Die glansbladsye van bruidstydskrifte is vol modelle met skitterwit tande maar as jy in die spieël kyk lyk jou tande vir jouself dalk meer aan die afwit kant. Nou kan jy hulle ook spierwit maak, sommer by die huis!
Kom kuier saam met ons by Troukoors se eksklusiewe werkswinkel op 18 Junie 2016 by Morgenzon in Pretoria
en staan ’n kans om ongeveer R100 000 se pryse vir jou troue te wen!
Kaartjies kos R200 per persoon (beperkte hoeveelheid beskikbaar). Kliek hier vir meer inligting.
Foto geneem deur Adene Photography
——————————————————————————————————————
Ons tande verkleur maar oor tyd deur alles wat ons kou en drink en vir baie jare was die enigste oplossing om hulle professioneel te laat bleik by die tandarts (teen ’n stywe fooi natuurlik!) White Glo het ’n reeks produkte wat jou daardie koste kan spaar en verseker dat jou glimlag nie op jou troufoto’s lyk of jy aan tabak gekou het nie.
WHITE GLO DIAMOND SERIES KIT
Jou wit glimlag is net ’n stort weg met die produk. Jy sit die gel in ’n mondbakkie (wat in die pakkie verskaf word) en sit die bakkie in jou mond. So bleik jy jou boonste en onderste tande in 5 minute. So teen die tyd wat jy jouself skoon geskrop het, is jou tande ook vlekvry.
WHITE GLO COFFEE AND TEA TOOTHPASTE
Het jy al gesien hoe lyk jou koppie gevlek van al die tee en koffie wat jy uit dit drink? Dieselfde vlekke gaan sit op jou tande. Maar jy hoef nie jou gunsteling drankie op te gee vir wit tande op jou troue nie. Gebruik net hierdie oulike tandepasta en jy sal die vlekke verwyder, plus dit bevat ’n waslaag formule wat keer dat jou tande weer vlek.
WHITE GLO MONDSPOEL
Die mondspoel maak nie net jou tande wit nie, maar maak ook bakterië in jou mond dood wat slegte asem en infeksie help voorkom sodat jou glimlag skitter wanneer jy met die paadjie af loop. Dit is alkoholvry en sal ook help om jou tande te versterk.
WHITE GLO EXTREME TEETH WHITENING PEN
Hierdie oulike produk, verf jy aan jou tande twee tot drie keer per dag (vir maksimum resultate). Die geheim is jy moet net vir so twintig minute niks eet of drink nie, daarna spoel jy jou mond met water uit en ta-da jou tande skitter soos diamante!
WEN!
Een gelukkige leser staan die kans om ’n White Glo-geskenkpak ter waarde van R500 te wen. Al wat jy hoef te doen is om hierdie inskrywing, asook hulle blad op Facebook te like en dit met jou vriende te deel.
Artikel: Yolande van Deventer
Foto: Crown Corner