Ooggrimering rond jou trouvoorkoms perfek af en kan jou blosend, geheimsinnig of sommer net beeldskoon laat lyk. Gina van Staden verduidelik hoe jy Wet n Wild se ooggrimering kan gebruik om jou oë te beklemtoon.
Daar is slegs 50 eksemplare van DIE TROUBOEK by ons kantoor oor wat jy teen spesiale afslag kan koop! Maak sommer nou dadelik (betroubare posdiens word gebruik – 100% van ons pakkies bereik hul eindbbestemming). Spaar boonop R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Kliek hier vir ons bankbesonderhede.
———————————————————————————————–
Jou oë is die vensters van jou siel en daar is geen beter dag om jou siel te ontbloot as op jou troudag nie. Dit is daarom belangrik om jou ooggrimering foutloos aan te wend. Ons gee vir jou vyf maklike wenke om jou oë op hul heel beste te beklemtoon.
WENK 1: OOGSKADU
’n Bruid wil tydloos lyk, so hou die kleur van jou oogskadu neutraal. Pêrelagtige- of blink ooggrimering kan reflekteer in foto’s, so hou die kleure mat en ook nie te donker of lig nie. Wet n Wild se Picture Perfect Eyeshadow Primer en Oogskadupalette met spesiale silikoon-tegnologie kan verhoed dat jy herhaaldelik jou oogskadu moet opknap.
WENK 2: OOGOMLYNER
Vloeibare oogomlyner hou langer as potloodomlyner, maar vereis ’n bestendige hand. Begin by die buitehoek van jou oog en trek die lyntjie so naby aan jou oogwimperwortels as moontlik. Kyk vir ’n rukkie nadat jou lyntjie getrek is, sodat die vloeistof kan droogword. (Maak oogomlyner- of maskarasmere skoon met ’n oorstokkie en verbloemer.) Almal weet dat bruide geneig is om te huil, so bly liefs weg van oogomlyner op jou onderste ooglede. Wet n Wild se ProLine Felt Tip Eyeliner is maklik beheerbaar en hierdie ooggrimering word ook vinnig droog.
WENK 3: MASKARA
Bruide huil maklike op hul troudag, so waterdigte maskara is die beste opsie. Wend twee lae aan om die oë ’n groot voorkoms te gee – wat goed lyk op foto’s. Wet n Wild se maskara is verreik met soya- en koringproteïne wat oogwimpers gesond en voller laat lyk. Beslis ooggrimering wat die moeite werd is om te besit.
WENK 4: BEKLEMTONER
Gebruik beklemtoners spaarsamig – te veel kan ’n kunsmatige beeld afgee. Gebruik ’n ligte kleur onder die bogies van jou wenkbroue en in die binnehoeke van jou oë. Wet n Wild se highlighter-formule is satynsag en gee jou vel ’n natuurlike gloei.
WENK 5: WENKBROUE
Goed gevormde wenkbroue kan jou oë ophelder en ’n jonger voorkoms skep. Kies ’n wenkbroupotlood of –oogskadu in ’n skakering ligter as jou natuurlike haarkleur. Wend die potlood aan in kort haaltjies, en die oogskadu met ’n skuinskwas. Vul slegs oop spasies in. Haarsproei op ’n wenkbroukwas kan wilde wenkbroue tem. Die kompakte 5-stuk Brow Kit van Wet n Wild vorm, beklemtoon en hou jou wenkbroue in stand.
Pragtige oë wat uitstaan kan ’n tikkie betowering aan jou troufoto’s verleen – en om nie eers te praat van die effek wat dit op die bruidegom kan hê nie. Belê dus vandag nog in die regte ooggrimering!
WEN!
Een gelukkige leser kan ’n geskenkpak wen van Wet n Wild wen, ter waarde van R400 wat die volgende bevat: Picture Perfect Eyeshadow Primer, ProLine Felt Tip Eyeliner, Ultimate Brow Highlighter, Maskara, Brow Kit en Oogskadu. Gaan LIKE en SHARE hierdie inskrywing op Facebook, lewer kommentaar oor watter kleur oogskadu jou gunsteling is en gaan LIKE ook Wet n Wild se blad om in aanmerking te kom vir hierdie lekker prys.