryf.

Die prys is nie oordraagbaar of omruilbaar vir ander produkte, dienste of kontant nie.

Indien die wenner meer wil spandeer, kan die verskil inbetaal word aan die betrokke borg.

Werknemers, familielede en vriende van die borg mag nie inskryf vir die kompetisie nie.

Die borg behou die reg om enige inskrywings, wat nie voldoen aan die vereistes nie, te diskwalifiseer en pryse terug te hou.

Die borg behou die reg om die terme en voorwaardes enige tyd te wysig. Veranderinge sal aangebring word op hierdie bladsy en hoef nie aangekondig te word nie.

Troukoors aanvaar geen verantwoordelikheid (direk of indirek) vir enige eise, uitgawes, skade of verliese wat mag spruit uit die kompetisie, of eise, uitgawes, skade of verliese van enige ander aard nie. Die wenner stem in om enige eise of klagtes, in verband met enige prys, direk met die betrokke borg te bespreek.

Alle bedrae geallokeer aan pryse is verskaf deur die borg.

Die borg se besluit is finaal en bindend. Geen korrespondensie aangaande die kompetisie sal na afloop van die trekking beantwoord word nie.

Die borg behou die reg om te enige tyd, die kompetisie te kanselleer of te wysig, vir enige rede.

Deur in te skryf vir die kompetisie, stem jy in dat jou kontakbesonderhede aan die borg verskaf kan word en dat hulle jou kan e-pos, sms of skakel met spesiale aanbiedinge waarin jy moontlik sal belangstel.