Wen ’n verlowingsfotosessie ter waarde van R5 800!


Een gelukkige paartjie kan ’n verlowingsfotosessie soos hierdie wen! Lees verder om te sien wat jy moet doen om in aanmerking te kom vir dié ongelooflike prys.

 

As jy mal is oor hierdie pragtige verlowingsfotosessie, is dit nou jou kans om seker te maak dat jy en jou verloofde ook eersdaags in sulke mooi foto’s pronk.

Image2U Photography, Meraki Floral and Decor Design, CS Bridal Studio en Crystal Blossom Boutique het kragte saamgespan om een toekomstige bruidspaar se verlowingsdrome waar te maak.

Die eerste prys sluit in:
90-minute verlowingsfotosessie;
Twee fotograwe;
50 geredigeerde foto’s;
Dekor en Blomme;
Grimering en Hare; en
’n Pragtige rok.

Die tweede prys, is R1 500-afslag op enige van Image2U se troupakkette en die derde prys is R600-afslag op dié einste opsies.

Om ’n kans te staan om dié verlowingsfotosessie te wen:
* Hou van en deel hierdie inskrywing op Facebook;
* Like Image2U Photography, Crystal Blossom Boutique, Meraki Floral and Decor Design en CS Bridal Studio se blaaie op Facebook en Instagram (@image2uphotography, @crystalblossomboutique, @merakifloralanddecordesign, @csbridalstudio)en deel ook dié plasing op Instagram;
* Tag vyf vriende;
* Tik jou naam, trouplek en troudatum in die kommentaarblokkie onder die inskrywing; en
* Stuur skermgrepe van dié stappe na annelien@troukoors.co.za.

Die wenner van die verlowingsfotosessie word op 8 Februarie 2020 aangekondig. Terme en voorwaardes geld.

Foto’s: Image2U Photography

Written by Troukoors