’n Troudagnoodhulpkissie kan tot jou redding kom wanneer jy dit die minste verwag. Dit is beter om voorbereid te wees as spyt. Hier is wat joune moet inhê…
Bestel Die Trouboek + Troukoors Tydskrif teen die spesiale prys hieronder:
Daar is slegs 50 eksemplare van Troukoors se Spesiale Uitgawe, van verlede jaar, by ons kantoor oor.
Kliek hier om meer uit te vind oor Die Trouboek en Troukoors tydskrif se Spesiale Uitgawe.
Bestel Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).
STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)
STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:
- Bewys van betaling
- Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
- Jou naam en van
- Jou selfoonnommer
- Jou posbus adres
- Jou poskodePakkies word met geregistreerde pos deur die Suid-Afrikaanse poskantoor gestuur.
———————————————————————————————————————————
Alhoewel elke bruid daarvan droom om die perfekte troudag te hê, loop dinge soms skeef. Daarom is dit belangrik om voorsiening te maak vir krisisse deur middel van ’n troudagnoodhulpkissie, wat onder die strooimeisie se bekwame toesig gelaat kan word.
Hier is wat so ’n troudagnoodhulpkissie tipies sou bevat, maar jy kan dit aanvul as jy aan nog items dink:
* Jou toespraaknotas, vir ingeval jy jou woorde vergeet.
* Naald en garing – want jy weet nooit wanneer jou rok lostrek of ’n knopie afval nie.
* ’n Tweezer is seker die handigste item wat jy in jou troudagnoodhulpkissie kan hê. Dit kan help met alles… van ’n verdwaalde ooghaar tot om servetringe toe te buig.
* Watte en oorstokkies om grimering reg te dokter na die emosies van die seremonie.
* Snesies is nodig om al die troutrane op te droog. Vat genoeg saam vir jou en jou ma!
* Deursigtige naellak as jou nael dalk afdop of een van die kristalle op jou skoene of oorbelle loskom.
* Naelvyltjie vir as jou nael breek en jy dit moet netjies maak.
* Lipstiffie is ’n moet vir jou troudagnoodhulpkissie, want dis ’n dag van baie soene en jy wil altyd op jou beste lyk.
* Haarsproei om daardie lastige lok in plek te hou.
* Parfuum om jou heeldag te laat ruik soos die prinses wat jy is.
* Gom is altyd nodig op die onmoontlikste tye. Maak seker jy kan plak as dit nodig is op jou mooiste dag.
* ’n Skêr, want geen troudagnoodhulpkissie is volledig sonder iets om mee te sny nie.
* Peuselstafies om jou bloedsuikervlakke reg te hou.
* Vefrissende gesigsproei is ideaal vir wanneer jy begin warm kry van al die inspanning.
* Hoofpynpille vir wanneer die dag te lank raak.
* Pleisters vir jou strooimeisie wat per ongeluk haar toon oopstamp.
* Tandevlos vir wanneer iets in jou tande agterbly na ontbyt.
* Peppermint-suiglekkertjies (nie kougom nie) om jou asem vars en jou mond vogtig te hou.
* Haarknippies vir as jou kapsel loskom.
* Naarpilletjies vir as die stres te veel aan die maagwande kou.
* Strooitjies vir as jy dors word nadat jy reeds grimering aan het.
Maak seker dat jou troudagnoodhulptassie toegerus is met alles wat jy sal, of moontlik kan, nodig kry. Dit sal help dat jy jou spesiale dag met ’n baie rustiger hart sal kan tegemoet kan gaan. Dit maak nie saak hoe deeglik jy beplan nie, dinge loop soms verkeerd. As jy voorbereid is daarvoor, sal enige struikelblokke sommer in ’n japtrap opgelos kan word.
SOEK JY IETS OM JOU GASTE MEE TE VERMAAK BY JOU TROUE?