Maak jou eie blomme uit papier1
Blomme, voëltjies en ander items wat uit papier gemaak kan word, is deesdae ’n baie gewilde tendens vir troues en ander funksies. Met hierdie maklike stappe, kan jy sommer in ’n japtrap jou eie blommetuin uit papier vou.

Iets handgemaak is so spesiaal en persoonlik en is iets wat vir jare sal hou. Papiervoukuns is baie gewild en soos in die Ooste is daar ’n betekenis vir elke vou. So vou vir jou ma, vriendin, sussie, troue of volgende partytjie ’n paar pragtige blomme en gee dit as geskenkies vir jou gaste om huistoe te vat. Dit het meer betekenis as wat jy dink.

Anika van The Design Deli gee hieronder vir jou maklike stap-vir-stap wenke om die mooiste papierblomme, in verskillende kleure, te vou.

Maak jou eie blomme uit papier2

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA