Silwer oorbelle

WEN SILWER OORBELLE TER WAARDE VAN R800!
Hierdie kompetisie skop af op 3 Oktober 2017 en sluit op 30 Junie 2018.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

TERME EN VOORWAARDES

*Deelnemers moet Shani D Jewellery Design se  Facebook blad LIKE en SHARE.

Die trekking vind op 30 Junie 2018 plaas (die datum kan enige tyd deur die borg gewysig word).

Die wenner word deur die borg aangewys en moet bewys kan lewer (deur middel van skermgrepe) dat daar aan al die kompetisievereistes voldoen is. Die beoordelaars se besluit is finaal.

Die lewering van pryse is die verantwoordelikheid van die borg. Troukoors is nie betrokke by die lewering van pryse nie, die betrokke borg moet direk gekontak word.

Die bruid en bruidegom, sowel as hulle vriende en familie, mag namens hulle inskryf.

Elke persoon kan net een keer inskryf.

Die prys is nie oordraagbaar of omruilbaar vir ander produkte, dienste of kontant nie.

Standaard voorwaardes geld.

Werknemers, familielede en vriende van die borg mag nie inskryf vir die kompetisie nie.

Die borg behou die reg om enige inskrywings, wat nie voldoen aan die vereistes nie, te diskwalifiseer en pryse terug te hou.

Die borg behou die reg om die terme en voorwaardes enige tyd te wysig. Veranderinge sal aangebring word op hierdie bladsy en hoef nie aangekondig te word nie.

Troukoors aanvaar geen verantwoordelikheid (direk of indirek) vir enige eise, uitgawes, skade of verliese wat mag spruit uit die kompetisie, of eise, uitgawes, skade of verliese van enige ander aard nie.

Wenners stem in om enige eise of klagtes, in verband met enige prys, direk met die betrokke borg te bespreek.

Die wenners moet, indien van toepassing, bereid wees om op eie onkoste te reis na die diensverskaffer/borg vir die lewering van die prys, of vir konsultasies wat nie oor die internet kan plaasvind nie. Indien die wenner nie daarheen kan reis nie, verval die prys en is nie oordraagbaar of omruilbaar vir ander produkte, dienste of kontant nie. Die borg behou die reg om te besluit of ‘n nuwe wenner gekies gaan word of nie.

Die prys sluit uit enige koerier kostes, en is dus aan die wenner verskuldig.

Alle bedrae geallokeer aan pryse is verskaf deur die borge.

Die borge/diensverskaffers se besluit is finaal en bindend.  Geen korrespondensie aangaande die kompetisie sal na afloop van die trekking beantwoord word nie.

Die borge behou die reg om te enige tyd, die kompetisie te kanselleer of te wysig, vir enige rede.

Deur in te skryf vir die kompetisie, stem jy in dat jou kontakbesonderhede aan die borge verskaf kan word en dat hulle jou kan e-pos, sms of skakel met spesiale aanbiedinge waarin jy moontlik sal belangstel.