ESPOUSAL se aanlyn trou-ekspo vind 26 en 27 Maart 2021 plaas en is die eerste van sy soort in die land. Maar wat is die voordele daarvan om deel te wees hiervan? Lees verder om uit te vind.

Alhoewel ons af is na vlak 1 van inperking, beveel die staat steeds aan dat mense nie geleenthede moet bywoon waar massas mense saamtrek nie… omdat Covid steeds ’n groot realiteit is.

Daarom het ESPOUSAL ’n idee bedink om bruide die geleentheid te gee om hulle troues te beplan deur steeds soveel as moontlik diensverskaffers en produkte onder “een dak” aan hulle beskikbaar te stel.

Maar wat is die voordele van ’n aanlyn trou-ekspo?

  1. Jy kan die hele trou-ekspo ervaring in die gemak van jou eie huis beleef, sonder om jouself bloot te stel aan groot groepe mense en Covid. Baie tyd en moeite is spandeer om seker te maak dat stalletjies so interaktief moontlik is en steeds alles sal bied wat jy by ’n regte ekspo sou ervaar. Verder word jy ook nie beperk tot provinsies nie… en kan jy alles wat jy soek onder een dak kry.
  2. Dit is ’n platform vir troudiensverskaffers van regoor die wêreld om saam te kom en hulle kennis, dienste en produkte met kliënte te deel. Verder bied dit ook die geleentheid vir gesogte plaaslike diensverskaffers en koördineerders om blootgestel te word aan ’n diverse groep verbruikers, tradisies en kulture.
  3. Hierdie is die eerste 3D-aanlyn trou-ekspo en dus ’n baanbreker in die veld. Na Covid sal die trou- en toerismebedryf weer floreer en dus sal hierdie geleentheid help om momentum te skep en hierdie bedrywe ’n hupstoot te gee.
  4. Dit bied ’n eerste kykie na die funksionaliteit en toeganklikheid van aanlyn-funksieplatforms in hierdie moeilike tyd. Selfs afgeleë en oorsese dorpe kan bereik word deur die ESPOUSAL-platform.
  5. Daar word rekord gehou van elke kliek wat deur besoekers gemaak word en die data word gedeel. Stalletjie-eienaars kan dus tred hou van wat by hulle stalletjie gebeur en wie dit besoek het. Die data kan na die tyd weer gebruik word om op te volg en bied meer geleenthede as ’n fisiese ekspo.

Dit is soos Shikha Nahata, mede-stigter van ESPOUSAL, sê: “Buiten vir die feit dat jy nie aan produkte kan vat wat beskikbaar is nie, het ons met ESPOUSAL ’n ervaring geskep wat selfs ’n fisiese ekspo sal oortref.”

Die ESPOUSAL trou-ekspo bied alles wat ’n paartjie nodig het om die perfekte troue te beplan! Besoek hulle webblad om meer uit te vind oor ESPOUSAL se Suid-Afrikaanse trou-ekspo en om kaartjies te bespreek.

ESPOUSAL se trou-ekspo word aangebied in samewerking met Troukoors, Tentworx, Zeroin en Johan Ungerer Signature Weddings.

Om op hoogte te bly van nuus en reëlings, volg ESPOUSAL op Facebook.

Moet dit nie mis nie!

 

 

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA