Maak seker dat almal jou pragtige, sprakelende en liefdevolle oë raaksien op jou troudag deur dit doeltreffend te beklemtoon met die regte oogomlyntegnieke. Om dit reg te doen, het jy professionele toerusting nodig soos Real Techniques se eksklusiewe reeks borsels en kwassies.
Om oogomlyner doeltreffend aan te wend, is een van die belangrikste tegnieke wat jy kan aanleer om jou gesig af te rond op ’n spesiale dag soos jou troue. Ons almal het kenmerke op ons gesigte waarvan ons hou en waarvan ons niks hou nie. Grimering kan help om hierdie kenmerke te beklemtoon of te verbloem.
Oogomlyner kan jou oë groter of kleiner laat lyk en is gewoonlik die eerste ding wat mense raaksien wanneer hulle na jou kyk. Hier is ’n paar praktiese wenke om seker te maak dat jy die lyntjie om jou oog perfek aanwend op jou troudag:
1. Die vorm van jou oog, asook die effek wat jy wil skep gaan beïnvloed hoe jy jou oogomlyner gaan aanwend. Kyk op die kaart hieronder om te bepaal hoe jy graag wil hê jou oogomlyner moet lyk.
2. Gebruik altyd goeie gehalte grimering om te verseker dat jou oogomlyner nie in die middel van die seremonie begin loop nie.
3. Baie mense hou van vloeibare oogomlyner en ander hou van oogomlyner met ’n roombasis. Dit maak egter nie saak watter een jy verkies nie, solank jy gebruik maak van ’n goeie gehalte grimeerkwas soos een van die in Real Techniques se reeks. ’n Grimeerkwas gaan vir jou soveel beter resultate gee en jy kan daardie lyn mooi en netjies trek, waar ’n oogpotlood net nie dieselfde effek sal gee nie.
Daar is twee verskillende tipes kwaste, die een het ’n punt en die ander ’n skuins hoek. Enige van hierdie twee kan gebruik word.
Volg hierdie stappe om te verseker dat jy jou oogomlyner perfek aanwend:
– Stut jou pinkie op jou neus en voorkop om jou hand meer stabiliteit te gee sodat jy makliker jou lyn kan trek.
– Begin altyd van die binnekant van jou oog en beweeg dan na buite.
– Trek eers ’n dun lyn om die basis te vorm, van hier af kan jy dikker gaan. Hoe dikker jou lyn aan die begin is, hoe nader gaan jou oë aan mekaar lyk. So begin dun en eindig dik.
– Volg jou wimperlyn om die beste resultaat te verkry, onthou die lyntjie moet jou oog laat uitstaan nie snaaks laat lyk nie.
– Laastens is dit belangrik om te oefen, oefen en nogmaals oefen. Dit is die enigste manier hoe jy daardie lyn gaan rekry.
WEN
Een gelukkige leser staan ’n kan om ’n stel grimeerkwasse te wen van Real Techniques ter waarde van R500.
Real Techniques beskik oor hoë gehalte grimeerkwasse, -borsels en toerusting waarsonder geen vrou moet wees nie. Vir meer inligting, besoek hulle webblad.
HOE OM TE WEN
Al wat jy hoef te doen is om hierdie inskrywing te LIKE en SHARE op Facebook en jou naam in die kommentaarblokkie onder dit te skryf. Gaan LIKE ook Real Techniques se bladsy om op hoogte te bly van hulle nuutste produkte.
Artikel: Christell du Preez
Hooffoto: Fan’s Wedding