Troeteldiere is deesdae gereeld eregaste op diereliefhebbers en viervoetouers se troues. Maar hoe gaan jy te werk om dit te laat realiseer? Lees verder om uit te vind…
Troeteldiere is vir mense baie belangrik en sommige paartjies voel dat hulle graag ook hulle viervoetfamilielid wil deel maak van hulle groot dag. Hier is ’n paar goed wat jy in gedagte moet hou, as Wagter by jou troue gaan wees:
Venue: Is jou venue troeteldiervriendelik en het jy hulle in kennis gestel dat jou troeteldier gaan deel was van die gevolg? Indien wel, wat is die reëls wat troeteldiere aanbetref?
Pamperlang: Nes jy, moet Wagter ook op sy beste lyk, ruik en voel op die dag. Gesels met jou hondesalon oor wanneer die beste tyd is om jou dier te laat mooimaak en ook wat hulle aanbeveel vir troeteldiere wat troues gaan bywoon.
Beplanning: Hoe gaan jou dier by die troue kom en weer terug by die huis? Wie gaan verantwoordelik wees om na hom om te sien op die dag?
Opleiding: Troeteldiere kan baie oulike dinge doen, as jy hulle reg leer. Dit is ook baie makliker om met ’n gedissiplineerde dier te werk. Maak ’n afspraak by die hondeskool of dieregedragskundige om vir jou ’n program uit te werk sodat jou dier gehoorsaam is op die dag… en nie teen die preekstoel beenlig nie.
Kos: Moenie vir jou dier iets gee om te eet voor die seremonie nie, jy wil nie slegte reuke of kwyl deel maak van jou troudag nie.
MAAK TROETELDIERE OP ’N ANDER MANIER BETROKKE…
Krap jy kop oor hoe om die kleinspan besig te hou op jou troudag? Maak dan ’n fliekgeleentheid daarvan. ’n Televisie, DVD-speler, ’n paar lekker piekniekkomberse en die fraaiste springmielieboksies met elkeen se naam op, kan hulle vir ure vermaak. Wys gerus vir hulle die tekenprent, The Secret Life of Pets, wat nie net vrolik is nie maar alle ouderdomme se aandag sal trek. Dis ook iets oulik om te bêre vir julle eie kleinding eendag. Nou beskikbaar by jou naaste Musica.
Die splinternuwe uitgawe van Troukoors, wat nou op die rak is, bevat nie net oulike raad oor hoe troeteldiere kan deel maak van jou mooiste dag nie, maar vyf gelukkige lesers staan ook die kans om Hill’s-geskenkpakke te wen. Kyk op bladsy 70 om te sien hoe jy kan inskryf.
Foto: Kristen Castillo
WEN WEN WEN!
Vyf gelukkige lesers staan elk ’n kans om ’n wonderlike prys van Hill’s Pet Nutrition, ter waarde van R1 000, te wen!
HOE OM IN TE SKRYF:
– LIKE Hill’s Pet Nutrition se blad op Facebook;
– LIKE Troukoors se blad op Facebook;
– LIKE en SHARE hierdie kompetisie op Facebook – Kliek op Photos en soek die foto hieronder…
Moenie die hele Kompetisie-Album like en share nie, maar slegs die FOTO van die kompetisie waarvoor jy inskryf.
– Tik in die kommentaarblokkie op Facebook of jy ’n hond of ’n kat het, gevolg deur #TroukoorsTroeteldierKompe
HONDPRYS:
’n Lazy Pillow-bed ♥ 3kg-sak Hill’s Science Plan Canine
♥ 6 blikkies Canine Stew
KATPRYS:
’n Snuggle Pillow-bed ♥ 5kg-sak Hill’s Science Plan Feline
♥ 12 blikkies Feline Stew
Kliek hieronder vir die terme en voorwaardes op ons webblad: http://