Troukoors – Wedding Magazine, Directory & Blog South Africa - Troukoors – dis aansteeklik | South African Wedding Magazine, Wedding Directory & Wedding Blog
  • TUISBLAD
  • ARTIKELS
    • Inspirasie
    • Beplanning
    • Doen-dit-self
    • Gesondheid
    • Mode
    • Resepte
    • Skoonheid
    • Troues
    • Verhoudings
    • Ander
  • DIENSVERSKAFFERS
    • Beplanning, Stilering & Koordinering
    • Blomme
    • Bruidegom
    • Dekor, Drapering & Verhuring
    • Foto’s
    • Geskenke
    • Grimering
    • Hare
    • Juwele
    • Koordinering
    • Musiek
    • Rokke & Mode
    • Skoene
    • Skryfbehoeftes
    • Spyseniering
    • Troukoek
    • Venues
    • Vervoer
    • Video’s
    • Wetlik
    • Wyn
  • WINKEL
    • BESTEL DIREK EN SPAAR
    • TROUKOORS SE KLEIN SWART BOEKIE OOR TROUES
    • KETTINGWINKELS
  • WEN
    • Bederfgoed vir jou troeteldier
    • Trouwebblad
    • Geskenkbewys
    • Skoonheidsbederfpak
    • Gesigbehandelings
    • Troumusiekgeskenkpak
    • DVD-geskenkpak
    • Silwer oorbelle
  • ADVERTENSIES
  • KONTAK ONS
TUISBLAD
ARTIKELS
    Inspirasie
    Beplanning
    Doen-dit-self
    Gesondheid
    Mode
    Resepte
    Skoonheid
    Troues
    Verhoudings
    Ander
DIENSVERSKAFFERS
    Beplanning, Stilering & Koordinering
    Blomme
    Bruidegom
    Dekor, Drapering & Verhuring
    Foto's
    Geskenke
    Grimering
    Hare
    Juwele
    Koordinering
    Musiek
    Rokke & Mode
    Skoene
    Skryfbehoeftes
    Spyseniering
    Troukoek
    Venues
    Vervoer
    Video's
    Wetlik
    Wyn
WINKEL
    BESTEL DIREK EN SPAAR
    TROUKOORS SE KLEIN SWART BOEKIE OOR TROUES
    KETTINGWINKELS
WEN
    Bederfgoed vir jou troeteldier
    Trouwebblad
    Geskenkbewys
    Skoonheidsbederfpak
    Gesigbehandelings
    Troumusiekgeskenkpak
    DVD-geskenkpak
    Silwer oorbelle
ADVERTENSIES
KONTAK ONS
  • TUISBLAD
  • ARTIKELS
    • Inspirasie
    • Beplanning
    • Doen-dit-self
    • Gesondheid
    • Mode
    • Resepte
    • Skoonheid
    • Troues
    • Verhoudings
    • Ander
  • DIENSVERSKAFFERS
    • Beplanning, Stilering & Koordinering
    • Blomme
    • Bruidegom
    • Dekor, Drapering & Verhuring
    • Foto’s
    • Geskenke
    • Grimering
    • Hare
    • Juwele
    • Koordinering
    • Musiek
    • Rokke & Mode
    • Skoene
    • Skryfbehoeftes
    • Spyseniering
    • Troukoek
    • Venues
    • Vervoer
    • Video’s
    • Wetlik
    • Wyn
  • WINKEL
    • BESTEL DIREK EN SPAAR
    • TROUKOORS SE KLEIN SWART BOEKIE OOR TROUES
    • KETTINGWINKELS
  • WEN
    • Bederfgoed vir jou troeteldier
    • Trouwebblad
    • Geskenkbewys
    • Skoonheidsbederfpak
    • Gesigbehandelings
    • Troumusiekgeskenkpak
    • DVD-geskenkpak
    • Silwer oorbelle
  • ADVERTENSIES
  • KONTAK ONS
FacebookPinterestInstagram
Troukoors – Wedding Magazine, Directory & Blog South Africa - Troukoors – dis aansteeklik | South African Wedding Magazine, Wedding Directory & Wedding Blog

Jul 11, 2022 Uncategorized

Klassieke troue in die tuin

Wian en Annika het gedurende inperkingstyd in Dullstroom verloof geraak en het onlangs hulle liefde met die mooiste troue gevier. Lees verder om hulle storie te hoor en foto’s te sien.

Wian was dadelik verlief op toe hy vir Annika ontmoet het op Valentynsdag in Stellenbosch. Alhoewel sy op daardie stadium in ’n verhouding was, het hulle paaie weer later gekruis en het hulle met ’n wonderlike verhouding begin, wat gelei het tot ’n sprokiesmooi troue.

WAT WAS JULLE KLEURSKEMA EN TEMA VAN JULLE TROUE?

“Die kleurskema was smaraggroen en wit. Aangesien die troue in die tuin was, wou ons hê die tafels en dekor moet ’n uitbreiding van die omgewing wees. Ons wou hê die dekor moet baie minimalisties, maar romanties wees – sodat dit bydra tot die omgewing, eerder as om in kompetisie daarmee te wees.”

WATTER TIPE ATMOSFEER WOU JULLE SKEP EN HOEKOM?

“Die oorwegende gevoel wat ons wou hê, is klassiek. Ons wou hê as mens aan die troue terugdink hulle die tydlose, romantiese atmosfeer sal onthou. Ek is ’n hopeless romantic en ek wou gehad het dat daar ‘n koherente storie moet wees. Die bome, saam met liggies, saam met ’n lewendige orkes wat klassieke musiek gespeel het, het alles bygedra tot die tydlose tema.”

BESKRYF JULLE TROUDAG?

“Van die oggend wat ek my oë oopgemaak het, was ek opgewonde en kon ek nie wag vir die troue om te begin nie. Ek was baie ontspanne en het net gedink, niks kan verskriklik verkeerd gaan nie en as dit doen, sal ons dit hanteer. Ek was verskriklik opgewonde en kon nie wag vir die oomblik wat ek in die paadjie kon afstap nie. Ek moes myself heeltyd herinner dat dit is regtig hoe alles lyk en ons uiteindelik ons droomdag beleef. Ons sou niks aan die dag wou verander nie en vir ons albei was die dag beter as waaroor ons kon droom!”

HET JY ENIGE RAAD VIR TOEKOMSTIGE BRUIDE?

“Ek sal sê mens moet jouself genoeg tyd gee. Dis ’n dag waaroor jy so lank droom, so gee jouself kans om daardie prentjie waaroor jy gedroom het ’n werklikheid te maak. Moenie te haastig wees met die datum nie – die aanbeveling is dat mens die venue ’n jaar vooruit bespreek en die trourok nege maande voor die tyd. Om hierdie tydlyn min of meer te volg, gee jy jouself die beste kans om jou eerste keuse te kry en nie tevrede te wees met jou tweede keuse venue, omdat hulle vir die volgende paar maande volbespreek is nie…”

DIENSVERSKAFFERS:

Plek en drankies: Mooikraal Garden Venue

Koördinering, blomme, dekor en skryfbehoeftes: Alet Wessels

Spyseniering: Essen Eatery

Verhurings: Softlight Decor, 082 837 9065

Foto’s: Dust and Dreams Photography

Musiek: Con Grazia, Fame Productions

Trourok: Bridal House

Hare: Leandi Nel

Grimering: Beauty by Rica

Bruidegom se uitrusting: Your Pal, Brooklyn Mall

FacebookTwitterPinterestGoogle +Stumbleupon
Jul 5, 2022 Uncategorized

Liefde met die eerste oogopslag

Die liefde het onmiddellik geblom toe Edward en Andrea mekaar vir die eerste keer ontmoet het. Vandag is hulle ’n getroude paartjie. Lees dié artikel om meer te sien van hulle spesiale dag.

Edward en Andrea het by ’n Adam Tas-konsert ontmoet en dit was liefde met die eerste oogopslag… Een dag, ’n paar jaar na hierdie ontmoeting, het hy die groot vraag gevra tydens ’n romantiese kersligete… en vandag is hulle ’n getroude paartjie.

WAT WAS DIE TEMA EN KLEURSKEMA VAN JULLE TROUE?

“Ek was baie opgewonde oor my troudag, maar kon nie uit die staanspoor kleure kry wat mooi saamgewerk het nie. Nadat ek op Pinterest rondgekrap het, het ek op dié pruim/ pers- en grys-kombinasie afgekom. Ons het albei daarvan gehou en besluit dis die perfekte kleure om ons dag van liefde mee te vier.”

WATTER ATMOSFEER WOU JULLE GRAAG SKEP?

“Ons hou nie van stywe en formele troues nie en wou ’n gemaklike atmosfeer skep wat almal kon geniet.”

BESKRYF JULLE TROUDAG?

“Dit was ’n dag vol emosie en liefde. Niks kan jou voorberei vir jou troudag nie. Die een oomblik is jy opgewonde en die volgende oomblik gespanne en bang. Maar ons is baie tevrede met hoe die dag uitgedraai het.”

WAT IS JOU RAAD VIR TOEKOMSTIGE BRUIDE?

“Maak tyd om die dag en detail in te neem. Dit gaan so gou verby, so jy moet die beste maak van elke oomblik.”

DIENSVERSKAFFERS:

Plek: DeLand

Blomme: Henneman Bloemiste

Dekor: Simply Elegance

Fotograaf: Unveil Photography

Musiek en vermaak: Gerhard Supra

Trourok: Carmen’s Bridal Boutique

Hare: Turning Heads, Henneman

Grimering: Effortless Beauty by Anel

FacebookTwitterPinterestGoogle +Stumbleupon
May 17, 2022 Uncategorized

Troue met ’n elegante, tydlose atmosfeer

Julian en Claire Tabone wou ’n stylvolle troue hê en het gaste se asems weggeslaan met hulle keurige dekor en elegante atmosfeer.

Julian en Claire het heel toevallig in ’n restaurant in Hazelwood ontmoet toe sy uit was saam met haar vriendin, en ook haar strooimeisie, Suné, en hy saam met sy vriend en strooijonker, Henri (wat die meisies toevallig ook geken het). Hulle het van die eerste oomblik af tot mekaar aangetrokke gevoel en die res is geskiedenis!

Hulle het in die Kaap verloof geraak na ’n staptog in Lions Head, waarna hulle dit met ’n glasie vonkelwyn gaan vier het in hulle pragtige see-uitsig woonstel in Kampsbaai.

Johan Ungerer van Johan Ungerer Signature Weddings vertel meer oor die beplanning van hulle troue.

WAT WAS DIE TEMA VAN DIE TROUE?

“Daar was geen spesifieke tema nie, maar die einddoel was om ’n tydlose, moderne, elegante en stylvolle atmosfeer te skep vir die paartjie en hulle gaste.”

HOEKOM HET JULLE HIERDIE SPESIFIEKE KLEURSKEMA GEBRUIK?

“Die kleurskema van die troue wat swart, wit, olyfgroen en roosgoud. Ons wou wegbeweeg van alledaagse kleurkombinasies en ’n dramatiese effek skep met die dekor.”

WATTER KLEURE EN TEMAS IS TANS GEWILD?

“Sagte en neutrale klere is baie gewild, in skakering van sagte pienk, olyfgroen, klassieke blou en verskeie aardse kleure.”

OM BLOMME EN DEKOR TE KRY WAT JULLE KLEURSKEMA PAS, MOES ’N UITDAGING GEWEES HET – WAAROP HET JULLE BESLUIT?

“Die dekor is oorheers deur swart elemente soos tafeldoeke, servette, kerse, kandelare, tafelnommers en spyskaarte, wat versag is deur wit, groen en roosgoud elemente. Ons het wit blomme gebruik om die prentjie mee af te rond.”

HOEKOM IS ’N GOEIE TROUBEPLANNER BELANGRIK?

“Dit maak die reis vir die paartjie baie maklik en verminder die stres wat hulle rondom die troue ervaar, sodat hulle net kan fokus op die dag en om dit te geniet.”

HOE KAN JY ’N TROUE REËL EN STEEDS JOU BEGROTING LAAT KLOP?

“Alles gaan oor beplanning. Besluit op jou begroting en hou daarby. Jy het nie ’n reuse-begroting nodig om jou troue stylvol te maak nie. Hou dinge eenvoudig en moenie oorboord gaan met alles nie. Dis die detail en eenvoud wat jou troue stylvol en perfek gaan maak.”

HET JY ENIGE RAAD VIR PAARTJIES WAT GAAN TROU?

“Geniet elke oomblik van die beplanning, want dis ook ’n groeiproses waarin julle mekaar beter leer ken. Doen wat julle wil en waarvan julle hou en moenie bekommerd wees oor wat ander mense dink nie. Daar is baie diensverskaffers wat nie buitensporig duur is nie en graag wil help om jou drome waar te maak, so kies goed.

Claire voeg by: “Wees oop vir idees en druk jou persoonlike stempel op jou troue af. Kies en belê in ’n troubeplanner wat jou behoeftes verstaan en aandag gee aan die detail. Johan was ongelooflik en het dadelik verstaan wat ons wil hê. Hy het binne ons begroting gebly en deurgaans met ons gekommunikeer. Hy het ook baie effektief en professioneel met ons familie, gevolg en ander verskaffers gewerk. Geniet elke oomblik van jou troudag en skep herinneringe wat jy vir altyd sal koester. Dis immers die begin van julle lewens saam.”

DIENSVERSKAFFERS:

Plek en Spyseniering: Chez Charlene Wedding Venue

Koördinering: Johan Ungerer Signature Weddings

Blomme: DITU Consultants

Troukoek: Sweetly Detailed

Drankies: Deetlefs Wine Estate

Dekor: Lampyridae Lights, Chez Charlene Wedding Venue

Skryfbehoeftes: Johan Ungerer PR & Marketing (ontwerp) en Minuteman Press Lynnwood (drukwerk)

Dankiegeskenke: Nicole’s Macaroons

Foto’s en video: Diverse Studio

Vermaak: Gloriosa Music

DJ en beligting: Thabiso Khambule

Trourok: Michelangela Bridal Boutique

Troupakke: Black Tie

Hare: Hair Arte’

Grimering: Halouw Make-Up Academy

Ringe: C.H. Diamonds

 

 

FacebookTwitterPinterestGoogle +Stumbleupon
Dec 6, 2021 Uncategorized

Troukoors se voorblad-fotosessie

Troukoors se splinternuwe, interaktiewe slim-tydskrif is nou beskikbaar op Magzter! Hieronder is kiekies van die voorblad-fotosessie, wat nie noodwendig in die tydskrif is nie.

HOE OM DIE TYDSKRIF TE KOOP:

1. Laai die Magzter App af in jou slimfoon of tablet se
App Store / Play Store.
2. Soek Troukoors.
3. Begin blaai en koop die slim-tydskrif op bladsy 7
(onder View All Plans).

 

DIENSVERSKAFFERS:

Plek: Hello Timber
Blomme, dekor en stilering: Bella Fiore
Skryfbehoeftes: Fleur Design Studio
Troukoek: Designer Cakes and Cupcakes
Foto’s, video en koördinering: Susan du Toit Photography
Trourok: Cocoberry
Juwele: Poggenpoel Diamond Jewellers
Hare en grimering: Karen B Makeup
Modelle: Elizna en Yssel Swanepoel

FacebookTwitterPinterestGoogle +Stumbleupon
Dec 6, 2021 Uncategorized

Gestileerde fotosessie vir ’n Mediterreense bestemmingstroue

Hierdie pragtige Mediterreense fotosessie, wat Mediterreense elemente met plaaslike tendense kombineer, sorg vir ’n onvergeetlike eindresultaat wat gaste in vervoering sal hê.

Troukoors se splinternuwe interaktiewe slim-tydskrif is nou op Magzter beskikbaar. Dit is propvol Mediterreense inspirasie, net soos hierdie fotosessie wat spesiaal saamgestel is met dié tema in gedagte.

Gaan loer gerus in die tydskrif om die res van die foto’s, asook die storie agter hierdie pragtige fotosessie, te lees. Keramiek is nou hoogmode en Christell du Preez, van Doodle Kaboodle, wys jou ook hoe om jou eie blompotjies te maak – wat by hierdie styl pas.

Hier is so ’n paar kiekies om as lusmaker te dien as jy ook ’n Mediterreense troue in gedagte het:

HOE OM DIE TYDSKRIF TE KOOP:

1. Laai die Magzter App af in jou slimfoon of tablet se
App Store / Play Store.
2. Soek Troukoors.
3. Begin blaai en koop die slim-tydskrif op bladsy 7
(onder View All Plans).

 

DIENSVERSKAFFERS:

Plek: Bahri Wedding Venue

Beplanning, konsep en stilering: Doodle Kaboodle Parties en Sophia’s

Blomme en drankies: Sophia’s

Dekor: Meraki Floral and Décor Design

Potjies en skryfbehoeftes: Doodle Kaboodle Parties

Troukoek: Sinden’s Wedding Cakes

Dankie-sê geskenkies: Hannah’s Fudge

Foto’s: Rolene Photography

Trourok: Jolache Couture

Hare en grimering: Mariska Jooste Makeup Artist

Juwele: Lovisa

Model: Michaela van Vuuren

FacebookTwitterPinterestGoogle +Stumbleupon
Dec 5, 2021 Uncategorized

Hoe om nuwe liefde te laat blom

Daryn’s Gym se Deon Coetzee en Natasha Sutherland verklap hoe hulle karakters nuwe liefde laat blom in hierdie splinternuwe Brett Michael Innes-komedie.

Hulle was ’n gewilde paartjie in Egoli en nou kry Deon Coetzee en Natasha Sutherland weer na baie jare kans om die liefde te laat blom in regisseur, Brett Michael Innes, se nuwe fliek Daryn’s Gym. Ons het ’n bietjie meer gaan uitvind oor hulle karakters en wat hulle raad is om liefde in nuwe verhoudings te laat seëvier.

VERTEL ONS MEER VAN DIE VERHOUDING TUSSEN PAUL EN STARLA?
Deon: “Paul was ’n jare lange vriend van Daryn Jnr se pa. Daar was nog altyd ’n lekker vonk tussen Paul en Starla en na Daryn Snr. se dood het dit verder gebroei. Paul was nog altyd bang om ’n kans op liefde te waag, maar Starla het dit verander.”
Natasha: “Ek dink nie ek moet te veel van die storie weggee nie. Maar dit tema van die fliek is tweede kanse en dit gee tog hoop… iets wat ons baie van nodig het in hierdie moeilike tye.”

HOE WAS DIT OM NA AL DIE JARE WEER TEENOOR MEKAAR TE SPEEL?
Deon: “Dit was ’n absolute plesier. Natasha is een van die mees vreeslose aktrises saam met wie ek nog gewerk het. Sy is oop vir enige voorstelle en ons respekteer mekaar geweldig in ons professionele lewens. Ons werk regtig vreeslik lekker saam en die feit dat sy pragtig is, is net ’n bonus.”
Natasha: “Dit was soveel pret vir ons om weer saam te werk en ek voel daar is ’n spesiale sinergie tussen Paul en Starla. Om na soveel jare weer saam te kon werk, was vreeslik spesiaal en dat ons nou soveel meer lewenservaring het om te deel.”

WATTER RAAD HET JY VIR JONG VERLIEFDES OM DIE LIEFDE TE LAAT BLOM?
Deon: “Moenie kwaad gaan slaap nie. Moenie besluite neem wanneer jy emosioneel is nie.”
Natasha: “Ek dink nie ek is die regte een om raad te gee hier nie. Lesse oor die liefde is iets wat elkeen van ons persoonlik moet leer teen ons eie tempo.”

HOE WEET JY DAT JY DIE EEN ONTMOET HET?
Deon: “Ek dink nie jy is ooit 100% seker nie. Die gut-feel wat jy het is natuurlik die barometer, maar dit kan ook ’n “stukkende een” wees. So ek weet nie regtig nie. Maar ek dink dit is wanneer daar ’n vonk is tussen julle en dit nie iets is waaroor jy nodig het om te dink nie.”
Natasha: “Wanneer iemand in die spieël en in hulle hart kan kyk en vir hulleself kan sê dat die persoon regtig die een is. Dis makliker gesê as gedaan, maar ek dink as ons so na as moontlik kan kom aan selfaanvaarding, kan ons begin om gesonde verhoudings met ander te hê.”

WAT IS JOU RAAD VIR ’N GESONDE VERHOUDING?
Deon: “Byt vas, respekteer mekaar en dink voordat jy doen of praat.”
Natasha: “Moenie druk op mekaar sit om die een te wees nie en moenie verwag dat iemand anders jou moet kom red van jou seer… of om dit vir iemand anders te doen nie.”

HOEKOM MOET MENSE DARYN’S GYM KYK?
Deon: “Dit is ’n goedvoel-fliek en is verfrissend en nuut. Ek dink wat Brett gedoen het, is baanbrekerswerk en die kamma-dokumentêre styl is al baie in reekse gebruik, maar nog nie regtig in flieks nie. Die redigering en draaiboek is briljant.”
Natasha: “Want dis ’n Brett Michael Innes-fliek. Dis vars, lewendig en vol liefde en humor. Dis effens stout, maar het soveel hart en dit is wat ons tans nodig het. Clifford Joshua Young is vreeslik snaaks in die hoofrol en die res van die akteurs speel ook puik toneel.”  
Die fliek is tans op eVOD beskikbaar. Moet dit nie mis nie!

Kyk die lokprent hier!
FacebookTwitterPinterestGoogle +Stumbleupon
Oct 7, 2021 Uncategorized

Aantrekwenke vir gaste by troues

Rianca de Wet van klerekas.com gee vandag raad oor wat gaste moet aantrek vir troues… wanneer die “dress code” nie noodwendig vir almal sin maak nie. Lees verder om meer te hoor.

Elke bruilof is ’n fees wat sáám gevier word. Alhoewel die bruidspaar se uitrustings natuurlik die meeste aandag trek, dra die gaste se uitrustings tog by tot die hele atmosfeer van troues.

In vandag se tyd is die kleredrag by troues nie meer slegs streng formeel en tradisioneel nie. Moderne troues se kleredrag wissel van formeel, tot semi-formeel, informeel of selfs “kom soos jy is, dis ’n bring-en-braai”.

Indien jy bekommerd is oor wat om aan te trek, hier is ’n paar wenke om in ag te neem wanneer jy jou keuse vir ’n trou-uitrusting maak.

Die seisoen en klimaat waarin die troue plaasvind, gaan hoofsaaklik bepaal watter soort uitrusting gekies word. ’n Swaar langmourok gaan heeltemal te warm wees in die somer, terwyl ’n kortmou rok ysigkoud kan wees in die winter; dan is ’n baadjie of ’n elegante stola weer nodig.

Die troulokaal gaan ook jou keuse beïnvloed. Jou rok moet baie formeel wees vir ’n swierige troue by formele troulokaal, waarteenoor gemakliker en minder formele troulokale, ’n minder formele uitrusting verlang.

Dis belangrik om ook die troukaartjie te raadpleeg oor hoe formeel die kleredrag vir die troue moet wees. Die bruid is natuurlik die spil waarom alles draai, so dit is belangrik om haar keuse te respekteer en daarvolgens aan te trek.

Deesdae stel die bruidspaar baie keer ’n kleurkaart vir gaste voor, waarvolgens hulle dan moet aantrek, sodat die gaste se uitrustings mekaar komplementeer wanneer almal saam afgeneem word.

Onthou dis die bruid se sonskyndag! Al sou jy dit nie noodwendig so gedoen het nie, neem haar behoeftes in ag en probeer ’n uitrusting kies wat min of meer by die voorgestelde kleure vir die troue pas.

Indien die kaartjie sê die drag is formeel, behoort vrouens formele lang rokke, deftige cocktail-rokkies of stylvolle eenpakke aan te trek. Mans behoort ’n deftige broek, knopieshemp en baadjie aan te trek. ’n Das of strikdas is opsioneel.

’n Skemerkelk-funksie verlang ’n uitrusting wat bietjie meer formeel as informeel is, maar minder formeel as formele drag. Cocktail-drag is deesdae baie gewild vir troues. Dis ’n stylvolle balans tussen elegant en gemaklik. Eerder as ’n formele lang rok, kan dames korter rokkies, knie-lengte of midi-rokke dra. Mans dra steeds ’n deftige broek, knopieshemp en baadjie.

Indien die kleredrag semi-formeel is, is dit belangrik om die tyd van die dag wanneer die troue plaasvind in gedagte te hou. Dra donkerder kleure indien die troue in die aand is, en ligter kleure en materiale vir ’n oggend-troue. Mans kan ’n langbroek en informele knopieshemp aantrek. Hou weereens die tyd van die dag ingedagte wanneer hy besluit op die kleur van sy knopieshemp, donkerder kleure werk beter vir die aand en ligter kleure is meer gepas vir die oggend.

Informele kleredrag beteken die geleentheid sal baie meer gemaklik wees. Dames kan ’n somersrokkie of mooi rompie en bloes dra. Vermy eerder ’n denim en ’n T-hemp, dit bly steeds ’n spesiale geleentheid. Wighakskoene of stylvolle sandale is mooi opsies vir dameskoene. Mans kan meer informeel aantrek, maar bêre eerder die T-hemde,  gholfhemde en tekkies vir sportgeleenthede.

MOETS EN MOENIES VIR DIE TROUGASTE:

  • Onthou dit is ’n teken van respek om elegant aan te trek.
  • Bly weg van wit, ivoor, room of ligte sjampanje! Dis die bruid se spesiale dag en hierdie kleure is gereserveer vir haar uitrusting.
  • Maak seker dat jou klere nie gekreukel is nie.
  • Moenie ongemaklike, te klein of te kort uitrustings aantrek nie.
  • Neem die lokaal ingedagte wanneer jy jou skoene kies, grasperke kan baie maklik jou hakskoene se hakke verniel en in die grond laat insak, dra eerder blokhakskoene of wighakskoene in hierdie geval.
  • Tensy dit ’n strandtroue is, los jou plakkies by die huis.

Of jy ’n elegante aandrok, ’n modieuse knie- of enkellengte rok, of selfs ’n gestruktureerde eenstukbroekpak aantrek, dis belangrik om ’n uitrusting te kies waarin jy goed voel sodat jy die bruilof sáám met die bruidspaar kan geniet!

Besoek gerus www.klerekas.com vir pragtige klere, toebehore en skoene wat die koppe sal laat draai.

Foto: The Knot

 

FacebookTwitterPinterestGoogle +Stumbleupon
Sep 30, 2021 Uncategorized

EKSKLUSIEF: FRANK & I SE JOHAN BRITS TROU!

Johan Brits, lid van die gewilde gospel-musiekgroep Frank & I, het die afgelope naweek trou beloof aan die liefde van sy lewe, Elzaan Kriel. Hier is die eerste amptelike foto’s van hulle sprokiesdag.

Johan en Elzaan het op sy verjaardag op Clifton se strand ontmoet en sy het dadelik geweet dat hy die man is vir haar. Hulle was uit die staanspoor onafskeidbaar en het mettertyd besluit om te trou by 12 Apostles Hotel & Spa, waar hulle ook verloof geraak het, in die Kaap. Hulle verklap meer oor hulle mooiste dag.

WAT IS DIE TEMA VAN DIE TROUE EN WATTER ATMOSFEER WIL JULLE SKEP? 

“Ons het besluit op ’n klassieke black-tie-tema. Ons droom was nog altyd om ’n meer formele troue te hê en weg te beweeg van die tradisionele wynplaas tipe troue. Ons wou hê ons gaste moet soos celebs voel wanneer ons trou.” 

WAT IS DIE KLEURSKEMA EN HOEKOM HET JULLE DAAROP BESLUIT?

“Die kleurskema is swart en wit. Dit komplementeer die tema van ons troue en is ’n veilige opsie wat jou nooit in die steek laat nie.”

IS DAAR ENIGE SELFDOEN-PROJEKTE WAT JULLE VIR DIE TROUE AANGEPAK HET?

“Ja, daar is. Johan is in die musiekbedryf en is baie kreatief. Ek is sy grootste bewonderaar. Hy het self die liedjie geskryf en opgeneem waarop ek in die kerk ingestap het en dit was baie spesiaal.”

HOEKOM HET JULLE OP DIE VENUE BESLUIT?

“Dit is ’n baie spesiale storie. Ons het altwee ’n groot liefde vir die see en het 12 Apostles se Spa en Restaurant altyd geniet wanneer ons spesiale oomblikke gevier het. Ons bid gewoonlik oor alles en het gevoel dat God se hand in die besluit was om hier te trou.” 

HET JULLE ENIGE RAAD VIR PAARTJIES WAT OP TROU STAAN?

“Eerstens moet jy seker maak jy trou met die regte persoon en tweedens is dit belangrik om te bid oor alles en in elke besluit 100% vrede te hê en nie onnodig te bekommer oor “dinge” nie.” 

WAT DINK JULLE IS DIE BOUSTENE VAN ’N GESONDE VERHOUDING?

“Eerstens moet jy seker maak dat jou verhouding die Here se wil is. Ons glo ook dat kommunikasie baie belangrik is en ook om mekaar op te bou in die verhouding. Ons sal ook altyd die beste weergawe in alle opsigte vir mekaar te wees.” 

WAT HET JULLE DIE MEESTE GENIET VAN JULLE TROUBEPLANNING?

“Sjoe, dit was ’n groot voorreg om te sien hoe al ons beplanning daagliks meer-en-meer ’n werklikheid word. Een van die hoogtepunte was definitief om vooraf die kos te kon proe vir ons troudag.”

Die paartjie se troudag was baie spesiaal en sal iets wees wat hulle en hul gaste nog vir lank sal onthou.

DIENSVERSKAFFERS

Plek, koördinering, spyseniering en drankies: 12 Apostles Hotel and Spa 

Blomme en dekor: La Chandeleur

Troukoek: Shake ’n Bake

Foto’s en video: Dearbeb Media 

Musiek: Bluefurn Productions

Trourok: Eulogeo Zeloo

Hare: Chené Jones

Grimering: Justine Otto 

Bruidegom se uitrusting: Stylish Stitch Tailor

 

 

FacebookTwitterPinterestGoogle +Stumbleupon
Aug 27, 2021 Uncategorized

Volg Troukoors op Instagram

Het jy geweet dat ons gereeld oulike idees op Instagram deel? Sluit sommer vandag nog aan by die meer as 10 000 bruide wat ons reeds op hierdie platform volg.

Lees verder

FacebookTwitterPinterestGoogle +Stumbleupon
Aug 1, 2021 Ander, Beplanning

Spaar op ’n romantiese wegbreek na Parys!


Parys is een van die mees romantiese bestemmings in die wêreld en die perfekte vakansieplek vir ’n wittebrood of spesiale huweliksherdenking. Bespreek nou vir julle ’n wegbreek van ’n leeftyd en spaar met hierdie spesiale aanbod!
Lees verder

FacebookTwitterPinterestGoogle +Stumbleupon
Page 1 of 7112345»102030...Last »

Troukoors Op Instagram

Sorry:

- Instagram feed not found.
ONS INSTAGRAM FEED
troukoors
Sorry:

- Instagram feed not found.

Troukoors is jou daaglikse bron van trou-inspirasie... alles wat jy nodig het voor én na die troue.

© 2015 copyright TROUKOORS // Alle regte voorbehou