kontemporere-troutendense
Kontemporêre troutendense is spesifiek vir diegene wat ’n bietjie meer modern is en uit die boks uit dink. Ons kyk na ’n paar troutendense wat die Hollywood celebrity troues gaan beïnvloed in 2017.

As jy nie hou van doodgewone idees vir jou troue nie, sal jy beslis baat vind by die kontemporêre troutendense wat Gina van Staden gaan uitsnuffel het. Lees verder om te sien wat goed sal werk as jy anders wil wees.
 
MODERNE INDUSTRIËLE ATMOSFEER
Die gewilde troubeplanner vir die sterre, David Tutera, sê dat ’n mengsel van metale en skakerings van wit die wenkleure van 2017 gaan wees. Hy sê ook dat hierdie kleurpallet, gekombineer met industriële elemente, ’n moderne styl tot gevolg sal hê.

Wat kan geklassifiseer word as industrieël?
* Industriële-tipe spasies as venue (dink groot pakhuise)
* ’n Informele spyskaart wat byvoorbeeld macaroni en kaas en gebraaide hoenderstukkies op die buffet het
* Konkruidblokke met blomme in as middelstukke op tafels
* Naakte gloeilampe wat by die dak afhang
PAPIER
Papier gaan nie net meer vir kaartjies en uitnodigings gebruik word nie. Nie net is hierdie een van die gewildste kontemporêre troutendense nie, jy kan ook baie spaar daarmee.
Praktiese maniere om papier by jou troue te inkorporeer:
* Die bruid en strooimeisies se ruikers
* Die agtergonddekor en middelstukke op die tafels
* Papierlanterns en papierhorings met konfetti in

SELFIE-STASIES
Die gewildheid van fotostasies waarby selfies geneem kan word gaan nie gou afneem nie. Binnekort gaan dit vreemd wees as jy na ’n troue toe gaan wat nie hierdie gewilde kontemporêre troutendens insluit nie. Selfiestokke sal beskikbaar wees by die fotostasies, sowel as ’n paar bykomstighede vir foto’s. Daar sal ook ’n hashtag wees wat jy dan kan gebruik wanneer jy jou foto’s op sosiale media oplaai.

PIENK TROUROKKE
Toe die nuwe 2017 trou-versamelingsreekse bekendgestel is, het pienk beslis uitgestaan as die oorheersende ‘nie-wit’-kleur. Bekende ontwerpers soos Christian Siriano en Marchesa het die mooiste pienk skeppings bekendgestel. Die rok hoef nie noodwendig ʾn see van pienk van kop tot tone te wees nie – die bruid kan dit as aksentkleur ook gebruik. Ons kan beslis ’n hele paar pienk-geïnspireerde trourokke verwag.

BLOMKRANSE
Nog ’n bekende troubeplanner, Mindy Weiss, se voorspelling vir kontemporêre troutendense in 2017, is waterval blomkranse.

Gebruik blomkranse só by jou troue:
* In plaas van middelstukke kan blomkranse in ’n waterval-effek by die tafels afhang
* Blomkranse wat aan stringe gehang word kan die agtergrond afrond
* Dit kan ook gebruik word om die seremonie koepel te versier

Soms wil ’n vrou nie soos ’n prinses voel op haar troudag nie, maar eerder soos ’n beroemde filmster. Probeer gerus een van hierdie kontemporêre troutendense om ’n tikkie Hollywood-glans aan jou troue te verleen.

Foto: The Plunge

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA