Troumusiekgeskenkpak

WEN ’N TROUMUSIEKGESKENKPAK MET KOMPLIMENTE                                                          VAN STARBURST PROMOTIONS

Hierdie kompetisie skop af op 18 September 2017 en sluit op 30 Junie 2018.

Een gelukkige leser staan ’n kans om ’n troumusiekgeskenkpak, met die volgende cd’s, te wen:
Hopelik (Bouwer Bosch),
OKAY! (Die Heuwels Fantasties),
Black Sails (DECA),
Nuwe Môre (STELLA),
Kalm Jou Army (Marno van der Merwe),
Hoogtevrees (ADAM) en
Gunsteling Seisoen (Kaleidoskoop).

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

HOE OM IN TE SKRYF:

  1. LIKE die Facebook-bladsye hieronder:
    1. Starburst Promotions
    2. Bouwer Bosch
    3. Die Heuwels Fantasties
    4. DECA
    5. STELLA
    6. Marno van der Merwe
    7. ADAM
    8. Kaleidoskoop
  2. LIKE Troukoors op Facebook.
  3. LIKE en SHARE hierdie kompetisie op Facebook (die kompetisie verskyn in ons Kompetisie-Album, onder Photos).
    BELANGRIK: Moenie die hele Kompetisie-Album like en share nie, maar SLEGS DIE FOTO van hierdie kompetisie waarvoor jy inskryf.*
  4. TAG in die kommentaarblokkie op Facebook jou vriende, gevolg deur #TroukoorsTroumusiekKompetisie

 Deur in te skryf vir hierdie kompetisie bevestig jy dat jy ouer is as 18 en aan al die terme en voorwaardes hieronder voldoen

TERME EN VOORWAARDES

*Deelnemers moet die FOTO van die troumusiekgeskenkpak se kompetisie op Facebook LIKE en SHARE, en nie die hele Kompetisie-Album nie (anders weet ons nie vir watter kompetisie ingeskryf is nie – sulke inskrywings word gediskwalifiseer).

Die trekking vind op 30 Junie 2018 plaas (die datum kan enige tyd deur die borg gewysig word).

Die wenner word deur die borg aangewys en moet bewys kan lewer (deur middel van skermgrepe) dat daar aan al die kompetisievereistes voldoen is. Die beoordelaars se besluit is finaal.

Die lewering van pryse is die verantwoordelikheid van die borg. Troukoors is nie betrokke by die lewering van pryse nie, die betrokke borg moet direk gekontak word.

Enige leser in Suid-Afrika mag inskryf vir die kompetisie. Lesers in ander lande, soos Namibië, kan ongelukkig nie inskryf vir hierdie kompetisie nie.

Enige Troukoors-leser is welkom om vir die kompetisie in te skryf (hetsy jy die bruid, bruidegom, ma van die bruid, strooimeisie ens. is).

Die prys is nie oordraagbaar of omruilbaar vir ander produkte, dienste of kontant nie.

Werknemers, familielede en vriende van die borg mag nie inskryf vir die kompetisie nie.

Die borg behou die reg om enige inskrywings, wat nie voldoen aan die vereistes nie, te diskwalifiseer en pryse terug te hou indien inskrywings nie voldoen aan die terme en voorwaardes nie.

Die borg behou die reg om die terme en voorwaardes enige tyd te wysig. Veranderinge sal aangebring word op hierdie bladsy en hoef nie aangekondig te word nie.

Troukoors aanvaar geen verantwoordelikheid (direk of indirek) vir enige eise, uitgawes, skade of verliese wat mag spruit uit die kompetisie, of eise, uitgawes, skade of verliese van enige ander aard nie. Troukoors kan nie verantwoordelik gehou word vir pakkies wat in die pos verlore raak nie, die Suid-Afrikaanse Poskantoor moet direk gekontak word.

Wenners stem in om enige eise of klagtes, in verband met enige prys, direk met die betrokke borg te bespreek.

Alle bedrae geallokeer aan pryse is verskaf deur die borge.

Die borge/diensverskaffers se besluit is finaal en bindend. Geen korrespondensie aangaande die kompetisie sal na afloop van die trekking beantwoord word nie.

Die borge behou die reg om te enige tyd, die kompetisie te kanselleer of te wysig, vir enige rede.

Deur in te skryf vir die kompetisie, stem jy in dat jou kontakbesonderhede aan die borge verskaf kan word en dat hulle jou kan e-pos, sms of skakel met spesiale aanbiedinge waarin jy moontlik sal belangstel.