Die nuwe trouseisoen is hier en elke seisoen bring jaarliks iets nuuts na die tafel toe. Diep in die Berg vertel vir An-Sophie Lourens wat ons kan verwag.
Diep in die Berg is ʼn uitstekende venue vir verskeie funksies, waarvan troues heel bo-aan hulle lys is. Diep in die Berg se koördineerder, Danica Swart, gee vir ons meer insig oor wat om die trouseisoen te verwag.
TENDENSE UIT DIE VORIGE TROUSEISOEN WAT OORGEDRA GAAN WORD…
• #hutsmerke: Troupaartjies dink aan kreatiewe hutsmerke om hulle troue meer uniek te maak en ook om hul foto’s makliker op sosiale platforms te koördineer.
• Kaal troukoeke: Troukoeke word slegs liggies bedek met botterroom, wat steeds die koek sigbaar maak en dan verder versier met blomme, vrugte of groenigheid.
• Swartborde, laser- of houtborde en spieëls, wat gebruik word vir welkomborde, is ʼn tendens wat nooit uit die mode uit sal gaan nie.
NUWE TENDENSE OM NA UIT TE SIEN HIERDIE TROUSEISOEN…
• Die gebruik van botaniese tuine en potplante, welige blinkblaar rangskikkings en potplante word gebruik as dekor.
• Industriële styl troulokaal soos ʼn industriële loft, museums en beskutte dakke word al hoe meer gewild om by te trou.
• Mobiele en kreatiewe kroë is nou ʼn baie gewilde tendens. Stasies met mikrobier, fynproewer gin en sjampanje sorg vir baie vermaak en pret!
• Oliebolmure en laat aand versnapperings waarna gaste kan uitsien. Ook doen-dit-self-nageregstasies, byvoorbeeld, waar jy jou eie vulsel kies vir pannekoek en wafels.
• Neon-tekens is die gonswoord vir troudekor. Dit skep ʼn eklektiese gevoel en kan ʼn slagspreuk, hutsmerk of die paartjie se naam wees.
• Geen tafelplasings nie. Die gaste kan enige plek sit waar hulle wil en saam met wie hulle wil.
EIENSKAPPE VAN LENTE EN SOMER OM JOU TROUE MOOIER TE MAAK HIERDIE TROUSEISOEN…
• Lente geïnspireerde troukoek: Blomtema koeke met 3-D blomme, vars blomme, vrugte en pastel kleure lyk altyd amper te mooi om te wil eet!
• Eenvoudige, tog beeldskone middelpunte: Eenvoudige blommeranskikking soos gipskruid, tulpe en affodille in flesse en vase of voëlhokkies met blomme en kerse skree sommer net lente en somer!
• Kreatiewe tafelplanne: Vertoon jou tafelplan in ʼn ongewone manier, byvoorbeeld, blompotte met klippies en rose, waarin stokkies gedruk is met gaste se name op.
• Vrugtemengeldrankies: ʼn Drankie vir “hom en haar” deur die troupaartjie gekies vir na die seremonie.
• ʼn Roomyskroeg: ʼn Stasie waar gaste hul eie tradisionele Sundae-roomys kan bou.
• Tuinspeletjies. Geniet die son en tuin met groot Jenga bloke en Tic-tac-toe.
• Vul groot glase met sap, vars sitrusvrugte, ys en water. Dit is nie net ʼn koste-effektiewe opsie nie, maar proe ook net so goed soos wat dit lyk!
OORGANGSTYDPERK VAN SEISOENE…
• Warm dae en koue aande… Bedien koel en verfrissende drankies in die middag en maak seker daar is ʼn kaggel of boma in die aand.
• Belê in winterbykomstighede. Hê ʼn kledingstuk byderhand vir ʼn koeler aand.
• Dit gaan alles oor tydsberekening! Pas jou fotossessie aan by die tye wanneer die son ondergaan op die spesifieke tyd in die seisoen. Dit is baie belangrik, want jy kan in ʼn oogwink jou sonsak foto mis.
• Moenie uitstel nie, bespreek vroeg! Lente en somer is trouseisoen vir ʼn rede! Maak jou venue soektog en bespreking prioriteit.
Die trouseisoen klink so opwindend, gevul met prettige en kreatiewe idees! Te danke aan Danica, van Diep in die Berg kan ons almal nou uitsien na ʼn heerlike trouseisoen wat voorlê. Vat haar raad, gebruik haar idees en geniet elke oomblik van hierdie trouseisoen.
Foto: Mother Nature Network