’n Troue op ’n weeksdag kan baie voordele inhou, al kan almal dit nie noodwendig bywoon nie. Lees verder om meer hieroor uit te vind.

Daar is deesdae baie paartjies wat op ’n weeksdag troue hou. Die rede hiervoor is heel moontlik omdat daar so baie voordele is. Hier is ’n paar:

DIS OPWINDEND EN ANDERS
Almal is gewoond aan troue hou op ’n Saterdag. Deur dit op ’n ander dag te hou, breek jy die patroon en kan jy gaste iets gee om na uit te sien… veral as jy lank genoeg voor die tyd kans gee, sodat hulle verlof kan insit.

DIS GOEDKOPER
Baie venues se fooie is 50% goedkoper op weeksdae as oor naweke. Dis ’n wonderlike manier om ’n pragtige troue te hê, teen ’n bekostigbare prys.

ENIGE DATUM KAN WERK
Partykeer werk Saterdae net nie saam met spesiale datums nie. Miskien wil julle trou op dieselfde datum as wat julle ontmoet het of op iemand se verjaardag. Weeksdae maak enige datum moontlik vir jou troue.

JY KAN DIE VENUE KRY WAT JY SOEK
Jy hoef nie vir tweede beste te gaan nie, want jy kan troue wanneer jou droomplek beskikbaar is.

DIENSVERSKAFFERS IS MEER GEREDELIK BESKIKBAAR
As jy op ’n weeksdag troue hou, is die hele span diensverskaffers wat jy graag wil hê heel moontlik beskikbaar met hulle volle aandag op jou dag.

JOU WITTEBROOD GAAN UITWERK
As julle byvoorbeeld op ’n bootreis wil gaan wat op ’n Vrydag vertrek, sal ’n Donderdagtroue maak dat al julle planne perfek uitwerk. Jy gaan boonop ook minder verlof hoef te neem as jou troue op ’n naweek begin.

JOU TROUE KAN HEEL NAWEEK HOU
As julle op ’n Vrydag trou, kan julle en julle gaste nog die volgende dag kuier en ook rustig oor die naweek herstel.

Moenie bang wees om in die week troue te hou nie. Dit kan regtig baie voordelig wees.

Foto: After Yes Weddings

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA