’n Middagtroue kan lekker gesellig wees en jou venue eintlik meer komplementeer as wat jy sou dink. Ourief se span gee vir Minette Badenhorst raad oor hoe om seker te maak jy kry die beste uit jou middagtroue uit.

Ourief is ʼn unieke plattelandse venue wat net buitekant Potchefstroom geleë is. Dit is die perfekte plek vir ʼn middagtroue. Liesl Fourie en haar span gesels oor hulle venue en deel ook ’n paar wenke oor middagtroues.

VERTEL ONS BIETJIE MEER VAN OURIEF?
“By Ourief is elke troue uniek. Elke bruid het van klein tyd af al ʼn prentjie in haar kop oor hoe haar ideale dag moet lyk. Ons probeer om dit vir haar ʼn realiteit maak. Ons spesialiseer in een troue per naweek, vanaf die kos tot waar ek die kapel se deure vir die bruid oopmaak en is deur die hele proses persoonlik betrokke om te verseker dat elke oomblik perfek verloop.”

WAT MAAK JULLE IDEAAL VIR ’N MIDDAGTROUE?
“Die feit dat ons ingerig is vir intieme troues en funksies, saam met ons beeldskone landskapuitsig, maak ons ideaal vir middagtroues.”

WATTER ELEMENTE MAAK ’N VENUE GESKIK VIR ’N MIDDAGTROUE?
“Middagtroues het minder dekor nodig en het ʼn ligter atmosfeer, daarom is uitsigte en mooi geboue ’n pluspunt.”

HOE VERSKIL ’N AANDTROUE VAN ’N MIDDAGTROUE?
“Dagtroues het ʼn ligter, amper spelerige atmosfeer waar aandtroues meer dromerig en intiem kan wees.”

WAT IS DIE VOOR- EN NADELE VAN ’N MIDDAGTROUE?
“Soos genoem kan dagtroues ligter van aard wees, rustiger en meer sosiaal. Die nadeel is dit mag dalk nie so dromerig wees soos ʼn aandtroue met baie liggies en kerse nie.”

HET JY OULIKE WENKE VIR MIDDAGTROUES?
“Kies jou seisoen. In die somer kan ʼn middagtroue vreeslik warm raak. Dit is meer ideaal vir winter, herfs en lente.”

ENIGE ANDER WENKE OF INLIGTING WAT JY DINK BRUIDE MOET WEET WANNEER HULLE ’N MIDDAGTROUE BEPLAN?
“Maak seker julle het die tydsaspek reg beplan vir ʼn oggend- of middagtroue. Kyk of julle die blomme en dekor klaar kan doen die dag voor die tyd as dit ʼn oggendtroue is. By ons verkies ons om net een troue per naweek te doen. Dit stel ons in staat om die dag voor die tyd alles voor te berei en sodoende, verlig ons die spanning vir die bruid.”

RAAD VIR BRUIDE WAT ’N VENUE SOEK?
“Moet nie dadelik net vaskyk in die venue se fooi nie, vind eers uit wat alles ingesluit is, soos tafels, stoele, eetgerei en dekor. Baiekeer sal dit ʼn goedkoop venue-fooi wees maar as jy weer sien moet jy alles in huur wat dit aan die einde van die dag nie meer ʼn winskoop maak nie. Probeer ook soek vir ʼn plekkie wat jou soveel as moontlik help met alles, want die kliënte wil tog nie tot watter tyd in die nag staan en werk om alles klaar te kry nie. ʼn Goeie nagrus voor die troue is noodsaaklik vir die bruid en almal betrokke. Ourief bied die beste van die bogenoemde. Dit bied optimale waarde en die beste ervaring wat almal kan koester in die toekoms.”

Gaan besoek gerus hulle webwerf en kontak vir Liesl en haar span vir ʼn besonderse trouvenue asook puik diens. Hulle is ingerig vir ’n oggend-, aand of middagtroue, en dus kan jy jou sprokiestroue ʼn realitieit maak.

Foto: Ben Viljoen Photography

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA