Die gastelys kan een van die grootste uitdagings wees wanneer julle besluit om te trou, want troues is duur en julle kan eenvoudig net nie almal nooi nie. Almal kom ook nie altyd oor die weg nie, so wie op jou finale gastelys is, bepaal ook die atmosfeer by jou troue.
Om die gastelys saam te stel vir julle mooiste dag, kan baie moeilik wees en iets waaroor julle baie gaan stry en kopkrap. Daarom het ons vir julle die beste raad probeer saamstel om dit ’n bietjie makliker te maak om oor die gastelys te besluit.
Tensy jou begroting onbeperk is, kan jy nie die hele wêreld nooi nie en dit is moeilik wanneer julle albei groot families en vriendekringe het. Wanneer julle begin beplan, moet julle saam gaan sit en besluit op die getal gaste wat julle gaan nooi sodat julle weet hoe groot julle venue moet wees en vir hoeveel mense jou gastelys kan plek maak. Maak ’n basiese lys van wie julle wil nooi en verdeel dit in drie afdelings – beslis – graag – mooontlik. Dit sal julle help om te weet waar julle kan sny. Julle moet ook besluit of julle ’n klein, spoggerige en eksklusiewe troue soek of ’n groter, meer informele geleentheid. Onthou dat familieverwagtinge, finansies en praktiese oorweging baie swaar gaan weeg wanneer julle op die kortlys besluit.
WIE KWALIFISEER VIR DIE GASTELYS?
Naaste familie en vriende is natuurlik ’n MOET vir enige gastelys – dink hier aan mense sonder wie julle nie die groot dag kan en wil vier nie. Jou gevolg moet natuurlik ook genooi word en die ouers van die blommemeisie en hofknapie. Daarna moet julle fokus op die mense wat tans belangrik is in julle lewens en wat in die toekoms steeds ’n groot rol gaan speel. Die moeilike kwessie is ook diegene wie se troues julle reeds bygewoon het, want in die meeste gevalle moet julle hulle ook insluit.
As ouers bydra tot die groot dag, is dit net regverdig dat hulle ook gaste mag nooi. Baie van hierdie mense sal in elk geval spesiale gaste wees voor wie julle grootgeword het. Maar wees ferm en gee vir die ouerpare ’n limiet op die hoeveelheid gaste wat hulle by die gastelys kan plaas en nooi. Maar as van jou gaste nie kan kom nie, laat hulle toe om ekstra mense te nooi – of as die venue dit toelaat – veral as hulle daarvoor betaal. ’n Toegewing hier en daar kan alles net soveel rustiger laat verloop.
As die getalle buite beheer is, onthou dat jy nie nodig het om werkskollegas te nooi as jy nie kan nie. Wees eerlik oor julle vriendskappe. As jy vir jare nie met iemand gepraat het nie, moet hulle dalk nie op die gastelys wees nie. Wees ook versigtig om mense te nooi wat ver bly – met die hoop dat hulle dalk nie sal kom nie – en jy iemand anders in hulle plek kan nooi. Toets die water deur merk-die-datum-uitnodigings uit te stuur sodat die wat nie sal kan kom nie dadelik kan laat weet en jou besluit makliker maak.
MOEILIKE SITUASIES
KAN EK MY EKS NOOI?
Dit is iets wat jy en jou verloofde moet bespreek, as julle albei gemaklik is daarmee, doen dit – veral as dit nie ’n ernstige verhouding was nie. Maar indien nie, vermy dit om die persoon op jou gastelys te sit.
KINDERS OP DIE GASTELYS?
Dit is ’n moeilike een, want baie mense neem aanstoot as hulle hul kinders by die huis moet los – veral familie. Maar as julle begroting knap is, die venue nie regtig kindervriendelik is nie en julle regtig nie woelwaters daar wil hê nie, dra die boodskap op ’n mooi manier oor en diegene wat julle respekteer en graag daar wil wees, sal ’n plan maak en verstaan.
Bestel nou jou Troukoors tydskrif (mooi regte troues, doen-dit-self idees, ens) en
Die Trouboek (beplan jou troue in 52 weke + verhoudingsadvies deur Gretha Wiid).
Betaal slegs R170 vir beide (posgeld ingesluit – betroubare afleweringsmetode), SPAAR R39.90!
(Saam posgeld steeds goedkoper as by die winkels)! Kliek hier vir meer info.
STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif
Posgeld (geregistreerde pos) is ingesluit by al die opsies hierbo.
STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:
1. Bewys van betaling
2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek en/of Tydskrif
3. Jou naam en van
3. Jou selfoonnommer
4. Jou posadres
Foto: Clean Life and Home