irriteer
Irriteer jou gewoontes hom dalk so dat dit die rede is hoekom jy steeds enkellopend is? Hugo Ludik van ADAM gesels oor gewoontes wat ouens irriteer. Lees verder om te sien of dit is waar jou probleem lê…

Daar is slegs 50 eksemplare van DIE TROUBOEK by ons kantoor oor wat jy teen spesiale afslag kan koop! Maak sommer nou dadelik (betroubare posdiens word gebruik – 100% van ons pakkies bereik hul eindbbestemming). Spaar boonop R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Kliek hier vir ons bankbesonderhede.

Bestel_Troukoors
———————————————————————————————–

Skynbaar het ons fynere geslag ’n paar geite wat die manne krapperig maak, irriteer en laat weghol. Die probleem is dat ons effe blind is daarvoor. ’n Man soos Hugo Ludik, van ADAM, werp lig op die onderwerp.

Menige dames het al met rooi oë, rooiwyn en tjoklits ’n gebreekte hart probeer plak. (Net om die skaal later te blameer vir die doodskoot van die verhouding, sonder om te ondersoek wat hom dalk kon irriteer.) Dan volg die nadoodse ondersoek, gewoonlik saam met jou minder sober besties. By ons gaan ’n tipiese gesprek so: “Hy is ’n pol, ’n regte graspol… maai hom met die grassnyer af!” Kaptein Nellie se bulderende raad. “Siestog”, Fransie, terwyl sy nog ’n koeksister aangee. “Ek het jou gesê jy moes jou push-up bra en hakke gedra het”, Mareece se gemanikuurde stuiwer. Ek gooi maar die wyn en maak my mond oop. “Stil jy, jy is gelukkig getroud”, word ek kortgeknip. “Ek probeer net sê dat miskien moet ons die bul by die horings pak en uit die perd se bek gaan hoor waar maak ons droog en wat hom dalk irriteer.” Hulle staar my aan asof ek mal is…

ADAM se nuwe album, Hoogtevrees, gaan hoeka oor kruispaaie in ’n verhouding. Daarom het hierdie aantreklike manne sekerlik goeie raad oor wat ouens irriteer en waarvan hulle hou. Hugo Ludik, een van die stigterslede, is ook nie bang om te sê wat goeie tekkie-uitpak materiaal maak nie, maar waarsku dat die dames nie te gevoelig moet wees vir die antwoorde nie. Dit eerder as’t ware soos ’n man moet vat. Hier is wat die spreekwoordelike perd toe nou sê:

NOEM VYF GEWOONTES WAT VROUENS HET WAT MANS GRENSLOOS IRRITEER EN HOEKOM LAAT DIT MANNE HARDLOOP VIR DIE BERGE?
Om heeltyd te wil gesels – veral as hulle wil kla of skinder.
As hulle needy: is. Met ander woorde as hulle 24/7 aandag nodig het.
As hulle jou nie vertrou nie. (As jy nog geensins vir hulle ’n rede gegee het om jou nie te vertrou nie!)
As vrouens heeltyd met jou gesprekke op Whatsapp wil voer – veral as jy werk. Bel my eerder.
As ’n vrou jou nie jou spasie gee nie….en onmiddellik aanneem iets is fout as jy ’n bietjie spasie soek…

HOE KAN MEISIES HIERDIE VYF DINGE ANDERS BENADER SODAT DIT NIE ’N ISSUE WORD NIE?
“Lekker daaroor kommunikeer oor ’n bottel wyn… en dan nie daaroor sensitief te wees as jou maat vir jou een van die gewoontes, wat hom irriteer, uitwys nie.”

NOEM VYF DINGE WAT MEISIES, WIE SE VERHOUDING SUKKEL OF WIE GRAAG IN ’N VERHOUDING WIL WEES, KAN DOEN OM ’N OU TE BEÏNDRUK?
Wees spontaan
Lag
Glimlag
Lag
Wees jouself. En lag

WAT IS JOU IDEE VAN ’N ROMANTIESE AFSPRAAK?
“Wyn. Lekker kos. Goeie geselskap en ’n ADAM CD wat speel in die agtergrond. Die plek maak nie vir my saak nie.”

WATTER EIENSKAP STOOT JOU HEELTEMAL AF?
“Narcissisme.”

ROMANTIESE KOMEDIE OF DRAMA?
“Sy moet verseker nie ’n drama wees nie. Of ’n aksiefliek nie. ’n Intrige-komedie…?”

Hoogtevrees is vanaf 19 Augustus op die rak en beloof om al ADAM se aanhangers se harte van voor af te verower. Koop dit, jy sal nie spyt wees nie. Vir meer inligting besoek hulle webblad of volg hulle op Facebook.

Artikel: Yolande van Deventer
Foto: Fathom Media

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA