’n Vars asem en gesonde tande is noodsaaklik op jou troudag. September is Nasionale Mondsorgmaand en Minette Badenhorst deel hoe jy kan seker maak dat jou glimlag pragtig vertoon op kamera.
Jou troudag gaan gewoonlik gepaard met duisende foto’s en elke bruid wil daardie perfekte gesonde glimlag en vars asem hê om hierdie geleentheid nog meer perfek te maak. Baie bruide is dalk selfbewus om tande te wys op hulle foto’s, omdat hulle bekommerd is hoe dit gaan vertoon. Gelukkig is daar ’n paar goed wat jy voor die troue kan doen om mooi tande en ’n vars asem te verseker.
DIEET
Gesonde peuselhappies, soos appels, wortels of seldery is amper net so effektief soos om tande te borsel. Rou vrugte en groente is vol vesel en natuurlike skuurmiddels, wat help om jou tande skoon te maak. Probeer om voor jou troue donker vloeistowwe en kosse, soos rooiwyn en kerrie te vermy, asook kosse wat baie taai is. Eet eerder vars en natuurlike kosse wat nie jou tande sal vlek nie. Drink baie water na ete en spoel jou mond goed uit om ontslae te raak van natuurlike suikers en sure om ’n vars asem te verseker.
MONDSORGPRODUKTE EN -ROETINE
Die regte mondsorgprodukte en -roetine is baie belangrik om jou tande gesond te hou. Ivohealth se Sunstar G.U.M® is ʼn internasionale handelsmerk wat innoverende mondsorgprodukte vervaardig. Hierdie produkte voorkoms tandvleissiekte en sal help om ’n vars asem en gesonde glimlag te verseker.
Die produkreeks het ’n driestap-aksieplan om die beste resultate te verseker:
STAP 1: BORSEL
Wanneer jy jou tande net gewoonweg borsel, word slegs 50% van die plaak uit jou mond verwyder. Daarom het Sunstar G.U.M® ’n reeks doelgemaakte tandeborsels om hierdie proses te verbeter en by jou behoeftes te pas. Daar is ook verskeie tandepasta-opsies beskikbaar, soos Original White Toothpaste, wat nie net ’n vars asem sal verseker nie, maar ook jou tande gesond sal laat vertoon op jou troufoto’s omdat dit vlekke verwyder en jou tandvleis gesond sal hou.
STAP 2: VLOS
Vanjaar is vlos die hooffokus van Mondsorgmaand, omdat dit so ’n noodsaaklike deel van enige mondsorgroetine is. As jy behoorlik borsel en vlos, kan jy nie net uitsien na ’n vars asem op jou troudag nie, maar kan jy ook help om jou hart gesond te hou. Sunstar G.U.M® het ’n baie oulike reeks vlosprodukte beskikbaar.
Soft Picks
Dit is weggooibare stokkies, met sagte rubberhaartjies, wat die tandvleis saggies masseer en stimuleer. Dit kom met ʼn gerieflike reissakkie en is dus perfek vir die on-the-go-bruid.
Expanding Floss
Dit is sagter op die tandvleis en maklik om tussen tande in te kry, selfs tussen die nouste tandgapings. Die vlos swel tydens gebruik om meer tandoppervlakte skoon te maak. Dit is ideaal vir iemand met sensitiewe tande of tandvleise.
Trav-ler
Die Trav-ler is ʼn eenvoudige borsel, wat maklik is om te gebruik om plaak te verwyder in die areas waar jou tandeborsel dit nie kan bykom nie. Dit is ook ʼn gewilde en effektiewe alternatief vir vlos.
STAP 3: PERSOONLIKE SORG
Sunstar G.U.M® het ʼn verskeidenheid spesiale mondsorgprodukte wat sal pas by jou persoonlike behoeftes, soos die dubbelaksie-tongskoonmaker. Die tongskoonmaker help om plaak, kosstukkies en dooie selle van jou tong te verwyder, sodat jy elke dag met ’n vars asem kan spog.
Gaan loer op Sunstar G.U.M® se webblad vir meer inligting oor die produkte.
Maak seker dat jou tande gesond is voor jou groot dag en dat jy die perfekte glimlag en ’n vars asem het, deur gesond te eet en die regte mond produkte te gebruik wat jou pas.
WEN, WEN, WEN!
VYF gelukkige lesers staan ’n kans om met ’n vars asem spog by hulle volgende funksie.
Skryf so in en jy kan een van vyf Sunstar G.U.M®-mondsorggeskenkpakke wen ter waarde van R540:
LIKE Ivohealth se blad op Facebook;
LIKE en DEEL hierdie inskrywing met jou vriende; en
Tik #FlossLikeABoss in die kommentaarblokkie.
Die kompetisie sluit op 14 September 2017 en die wenner sal op 15 September 2017 deur die borg aangewys word. Skermgrepe moet gelewer word om as wenner te kwalifiseer.
Foto’s: Verskaf