beplan alles op die regte tyd
Om ’n troue te beplan is nie kinderspeletjies nie… maar dit hoef ook nie ’n nagmerrie te wees wat die groot dag vir jou bederf nie. Hier is wenke om jou te help om die perfekte troue te beplan.

Alhoewel jou troudag een van die mooiste en beste dae in jou lewe behoort te wees, en gewoonlik is, gaan dit gewoonlik gepaard met baie stres. Met alles wat gereël moet word, weet jy nie waar om te begin nie… en as laaste minuut dinge skeef loop of jy van iets vergeet het is dit chaos.

Jou troudag hoef nie vir jou ’n bron van stres te wees wat jou in Bruidzilla laat ontaard nie. Met goeie beplanning (waarmee jy vroegtydig kan begin) en hierdie tieklysie behoort jy alles onder beheer te hê en jou troue rustig te kan geniet.

12 MAANDE VOOR DIE TYD

  • Bespreek die troureёlings met jou ouers
  • Kies jou bruidsmeisies en vra hulle om deel te wees van die beplanning
  • Lees bruidstydskrifte en besoek ’n bruidskou
  • Berei die gastelys voor
  • Stel ’n begroting op

10 – 11 MAANDE VOOR DIE TYD

  • Stel ’n datum vas. Besluit waar jy die seremonie en onthaal wil hou
  • Teken die huurkontrakte en betaal die deposito’s
  • Kies ’n koördineerder en diensverskaffers
  • Stel ’n lys op van jou voorkeure en maak ’n afspraak met hulle
  • Maak seker of hulle beskikbaar is en betaal die deposito’s

8 – 9 MAANDE VOOR DIE TYD

  • Besluit oor die tema, kleur en dekor
  • Kies ’n ontwerp vir die trourok en hooftooisel; asook die bruidsmeisies se rokke. Kies ’n handsak, skoene, juweliersware en onderklere
  • Betaal die deposito’s en teken die datums om te gaan aanpas in jou dagboek aan
  • Laat die moeders hul uitrustings kies
  • Reёl met gekose winkels om jou geskenke uit te kies

6 – 7 MAANDE VOOR DIE TYD

  • Beplan en bespreek jou wittebrood
  • Gaan jou paspoort na en kry visas. Indien nodig, gaan vir inentings
  • Reёl verblyf waar jy kan aantrek en ook vir die wittebrood
  • Reёl verblyf vir die gaste
  • Stuur uitnodigings uit
  • Verskaf padkaarte, aanwysings en belangrike inligting aan gaste

5 MAANDE VOOR DIE TYD

  • Kies die musiek vir die seremonie en onthaal
  • Laat die bruidegom en sy gevolg hul klere en skoene kies en aanpas
  • Betaal die deposito’s en teken datums om te gaan aanpas in jou dagboek aan
  • Gaan jou begroting na
  • Stel ’n seremoniemeester en ander sprekers aan

4 MAANDE VOOR DIE TYD

  • Reël met spysenier en bakker om disse en koek te proe en om veranderings aan te bring.
  • Kies die drank
  • Reёl vir aflewering van troukoek
  • Reёl vir bruilof-oefenlopie
  • Maak afsprake vir hare, grimering en naels

3 MAANDE VOOR DIE TYD

  • Beplan die huweliksgelofte
  • Beplan die skedule vir byeenkoms en stuur afskrifte aan al die betrokke partye
  • Gaan saam met die seremoniemeester die program deur
  • Volg op met belangrike gaste en finaliseer die gastelys
  • Stel die spysenier en plek waar die troue plaasvind in kennis van die aantal gaste

2 MAANDE VOOR DIE TYD

  • Maak seker dat alle betalings ten volle vereffen en bevestig is
  • Koop die trouringe
  • Kry ’n huwelikslisensie indien nodig (binne die wetlike tydperk)
  • Koop geskenke vir bruidsmeisies, ouers en vir mekaar
  • Koop geskenkies vir die gaste

3 WEKE VOOR DIE TYD

  • Besluit waar die gaste gaan sit by die onthaal
  • Laat jou hare en grimering doen
  • Berei heildronke en toesprake voor
  • Laat versekeringsdokumente nagaan
  • Laat jou van en adres verander
  • Stel ’n testament op

2 WEKE VOOR DIE TYD

  • Gaan haal rokke en bybehore
  • Gaan haal kaartjies, reisigerstjeks ensovoorts vir die wittebrood
  • Gaan al die troureёlings na
  • Bevestig met al die diensverskaffers
  • Pak vir die huweliksnag en wittebrood

2 DAE VOOR DIE TYD

  • Die bruidegom en gevolg moet hul klere gaan haal
  • Gee mekaar se geskenke en die vir die ouers
  • Woon die bruilof-oefenlopie by
  • Bevestig hoe laat almal wat betrokke is bymekaar moet kom vir die huweliksbevestiging
  • Gee ringe vir strooimeisie en strooijonker

TROUDAG

  • Staan vroeg genoeg op
  • Ontspan in warm bad met rustige musiek
  • Onthou om tee et
  • Laat jou hare en grimering doen
  • Trek jou trourok aan (onthou kousband)
  • Vergeet van alles en geniet jou spesiale dag

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA