Om die regte Trouring te kies, bly een van die belangrikste besluite wanneer jy jou troue beplan. Dit is iets waarmee jy vir ’n baie lang tyd moet saamleef en 2017 bruide verkies roosgoud.
Die laaste eksemplare van Troukoors tydskrif se Spesiale Uitgawe is nou op die rak by Pick ’n Pay, Checkers en sekere Clicks en Spar winkels. Koop dit sommer vandag nog voor dit finaal van die rak af verdwyn, of bestel die tydskrif saam met Die Trouboek direk by ons (teen spesiale afsalg – saam posgeld steeds goedkoper as by die winkels). Kliek hier vir meer info of om te bestel.
————————————————————————————————————————————————————–
Volgens kenners, gaan ringe, in skakerings van roosgoud, vanjaar aan al wat bruid is se ringvinger pryk. Hierdie metaal kraai reeds vanaf 2016 koning en dis nie ’n tendens wat gou gaan verflou nie.
Gewilde snitte en ontwerpe vir hierdie tipe trouring sluit in:
ROOSGOUD- EN DIAMANT-KOMBINASIES
Hierdie is ’n pragtige, moderne tipe trouring met ’n roosgoudbasis, wat gekomplementeer word deur ’n skitterende diamant. ’n Groot diamant, met kleiner stene in die basis van die ring, is baie gewild. Maar een groot steen, in ’n eenvoudige band, bly steeds die gewildste.
ROOSGOUDVERTAKKINGS
Ontwerpe met vertakkings en patrone is ook gewild. Dit word gekombineer met skitterende stene.
SPIRAALONTWERPE
In plaas van een groot steen, verkies party bruide deesdae ’n trouring met ’n spiraal van klein stene.
RINGE MET GEVORMDE STENE
Nie net is die trouring met die vierkantige steen nogal gewild nie, maar bruide gaan ook vir stene met ander vorms soos ’n hartjie.
ROOSGOUD EN DONKER STENE
Roosgoud, gekombineer met geel of pienk stene, is ook ’n wenner onder die bruide van 2017. Morganite is veral nou gewild. Dit word dikwels met diamante of selfs pêrels gekombineer. Laasgenoemde is ideaal vir die vintage bruid.
Ons het op Pinterest gaan loer hoe die gewildste roosgoudontwerpe vir 2017 lyk. Ons raad is – kies vir jou ’n trouring waarvan jy altyd sal hou.
Foto’s: Pinterest