Grimeringverwyderaar is ’n noodsaaklike item vir enige vrou se grimeersakkie – veral vir ’n bruid wat stralend en wil lyk op haar wittebrood. Minette Badenhorst vertel meer oor ’n nuwe produk, wat die lewe sommer baie makliker maak.

Die nommer een skoonheidswenk wat enige model of aktrise altyd gee, is dat jy ’n goeie grimeringverwyderaar moet hê, omdat dit sleg is om met grimering aan te gaan slaap – selfs al is jy doodmoeg soos op die aand van jou troue.

Daar is tans ’n splinternuwe grimeringverwyderaar op die mark, wat sommer vinnig en maklik werk… sodat die nie ’n lang en uitgerekte proses hoef te wees nie. Ons het meer gaan uitvind oor hierdie juweel.

Die Original Makeup Eraser® is deesdae op almal se lippe. Dit is ʼn grimeringverwyderaar en werk vinnig en maklik.

WAT IS DIE ORIGINAL MAKEUP ERASER®?
Dit is ’n grimeringverwyderaar wat gemaak is van ʼn spesiaal gebreide mikrovesel wat baie fyner is as ʼn mens se haar. Wanneer die lappie nat is, vorm dit ʼn hidro-meganieseproses wat die oppervlakspanning breek van die olie wat grimering aan die vel heg.

WAT DOEN DIT PRESIES?
Verwyder jou smeerbestande, waterdigte grimering en maskara met die Original Makeup Eraser®. Dit bevat geen chemikalieë en dit verwyder alle tipe grimering. Elke lappie hou vir ʼn 1 000 wasse en jy hoef dit net met warm water nat te maak en dan is dit reg om te gebruik. Hierdie grimeringverwyderaar raak ontslae van moeilike grimering, sonder om enigiets op die vel agter te laat – slegs ʼn vars en gesonde gevoel.

WAT MOET LESERS NOG WEET OOR HIERDIE GRIMERINGVERWYDERAAR?
Die Original Make-up Eraser® kan in die wasmasjien gewas word. Die prys per lappie is R300. Gaan loer gerus na hulle Facebook-blad en lees al die terugvoer en opmerkings.

Hierdie grimerinverwyderaar is nie net die ideale ding vir elke bruid se grimeersakkie en wittebroodtassie nie, maar is ook die perfekte geskenkie vir jou bruidsmeisies, skoonma of vriendin.

Foto: Beauty Bridge en verskaf

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA