WEN PRYSE VIR JOU TROETELDIER TER WAARDE VAN R1 000!
Hierdie kompetisie skop af op 20 September 2017 en sluit op 30 Junie 2018.

Vyf gelukkige lesers staan elk ’n kans om ’n wonderlike prys, ter waarde van R1 000, te wen. As jou viervoet kind gaan deel wees van jou mooiste dag, is dit net regverdig dat hy ook bederf word en in styl ontspan tydens die spesiale geleentheid. Hill’s Pet Nutrition spesialiseer in hoë gehalte, wetenskaplik geformuleerde troeteldierkos en wil jou beste vriend bederf met ’n luukse geskenkpak. Daar is pryse vir honde en katte beskikbaar.

HONDPRYS
’n Lazy Pillow-bed ♥ 3kg-sak Hill’s Science Plan Canine ♥ 6 blikkies Canine Stew

KATPRYS
’n Snuggle Pillow-bed ♥ 5kg-sak Hill’s Science Plan Feline ♥ 12 blikkies Feline Stew

HOE OM IN TE SKRYF:
* LIKE Hill’s Pet Nutrition se blad op Facebook;
* LIKE Troukoors se blad op Facebook;
* LIKE en SHARE hierdie kompetisie op Facebook (die kompetisie verskyn in ons Kompetisie-Album, onder Photos).
BELANGRIK: Moenie die hele Kompetisie-Album like en share nie, maar slegs die FOTO van die kompetisie waarvoor jy inskryf; en
* Tik in die kommentaarblokkie op Facebook of jy ’n hond of ’n kat het, gevolg deur #TroukoorsTroeteldierKompetisie

Deur in te skryf vir hierdie kompetisie bevestig jy dat jy ouer is as 18 en aan al die terme en voorwaardes hieronder voldoen…

TERME EN VOORWAARDES

Deelnemers moet die FOTO van Hill’s Pet Nutrition se kompetisie op Facebook LIKE en SHARE, en nie die hele Kompetisie-Album nie (anders weet ons nie vir watter kompetisie ingeskryf is nie – sulke inskrywings word gediskwalifiseer).

Die trekking vind op 30 Junie 2018 plaas (die datum kan enige tyd deur die borg gewysig word).

Laat 6 tot 8 weke toe om die prys te ontvang, vandat die wenner se inligting aan Hill’s Pet Nutrition verskaf is.

Die wenner word deur die borg aangewys en moet bewys kan lewer (deur middel van skermgrepe) dat daar aan al die kompetisievereistes voldoen is. Die beoordelaars se besluit is finaal.

Die lewering van pryse is die verantwoordelikheid van die borg.

Enige Troukoors-leser is welkom om vir die kompetisie in te skryf (hetsy jy die bruid, bruidegom, ma van die bruid, strooimeisie ensovoorts is).

Elke persoon kan net een keer inskryf.

Die prys is nie oordraagbaar of omruilbaar vir ander produkte, dienste of kontant nie.

Die wenner moet steeds voldoen aan al die terme en voorwaardes wat geldig sou wees indien hy/sy onder normale omstandighede van die diensverskaffer/borg gebruik sou maak.

Indien die wenner meer wil spandeer, kan die verskil inbetaal word aan die betrokke borg.

Werknemers, familielede en naaste vriende van die borg mag nie inskryf vir die kompetisie nie (dit sluit nie kennisse in nie).

Die borg behou die reg om enige inskrywings, wat nie voldoen aan die vereistes nie, te diskwalifiseer en pryse terug te hou.

Die borg behou die reg om die terme en voorwaardes enige tyd te wysig. Veranderinge sal aangebring word op hierdie bladsy en hoef nie aangekondig te word nie.

Troukoors is nie betrokke by die lewering van pryse nie, die betrokke borg moet direk gekontak word.

Wenners stem in om enige eise of klagtes, in verband met enige prys, direk met die betrokke borg te bespreek.

Troukoors aanvaar geen verantwoordelikheid (direk of indirek) vir enige eise, uitgawes, skade of verliese wat mag spruit uit die kompetisie, of eise, uitgawes, skade of verliese van enige ander aard nie.

Die borg behou die reg om te besluit of ’n nuwe wenner gekies gaan word of nie.

Alle bedrae geallokeer aan pryse is verskaf deur die borge.

Die borge/diensverskaffers se besluit is finaal en bindend.  Geen korrespondensie aangaande die kompetisie sal na afloop van die trekking beantwoord word nie.

Die borge behou die reg om te enige tyd, die kompetisie te kanselleer of te wysig, vir enige rede.

Deur in te skryf vir die kompetisie, stem jy in dat jou kontakbesonderhede aan die borge verskaf kan word en dat hulle jou kan e-pos, sms of skakel met spesiale aanbiedinge waarin jy moontlik sal belangstel.