5 wenke vir 'n wintervel
Dalk is jy ʼn winterbruid of wil jy die winter gebruik om jou vel reg te ruk vir jou troue in die lente. Kyk dan gerus na hierdie velsorgwenke vir bietjie hulp.

Winter is op ons en saam met dit kom allerhande uitdagings om jou vel sprankelend te hou. Eloise Coetzee, ʼn somatoloog van Chelsea Aestetic Centre, gee raad om jou vel op sy beste te laat lyk die winter.

NIE NET SLANGE MOET VERVEL NIE…
Winter is die ideale tyd om ontslae te raak van oortollige dooie selletjies wat die vel vaal en leweloos laat lyk. Jy kan ʼn sterker vorm van afskilferaar gebruik gedurende die kouer winter maande en sodoende ook nuwe selletjies stimuleer om uit te kom, vir ʼn gesonder meer rooskleurige gelaatskleur.

Gedurende die somer spandeer die meeste van ons meer tyd in die son, wat oogmerklike skade kan aanrig soos erger vlekke op die vel.

PROBEER: Environ se Intensive Revival Masque wat ʼn kombinasie van drie sure bevat om die vel chemies af te skilfer.

BESKERM JOU GOEIE VETLAAG
Jou vel word beskerm deur ʼn natuurlike lipied(vet)laag wat daar is om alles wat skadelik is uit te hou en alles wat belangrik is vir ʼn gesonde vel binne te hou. Ongelukkig word hierdie delikate balans somtyds versteur en dit kan die vel droog en sensitief laat. Dis veral belangrik om in die kouer winter maande díe beskermingslaag te help versterk.

PROBEER: Lamelle se Serra Restore Cream.

5 wenke vir 'n wintervel 2

VITAMIENE IS NIE NET VIR VERKOUES NIE
Dis baie belangrik om goeie nutriënte sowel as vog en belangrike goeie olie in en op die vel terug te sit. Aangesien die opgehoopte dooie selle reeds verwyder is sal díe belangrike bestanddele nou makliker kan penetreer. Goeie voedende olies sal sorg dat die vel nie te veel uitdroog gedurende die kouer maande nie.

PROBEER: Dermalogica se Multivitamin Masque wat propvol belangrike vitamines is en die vel goed sal voed asook Demafix se Hyaluronic Acid Serum vir effektiewe vogverskaffing.

GEE JOU VEL DIE X-FAKTOR MET ʼn SONFAKTOR
Beskerm asseblief jou vel gedurende wintermaande ook teen die son. Baie mense voel dit is nodig om sonbeskermingsroom in die winter aan te wend nie, maar dis juis dan wanneer dit net so belangrik is. Die meeste sonskade word onwetende aangerig en die son se strale, veral UVA, kan skade aanrig of dit nou winter of somer is.

PROBEER: Image se reeks sonroom en dagroom in een produkte. Daar is ʼn verskeidenhied SPF faktore om van te kies en selfs ʼn gekleurde weergawe wat dan sommer ʼn meer egalige gelaatskleur laat vir die dag.

NIE ALLES WAT KUNSMATIG IS, IS SLEG VIR JOU VEL NIE
Baie bruide wil graag ʼn mooi goudbruin velkleur op hulle troudag hê en spandeer dan ure op ʼn sonbed of in die son. Van ʼn Somatoloog te standpunt is dit ʼn absolute nee. Die skade wat die son se strale (of dit nou kunsmatig of natuurlik is) kan aanrig sluit abnormale pigmentasie, vroeër veroudering en selfs velkanker in. Daar is deesdae so ʼn fantastiese keuse van kunsmatige sonverbruiners wat ʼn baie natuurlike minder gevaarlike goudbruin vel kan voorsien.

PROBEER: FakeBake is beskikbaar in ʼn ligter of donkerder weergawe om vir jou die ideale kleurkeuse te gee.

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA