Michelle Marx se enkelsnit, DAYMOON, is beslis iets wat jy wil deel maak van jou mooiste dag. Vandag stel ons haar musiekvideo eerste eksklusief met julle!

Michelle Marx se hoendervleismooi kontemporêre ballade, DAYMOON, is vroeg in Junie 2018 aan radiostasies landswyd uitgereik en die musiekvideo is ook nou pas bekendgestel! Die video vertel ’n hartroerende verhaal wat DAYMOON se lirieke perfek weerspieёl. “Die liefde kan ingewikkeld raak wanneer ’n mens die heeltyd meer verwag as wat voor jou is… Dit is ook nie eintlik iets wat ’n mens met jou oë kan sien nie, maar ’n hartsproses wat tyd gegun moet word om – soos ’n brose plantjie – te groei en te ontwikkel soos wat dit water, aandag en tyd kry. DAYMOON is ’n gedig, uit my eie pen, wat juis gebore is uit my frustrasie oor iets wat so mooi kon wees as die ander persoon net wou stilstaan, tyd spandeer, die hier en nou kon geniet vir wat dit was en ook die liefde tyd wou gee om tot volle potensiaal te ontwikkel,” sê sy.

Klik hier om dit te kyk!

Hierdie musikant se musiek praat met die siel en dit is iets heeltemal vars en anders in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.  DAYMOON is haar eerste enkelsnit uit haar eie pen en is een van daardie liedjies wat jy oor-en-oor sal wil luister. Michelle Marx se musiek is diep en haar lirieke is eintlik gedigte.  Hierdie liedjie is gebore uit haar frustrasie oor iets wat so mooi kon wees, maar ongelukkig nooit tot volle potensiaal ontwikkel het nie.

Die video is vervaardig deur Luther van der Watt van AVC Studios en in die Atterbury Teater verfilm.

Omdat Michelle Marx self inspirasie put uit die emosie wat in sekere musiek opgesluit is, wil sy graag ook daardie tipe boodskap met betekenisvolle lirieke aan luisteraars oordra. Ek wil hê mense moet my werk geniet en ek weet dat dit iets diep in almal se hart kan raak,” sê sy.

Hierdie sangeres bring ’n unieke Jazz-klank na die Suid-Afrikaanse musiekmark en sal beslis ’n treffer wees as musiek-vir-die-agtergrond by troues.

Koop Michelle Marx se enkelsnit nou hier:

https://itunes.apple.com/us/album/daymoon-single/1395678906

https://www.amazon.com/dp/B07DKB1GTM

https://play.google.com/store/music/album?id=Bkrubcjnmxq2uqmbxkrhf2jtloa

Volg haar op Facebook of YouTube vir meer inligting oor optredes en nuwe musiek!

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA