Katvriendelike troues is deesdae baie gewild, omdat diere vir baie mense deel is van die gesin. Hier is raad as jy graag jou pelsjaskind wil insluit.

SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R80.00 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskode

————————————————————————————————————————————————————

Katvriendelike troues (en ons bedoel nie die soort waar die vroue nie regtig van mekaar hou nie en eintlik mekaar se oë wil uitkrap nie) is nie onmoontlik nie. Alhoewel hierdie troeteldiere kom met skerp naels en ander komplikasies, kan jy met goeie beplanning rondom dit werk.

HOU JOU KAT AAN ’N LEIBAND
Jou kat kan beslis saam met jou in die paadjie afstap en selfs die hofknapie wees, maar katvriendelike troues vereis wel ’n bietjie meer beheer. Omdat katte senuweeagtig raak tussen baie mense en in vreemde situasies, kan Fluffy dalk net wil weghardloop in plaas van stap. ’n Leiband sal jou help om die situasie te verhoed.

MAAK SEKER JY VOORSIEN KOS
Daar is niks wat ’n kat se senuwees so laat bedaar soos ’n bakkie van sy gunstelingkos nie. Hill’s Pet Nutrition gee juis hierdie maand ontwerpersporseleinbakkies weg saam met hulle katkos by uitgesoekte veeartse en veeartswinkels, wat perfek sal werk vir die geleentheid. Onthou, katvriendelike troues vereis katvriendelike beplanning.

KRY ’N KATOPPASSER
Nadat al die mooi foto’s geneem is en die formaliteite afgehandel is, sal jou viervoetkind heel moontlik – nes enige ander kind – gedaan wees. Stel iemand in die gevolg aan om jou kat op te pas vir die dag en hom in die bed te gaan sit, wanneer die dag te lank geword het. Maak seker dat daar ’n veilige plekkie is waar hy kan gaan slaap. As die persoon ook gereeld gaan inloer, weet jy dat jou kat veilig is en kan jy jou troue geniet.

3 redes hoekom katvriendelike troues oulik is:
1. Katte kan pragtige troufoto’s maak, wat almal wat daarna kyk se harte sal laat vermurwe.
2. Hierdie diere het ’n kalmerende invloed op die mense rondom hulle.
3. Jy hoef nie bekommerd te wees oor of jou katkind gelukkig en versorg is nie, want hy is deel van jou mooiste dag. Een minder ding om oor te stres.

Moenie dat enigiemand vir jou vertel dat katvriendelike troues nie ’n opsie is nie. Dis julle dag en jul is geregtig daarop om dit met al julle geliefdes te deel.

WEN!


3 gelukkige lesers kan elkeen ’n snorbaardvriendelike porselein #HillsKittyBowl + ’n sak Hill’s-katkos wen vir hulle katvriendelike troues.

Al wat jy moet doen om in te skryf, is:
1. LIKE en DEEL hierdie inskrywing op Facebook;
2. LIKE Hill’s Pet Nutrition se blad; en
3. Tik #HillsKittyBowl in die kommentaarblokkie onderaan die inskrywing.

Die wenners sal die eerste Maandag na die kompetisie aangewys word.

Foto’s: Weddings in Athens & Hill’s

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA