Pienk ballet-inspirasie1
Sagte pienk balletskoene, ’n kombinasie van pastelkleur rose en oulike skryfbehoeftes is gebruik om hierdie fotosessie ’n bietjie ballerina inspirasie te gee. Loer verder, miskien sien jy iets wat jy vir jou eie troue kan gebruik.

Pienk ballet-inspirasie2

Laura van Laura Jansen Photography het ’n paar van haar gunstelingdiensverskaffers gevra om haar te help om al die dinge te kombineer waarvan sy hou om ’n interessante trouatmosfeer te skep. “Ek is mal daaroor om bruide, ballerinas en perde af te neem. Gelukkig het ek al ’n hele paar troufotosessies gedoen wat perde ingesluit het… so dit was net die ballerinas wat gekort het. Toe besluit ek om troues en ballerinas te kombineer en voila – ’n Ballerina geïnspireerde troue!

TAFELDEKOR
Die blomteksture op die tafeldoek is gebruik om die vinatge en blomme gevoel te belemtoon en om bietjie tekstuur aan die fotosessie te verleen. Dit het perfek gepas by die sagte pastelkleur rose, wat lossies in silwer teepotte en –koppies rangskik is om die middelpunt van die tafel te versier. Silwer eetgerei en dowwe silwer onderborde is gebruik om die teepotte te komplementeer en die hele atmosfeer meet vintage te maak, en groen en wit borde het perfek daarby gepas en gesorg vir ’n bietjie ekstra kleur. Die troukoek is ’n mengsel van pienk, groen, room en goud en het perfek by die ballet-tema ingeskakel. Balletskoene is ook hier en daar ingewerk, met ’n ongelooflike eindresultaat. Lint is ook gebruik as ’n sagte, kreatiewe versiering.

SKRYFBEHOEFTES
Die skryfbehoeftes wat in hierdie fotosessie gebruik is, is baie interessant en het mooi by die algehele tema en kleurskema ingeskakel. Die spyskaart is aangebied in ’n ronde vorm, wat perfek in die bodem van die bord pas en soomloos by die dekor inskakel. Die skrif is elegant, maar nie oordonderend nie en die goue kleur skakel ook mooi in by die groot prentjie. Wolkievormige naamkaartjies is aan die glase vasgemaak en is eenvoudig en elegant. Die uitnodigings skakel ook baie mooi in en die skrif, kleur en bande is gebruik om die tema deur te trek.

Pienk ballet-inspirasie3

ROKKE, GRIMERING EN HARE
Wit en roomkleurige rokke met baie kant en ’n bietjie blink is gebruik om die tema te komplementeer. Krale, rose en balletskoene het die tema verder beklemtoon, terwyl sagte grimering en tipiese ballet-haarstyle die prentjie perfek afgerond het.

DIENSVERSKAFFERS
Venue, blomme en dekor: Morrells
Skryfbehoeftes: Pistachio Designs
Strooimeisierokke: Forever New
Trourokke: Olivelli Houghton
Juwele: Maeve en Morrells Vintage Shoppe
Stilering, hare en grimering: Carissa & Dedre van Image Avenue
Troukoek: Kelly Jayne
Modelle: Christina, Kirsty-Lee & Kirsty van Now Models
Fotograaf: Laura Jansen Photography
Agter-die-skerms-video: Mighy Fine Productions

Pienk ballet-inspirasie5

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA