Jou wittebrood moet onvergeetlik wees, daarom is dit belangrik om die regte bestemming te kies. Minette Badenhorst het by Clouds End Boutique Guest House & Spa gaan uitvind wat jy ingedagte moet hou wanneer jy kies.
Waar die wittebrood gehou gaan word, is vir die meeste paartjies baie belangrik en kan in ʼn reuse taak ontaard om daardie spesiale plekkie uit te soek. Clouds End Boutique Guest House & Spa, geleë tussen George en Mosselbaai op die Tuinroete, verklap hoekom hierdie area van die land ideaal sal wees vir jou wittebrood.
HOE KIES JY WAAR JY GAAN WITTEBROOD HOU?
“Vra vir jouself die volgende vrae om jou te help om die perfekte plek te kies:
Wat is ons droombestemming?
Hoeveel kan julle spandeer?
Hoeveel tyd kan julle afvat om wittebrood te hou?
Watter tyd van die jaar gaan julle wittebrood hou?
Watter tipe wittebrood wil julle graag hê?”
HOEKOM IS DIE TUINROETE ’N GOEIE PLEK OM PLAASLIK WITTEBROOD TE HOU?
“Hierdie omgewing is nie net skilderagtig nie, maar daar is ook ʼn oorvloed van aktiwiteite vir avontuurlustiges, families, vakansiegangers en natuurlik iets romanties vir paartjies op wittebrood of sommer net vir daardie wegbreeknaweek.”
WANNEER IS DIE BESTE TYD VIR ’N SUID-AFRIKAANSE WITTEBROOD?
“Soos skrywer Louis Leipoldt voorspel in sy bekende gedig, Mooiste Mooiste Maand, is Oktober die beste maand vir trou en wittebrood hou. Die Tuinroete bied natuurlik oor ʼn aantal ander maande ʼn onuitspreeklike skoonheid gepaard met mooi weerstoestande en pragtige plantegroei. Van Januarie tot laat April sal natuurlik die ideale tyd wees, maar as dit meteorologiese perfeksie is wat jy najaag, bied Januarie en Februarie die gunstigste weertoestande tesame met al die klein seisoenale geriewe.”
WATTER PLEKKE MOET PAARTJIES OORWEEG VIR HULLE WITTEBROOD?
“As jy van plan is om jou wittebrood in Suid-Afrika te spandeer, kan daar ongetwyfeld geen beter plek wees as die Tuinroete nie. Bestemmings soos Tsitsikamma, Plettenbergbaai, Knysna en Sedgefield, asook Wilderness, Groot Brakrivier en Mosselbaai, is nie net pragtig nie, maar daar is ook oorde en gastehuise wat spesifiek voorsiening maak vir troues en enigiets daarna. Dit bied ook ʼn wye verskeidenheid pakkette aan vir elke hart en sak.”
WATTER AKTIWITEITE IS DAAR VIR PASGETROUDES IN JULLE AREA?
“Sodra die pasgetroudes gevestig is in hul wittebroodsnes, en ’n begeerte voel om die wêreld om hulle te verken, sal hulle bederf wees met opsies wat wissel van staproetes, uiteetplekkies en ander verkenningsgeleenthede. Daar is baie aktiwiteite wat aangebied word om die avontuurlustige se dors te les, maar ook om diegene wat net wil ontspan op hulle wittebrood te vermaak. Die Tuinroete bied ʼn paar van die beste restaurante in die wêreld waarvan The Girls in Wilderness wêreldbekroond is en Serendipity Restaurant, wat in 2017 as Beste Luukse Restaurant in die Wêreld gekroon is, waarskynlik die beste is vir alle romantiese uitstappies. Maar daar is letterlik honderde goeie restaurante om van te kies, so ver as Mosselbaai tot by Knysna. Ons wêreldbekende strande is ook ʼn trots, terwyl die beeldskone sonsondergange en die mistieke klanke van die Indiese Oseaan ʼn gevoel van ontspanning op jou wittebrood sal bied. Daar is pragtige en veilige staproetes in die Outeniquaberge, Swartberg en natuurlik die Tsitsikamma Nasionale Park wat die wittebroodervaring vir enige nuwe egpaar sal inkleur. Natuurlik weet ons almal hoe belangrik die koopkoors kan wees en ook hier kan die Tuinroete akkommodeer. George, net 40km van Mosselbaai in die suide, en Knysna in die ooste, spog met groot winkelsentrums vir die veeleisende koper en unieke winkeltjies vir die curio-jagter. As dit jou ding is, moet jy nie die para-gliding, valskermspring, haaihokduik, walviskyk, wrakduik mis nie, om net ʼn paar te noem.”
WAT MAAK VAN CLOUDS END DIE IDEALE WITTEBROODBESTEMMING?
“Clouds End Boutique Guest House & Spa is ʼn luukse gastehuis met twaalf en-suite kamers, gerieflik weggesteek tussen George en Mosselbaai by Outeniquastrand in die pragtige dorp Groot Brak. Dit is geleë in die hartjie van die Tuinroete, een van die mooiste dele van Suid-Afrika, wat nie net ʼn skouspelagtige omgewing bied nie, maar ook gasvryheid wat aan die gees van die Kaap en sy mense voldoen. Ons bied spesiale tariewe vir die verblyf en venue en sal help met die reël van die beste spyseniering wat nodig is. Ons pakkette word afsonderlik aangepas om alle behoeftes te akkommodeer. Ons wittebrood-suite is toegerus met ʼn privaatbalkon wat oor die seeuitsig, asook ʼn stort en ʼn hoekbad. Die bed is ʼn koningsgrootte in ʼn outydse Victoriaanse styl. Daar is ook ʼn L-vormige bank in die kamer. Alles is in smaakvolle romantiese rooi en wit kleure versier om die reinheid en liefde uit te beeld. Vir daardie ekstra romanse versier ons die bed met roosblare en gee ʼn gratis bottel sjampanje.”
WAT BIED CLOUDS END NOG?
* Luukse verblyf;
* Heerlike Spa-pakkette;
* Konferensiefasiliteite vir sowat 32 mense; en
* Intieme elegante tuintroues met verskeie spysenieringsopsies.
Besoek hulle webblad of Facebook-blad vir meer inligting. Jy kan hulle ook e-pos by cloudsendguesthouse@gmail.com.
’n Wittebrood in Suid-Afrika kan net so idillies wees, veral as jy die Tuinroete oorweeg.
BESPREEK EN SPAAR!
Troukoors-lesers kan 10% afslag kry as hulle gedurende 2018 by Clouds End Boutique Guest House & Spa bespreek en ʼn deposito betaal. Gebruik Troukoors-bespreking in die onderwerpreël wanneer jy bespreek om hiervoor te kwalifiseer.
WEN, WEN, WEN, WEN!
EEN gelukkige paartjie kan twee aande wen by Clouds End Boutique Guest House & Spa. Wat jy moet doen om in te skryf:
* LIKE Clouds End Boutique Guest House & Spa se blad op Facebook;
* LIKE en deel hierdie inskrywing op jou tydlyn; en
* Deel ‘n paartjie-selfie van jou en jou geliefde met die hutsmerk #cloudsendguesthouse2018 in die kommentaarblokkie onderaan.
Die kompetisie sluit op 26 Februarie 2018 en die wenner sal op 28 Februarie 2018 aangekondig word.
Die wenpaar sal deur die verskaffer gekies word. Prys onderhewig aan beskikbaarheid. Alle stappe moet gevolg word vir jou inskrywing om geldig te wees. Terme en voorwaardes geld.
Die wenpaar sal verantwoordelik wees vir hulle eie vervoer na en van die gastehuis.
Hooffoto: Tours Package