verloof
Julle is verloof en wil die wêreld vertel, maar hoe deel ’n mens dié belangrike nuus? Hier is ’n paar oulike idees om die woord te versprei…

———————————————————————————————————————————

BEDERF JOUSELF OF ‘N GELIEFDE HIERDIE KERSFEES MET ‘N GESKENK VAN TROUKOORS!
BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF AANLYN EN SPAAR +-R55!

troukoors_tydskrif_en_die_trouboek

Die Trouboek help jou om week-vir-week jou troue self te beplan en sluit ‘n begroting, tydlyn, lysie van foto’s wat geneem moet word, plek vir diensverskaffers se kontakbesonderhede ens in. Gretha Wiid se huweliksvoorbereiding help jou en jou verloofde om emosioneel gereed te wees vir die groot stap! Troukoors se gewilde tydskrif is propvol idees en inspirasie en help jou om al jou Pinterest-idees lewe te gee, help jou om geld te spaar en wys jou wie die betroubare (en bekostigbare) diensverskaffers is! Pakkies word met geregistreerde pos gestuur om te verseker dat dit definitief ontvang word.
Kliek hier vir meer info en opsies: https://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/

Betaal R160 (slegs tot 15 November, daarna geld normale pryse weer) in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
E-pos: Jou naam, van, selfoonnommer, posbus adres en poskode na info@bpwpprebuild.co.za


verloof_1

Die groot vraag is gevra, en die antwoord was JA! Die ouers is gevra en al wat oorbly, is om julle wonderlike nuus met vriende en familie te deel. Hier is oulike maniere om die nuus te versprei dat julle verloof geraak het.

IETS MEER GEWOON
As julle nie waaghalsig is nie en hou van tradisie, sal julle miskien die feit dat julle verloof is ook op ’n meer besadigde manier wil aankondig. Neem ’n foto van julle hande, met die hand waaraan die verloofring pryk heel bo. Deel dit dan op WhatsApp of sosiale media. ’n Mooi foto van julle en die nuus onderaan, kan ook werk.

IN DIE OOMBLIK
Maak die oomblik ’n bietjie meer spesiaal deur ’n fotograaf te huur wanneer jy jou meisie vra om verloof te raak. Gebruik dan foto’s van die gebeurtenis om vir almal te laat weet dat julle verloof is – sulke emosionele, in-die-oomblik-foto’s is gewoonlik baie treffend.

verloof_2

WEES KREATIEF
Maak ’n oulike rympie op om aan te kondig dat julle verloof is. Wees kreatief en speel met woorde en prentjies. Jy kan byvoorbeeld ’n strokiesprentjie van ’n vroutjie vat wat ’n hartjie vashou en dan kan die onderskrif sê: “My hart behoort nou aan jou”. Baie mense doen hierdie soort aankondiging vir hulle swangerskappe, maar dit kan net so oulik wees om verlowings aan te kondig.

SIT DIT OP KAMERA
Daar is soveel heerlike platvorms waarop nuus dat julle verloof is gedeel kan word. Maak ’n kort video en laai dit op Instagram (deur middel van SnapChat, YouTube of Vimeo) of stuur dit per e-pos aan. Dit kan baie pret wees en is ook meer persoonlik.

SPEL DIT UIT
Trek die Krabbelbord nader en spel ’n boodskap uit, met die ring wat een van die letters vervang. Neem dit af en deel dit met al jou kontakte.

Om verlief en verloof te wees is heerlik en dit is net so lekker om hierdie geluk met almal te deel. Wees kreatief en maak dit onvergeetlik!

Foto’s: Reference; Wedding Bells; Proposals; How He Asked; The Knot; Paper Blog

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA