Dit is amper Kersfees en Troukoors en The Fairway Spa wil lesers graag bederf met ’n heerlike geskenk. Lees verder om te sien hoe jy kan inskryf en wen.
Welkom by 12 dae van Kersfees! TROUKOOS, in samewerking met ons gunstelingdiensverskaffers, wil graag julle – ons getroue lesers – bederf vir Kersfees met 12 dae se gratis geskenke op ons blog en sosiale media.
Vandag se weggee is van The Fairway Spa.
As jy inskryf, kan jy die volgende geskenk wen:
’n Fairway Morning Retreat-behandeling vir twee mense:
– Smoothie en seisoenale vrugte met Bulgaarse jogurt;
– Hidroterapie-bad;
– Vollyf warmklipmassering;
– Refleksiologie-ritueel; en
– Fairway-kop- en nekmassering
The Fairway Spa nooi jou om jouself in hulle oase te kom verloor en bied die ideale wegbreek uit die stad. Dit is versteek in ’n boomryke buurt van die Randpark-gholfbaan. Hulle is in die Randpark, Johannesburg geleë, so maak seker jy is in hierdie area voordat jy inskryf. Besoek gerus hulle webblad vir meer inligting.
SO SKRYF JY IN
LIKE hierdie post op Facebook, SHARE dit met jou vriende, LIKE FAIRWAY HOTEL,SPA AND GOLF RESORT SE FACEBOOK-BLAD en LEWER ONDERAAN KOMMENTAAR oor hoekom jy hierdie geskenk moet wen.
TERME EN VOORWAARDES
Die wenners van elke geskenk sal deur middel van ’n trekking gekies word en die keuse is finaal. Familielede van Troukoors en die betrokke diensverskaffer mag die weggee-promosie share, maar sal nie gekies word as wenners nie. Die wenners sal elke dag om 17:00 gekies en aangekondig word op Troukoors en die betrokke diensverskaffer se sosiale media-platvorms. Dit is die wenner se verantwoordelikheid om te reageer met sy / haar e-posadres, waarna ons ’n e-pos sal stuur aan die diensverskaffer sal stuur. As die wenner nie binne een week reageer nie, verbeur hy/sy die geskenk en sal daar ’n nuwe wenner gekies word. Omdat dit so naby aan die einde van die jaar is, sal die geskenke eers in Januarie 2016 gepos word deur die diensverskaffer.