Kleuters wil nie altyd kleuterskool toe gaan nie en dit is ook goed om hulle so nou en dan by die huis te hou. Sommige kleuterskole maak ook nog boonop toe gedurende die vakansie. Maar hoe op aarde hou jy jou kleuter besig? Hier is ’n paar oulike idees.
Ek het ’n tweejarige seuntjie wat mal is oor die buitelewe. Ek het nou al gehoor dat sommige dogtertjies net so besig is, so ek hoop die paar idees hieronder help albei geslagte kleuters se ouers om Vervelige Fanie weg te hou wanneer jou kleuter by die huis bly.
HOU KLEUTERS SO BESIG DIE SKOOLVAKANSIE:
1. Dit is winter en wat is lekkerder as snoesig fliek kyk onder die komerse? Kleuters is mal oor tekenprente. Kry iets ouliks, maak springmielies en maak sommer ’n geleentheid daarvan en kyk saam.
2. As jy jou kleuter se dag wil maak, koop vir hom/haar ’n roomys en laat hulle dit eet net soos hulle wil. Ja, ek weet Skonerige Sannie gaan wil oorvat, maar veg daarteen en laat jou kind toe om so verspot of lekker te eet soos hy/sy wil.
3. Dit klink dalk na slawerny, maar daar is niks lekkerder vir kleuters as om te voel asof hulle belangrik is nie. Met alles wat jy doen, al vat iets jou dan nou tien minute langer, vra hulle om te help. My seuntjie is mal daaroor as ek sê: “Oe help mamma, die sak is te swaar. Ek het jou sterk armpies nodig”. Hy help my elke keer en is so trots op homself as hy dit gedoen het. Maak hulle deel van jou aktiwiteite.
4. As jy ’n dogtertjie het, hou vir haar ’n teepartytjie. Dek ’n klein tafeltjie, kry vir haar ’n klein porseleinstelletjie en sit saam met haar en tee drink. Daar is niks so lekker vir kleuters ’n ouer wat deel is van die speletjie nie.
– As jy ’n seuntjie het, bou vir hom ’n baan, ’n garage of ’n dorpie uit bokse en kry al sy karretjies en speel saam met hom karretjie-karretjie.
5. Afhangende van hoe oud jou kleuter is, bak koekies! Daar is niks so lekker as om tuisgemaakte koekies te eet nie, hoeveel te meer koekies wat julle self gebak het. As jy ’n bietjie skrikkerig is vir die bakgedeelte, laat hulle toe om die koekies te versier.
6. Maak tuin en laat jou kleuter jou help. Maak ’n plas modder en trek vir hulle ou klere aan. Ure se pret vir kleuters! Nie net omdat hulle in modder speel nie, maar ook omdat jy buite saam met hulle is.
7. Daar is nou soveel parkies deesdae en as jy ook die dag af het; gaan hou piekniek!
8. Maak klei en laat hulle toe om te bou net wat hulle wil. Om te verhoed dat jou matte vuil word, kies ’n matvrye area en maak dit sy/haar klei-area.
9. Plak papier met maskeerband op die vloer vas, maak een groot papier en laat hulle inkleur.
10. Los jou Tupperware-kas oop en laat hulle toe om alles uit te gooi en daarmee te speel, dit gee jou die geleentheid om ’n bietjie daardie kas uit te sorteer terwyl jou kleuter aan alles peuter.
Daar is niks so lekker vir my seuntjie as wanneer ek ’n aktiwiteit saam met hom doen nie. Of dit nou is om wasgoed in die wasmasjien te gooi, of om ’n storie te kyk. Hy wil net hê ek of my man moet dit saam met hom doen.
Artikel: Christell du Preez
Bestel nou jou Troukoors tydskrif (mooi regte troues, doen-dit-self idees, ens) en
Die Trouboek (beplan jou troue in 52 weke + verhoudingsadvies deur Gretha Wiid).
Betaal slegs R170 vir beide (posgeld ingesluit – betroubare afleweringsmetode), SPAAR R39.90!
(Saam posgeld steeds goedkoper as by die winkels)! Kliek hier vir meer info.
STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif
Posgeld (geregistreerde pos) is ingesluit by al die opsies hierbo.
STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:
1. Bewys van betaling
2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek en/of Tydskrif
3. Jou naam en van
3. Jou selfoonnommer
4. Jou posadres