unieke fotosessie vir verloofde paartjie 1
Benjamin en Leticia was met die eerste oogopslag verlief, daarom is dit net gepas dat hulle verlowingsfotosessie net so uniek en perfek moes wees soos hulle liefdesverhaal.

unieke fotosessie vir verloofde paartjie 2

Gewoonlik word ’n verlowingsfotosessie net op een plek gehou, maar wanneer jy jou verhouding afskop met ’n skuilnaam is dit net gepas dat ander elemente van jou liefdesverhaal ook anders is as die gewone. Nadia van Wildflower Photography en die paartjie verklap hoekom hulle hierdie fotosessie op twee verskillende plekke aangepak het.

HOE HET JULLE ONTMOET?
“Dit is nou nie die mees romantiese storie nie, maar die aand wat ons mekaar ontmoet het, het ek vir Benjamin gesê my naam is Maria. Ek wou nie ’n kêrel hê nie, want ons was op ’n girls night… maar my vriendin het ander planne gehad en vir Benjamin gesê: ‘Haar naam is nie Maria nie, haar naam is Leticia’. Ons het toe nommers uitgeruil en twee weke later was ons eerste date. Ons was net so gemaklik in mekaar se geselskap dat dit gevoel het asof ons mekaar al vir jare ken. Ek weet liefde met die eerste oogopslag is ’n bietjie cliché, maar kom ons noem hierdie presies dit.”

HOEKOM HET JULLE BESLUIT OP ’N VERLOWINGSFOTOSESSIE EN HOE HET JULLE DIE PERFEKTE FOTOGRAAF GEKIES?
“Ons is nie mal oor foto’s nie, maar dit maak die hele trou-ondervindig meer spesiaal om ’n verlowingsfotosessie te doen. Ons het net geweet toe ons vir Nadia van Wildflower Photography ontmoet, dat daar geen ander persoon sal wees wat ons liefde vir mekaar so mooi kan vasvang op ’n foto nie.

unieke fotosessie vir verloofde paartjie 3

DIE FOTOGRAAF SÊ…

WAT WAS DIE TEMA VAN DIE FOTOSESSIE EN HOEKOM HET JULLE TWEE SESSIES GEDOEN?
“Ons het besluit om die fotosessie in twee gedeeltes te deel, ons het Saterdag vroeg die middag begin met die eerste gedeelte van die fotosessie by Benjamin se ouers se huis. Altesaam het Ben en Leticia 50 ballonne opgeblaas vir die sessie! Die paartjie het ongelooflik elegant gelyk in hulle formele uitrustings tussen al die wit ballonne.
Omdat die eerste gedeelte van die sessie binnenshuis was, het ons geweet dat die tweede gedeelte van die sessie buite in die natuur moet wees. Dus het ons by Struben Dam met hulle verskeidenheid van fotoneemplekkies besluit. Weereens het Leticia en Ben die perfekte uitrustings gekies vir hierdie gedeelte. Ek is baie opgewonde oor hulle troudag in Desember 2016 by Avianto. Leticia en Ben gaan definitief ’n ongelooflike bruidspaar wees”.

HOEKOM IS ’N VERLOWINGSFOTOSESSIE ’N GOEIE IDEE?
“Ek sal altyd ’n verlowingsfotosessie vir kliënte aanbeveel indien dit moontlik is. So kan ’n paartjie aan my gewoond raak en ook weet wat om min of meer te verwag op hulle troudag”.

WATTER RAAD HET JY VIR PAARTJIES WAT ’N TROUFOTOGRAAF MOET KIES?
“Daar is altyd die gewone raad soos om iemand te kies van wie se styl jy hou. Maar wat ek gevind het die beste is, is om die fotograaf vooraf te ontmoet. So kan julle sien of julle persoonlikhede saamwerk en hoe hy of sy jou spesiale dag gaan aanpak. Laastens moet jy net elke oomblik van die sessie geniet”.

Foto’s: Nadia Farinha van Wildflower Photography  

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA