Belangstellings bepaal of jy en die man in jou lewe iets in gemeen het. Maar hoeveel kan julle passies van mekaar verskil vir die verhouding om steeds te werk? Die manne van DECA gee hulle opinie…
SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.
Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).
STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)
STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:
- Bewys van betaling
- Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
- Jou naam en van
- Jou selfoonnommer
- Jou posbus adres
- Jou poskode
————————————————————————————————————————————————————
Herman Steyn (viool) en Douw Steyn (kitaar) van die splinternuwe musiekgroep, DECA, het met hulle moderne en sjarmante verwerkings van nuwe en ou gunstelinge, sommer vinnig aandag op hul gevestig. Maar hoe gemaak wanneer jy in ’n verhouding is met iemand wat verskillende belangstellings as jy het? Alhoewel beide enkellopend is, dink Herman dat verskillende belangstellings goed is vir ’n verhouding. “Ek dink wel dit is belangrik dat beide persone binne die verhouding mekaar se belangstellings respekteer en selfs bietjie leer daaroor. Dis sleg vir ’n verhouding as die een die ander een se belangstellings afmaak as onbelangrik.”
Sommige mense glo aan die opposites attract teorie, Douw dink dis ’n goeie ding om dinge in gemeen te hê, maar dis is lekker as beide sekere dinge bietjie anders doen. “Waaroor gaan mens anders praat? Ek dink dit is goed as mens bymekaar kan leer en mekaar ook kan aanvul op plekke waar jy nie so sterk alleen is nie.” Herman voel dis baie belangrik om dieselfde belangstellings te deel en sodoende op verskillende maniere tyd saam te kan spandeer. “Ek dink ook verskillende belange is belangrik, dit vul mekaar aan waarsonder jy maklik net in jou gemaksone sal bly.”
Alhoewel dit lekker is om dinge saam te doen en jou horisonne te verbreed, is dit ook belangrik om jou eie tyd te behou en ’n gebalanseerde, gelukkige verhouding te hê. Douw stem saam met dié siening. “’n Mens het tyd nodig om deur jou eie gevoelens, drome en denke te werk. Daar is waarheid in die stelling, ‘moenie die pap te dik aanmaak nie’”. ’n Goeie balans is soos alles in die lewe die antwoord.” Herman stem ook saam, “maar dit kan nie ten koste van ’n verhouding wees nie. Beide persone moet kan insien dat die ander persoon hulle eie tyd nodig het en soms hulle eie belangstellings moet nastreef. Maar me time is nie dieselfde as selfsug nie. Altwee mense moet in ag geneem word.”
Herman lê klem dat persoonlike ruimte ontsettend belangrik is. “As mens heeltyd aanmekaar klou en jy word alles vir daardie persoon, kan dit onnodige konflik veroorsaak.” Balans vra ook soms dat beide party ’n kompromie aangaan. Douw beam dit, “’n Mens moet ’n kompromie probeer aangaan, maar dit ook respekteer as dit regtig nie lekker vir die ander persoon is nie. As rugby vir my belangrik is, sal ek hoop sy reël nie ander goed op belangrike wedstryde nie.” Volgens Herman gaan verhoudings alles oor kompromie.”Om spasie te maak vir daardie mense en hulle belange, anders is die een altyd meer belangrik as die ander. Kommunikasie is die belangrikste. Dis beter om rustig en oop te kan gesels as om dit te laat opbou. As jy nie daaroor kan praat nie, kan jou maat nie weet wat jou behoeftes is nie. Jy het tog verlief geraak op die persoon juis omdat hulle is soos hulle is, as jy dit wil verander, vra jy vir moeilikheid!”
Verskillende belangstellings binne ’n verhouding kan goed wees, want elke persoon is uniek. Maar dan moet beide partye mekaar se belangstellings respekteer.
NET VIR DIE PRET
BLOND OF BRUNET?
Herman: “Ek hou van beide blondines en brunette, maar as ek eerlik moet wees, sal ek moontlik vinniger vir ’n mooi blondine val!”
Douw: “Enigeen.”
HAMBURGER OF SLAAI?
Herman: “Definitief hamburger. ’n Goeie slaai is ook lekker, maar ’n hamburger is darem maar net so ’n bietjie lekkerder (veral RocoMamas se burgers)!”
Douw: “Probeer gesonder lewe, so slaai!”
KURWES OF SLANK?
Herman: “As ’n vrou mooi na haarself kyk is dit die belangrikste, te maer is nie goed nie en te oorgewig ook nie. Ek dink meestal iemand wat redelik fiks probeer wees en na haarself kyk. So die kort antwoord, is iewers tussen-in.”
Douw: “Ietsie tussen-in.”
FLIEK OF DANS?
Herman: “Ek is nou eenmaal een wat ’n goeie fliek geniet!”
Douw: “Beide.”
SWEMBROEK OF BIKINI?
Herman: “Wat sy die meeste gemaklil in voel. Jy kry mooi swembroeke en bikini’s, so aan my maak dit nie saak nie. Maar ek dink tog daar moet iets vir die verbeelding oorbly.”
Douw: “Hang af van die lyfie.”
SANDALE OF PLAKKIES?
Herman: “Maak regtig nie vir my saak nie.”
Douw: “Plakkies.”
STIL OF SPONTAAN?
Herman: “Ek hou nogal van ’n spontane persoon met bietjie lewenslus.”
Douw: “Spontaan.”
Artikel: Yolanda Wessels
Foto: Verskaf