ESPOUSAL se aanlyn trou-ekspo vind binnekort plaas. Lees verder om te sien wat jy van die ervaring kan verwag… as besoeker en diensverskaffer.

Op 26 en 27 Maart 2021 kan jy deel wees van Suid-Afrika se eerste aanlyn trou-ekspo, sodat jy steeds die perfekte troue kan beplan of jou produk met die publiek kan deel, ten spyte van die inperkingsmaatreëls.

SO WERK DIE VIR BESOEKERS…

*Registreer op die platform deur jou registrasiefooi te betaal en die vorm te voltooi met jou naam, e-posadres, dorp en telefoonnommer.

*Ontvang jou unieke gebruikersnaam en wagwoord per e-pos.
*Teken in op die dag van die trou-ekspo.

*Besoekers kan na die borge se plakkate kyk of die saal besoek waar daar verskeie stalletjies sal wees. Praatjies kan in die ouditorium bygewoon word.

*Besoekers kan sien wie almal op die platform aangeteken is, met hulle gesels en besonderhede uitruil.

*Wanneer jy sekere stalletjies besoek, het jy toegang tot die volgende deur met jou muis daarop te kliek:
(a) Die stalletjie se fotogallery;
(b) Die stalletjie se video’s;
(c) Die stalletjie se plakkate;
(d) Teksboodskappe tussen jou en die stalletjie-eienaar;
(e) Video-gesprekke met die stalletjie-eienaar;
(f) Laai brosjures af oor die produk of besigheid; en
(g) Koop iets by die stalletjie deur middel van die betaal-opsie soos aangedui deur die stalletjie-eienaar.

SO WERK DIT VIR UITSTALLERS…
*Elke kliek op jou stalletjie deur ’n besoeker word aangeteken as deel van die statistieke;
*Wanneer besoekers inteken, het jy toegang tot die data wat verskaf is toe die persoon geregistreer het… hulle kan dus gekontak word.
*Daar word rekord gehou van nommers wat tussen besoekers uitgeruil word.
*Stalletjie-eienaars word in kennis gestel wanneer besoekers op hulle stalletjie kliek en kry ook daardie persoon se besonderhede.
*Daar word rekord gehou van die besoeker se aktiwiteite in elke stalletjie.
*Kenners wat praatjies lewer, kan sien wie die praatjies bygewoon het en hoe lank hulle geluister het.

Besoek hulle webblad om meer uit te vind oor ESPOUSAL se Suid-Afrikaanse trou-ekspo.

Diensverskaffers kan steeds stalletjies huur op die dag en kaartjieverkope vir paartjies kan nou registreer en kaartjies koop vir dié unieke ervaring.

ESPOUSAL se trou-ekspo word aangebied in samewerking met Troukoors, Tentworx, Zeroin en Johan Ungerer Signature Weddings.

Om op hoogte te bly van nuus en reëlings, volg ESPOUSAL op Facebook.

Moet dit nie mis nie!

 

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA