Hare wat blink en nog boonop lekker ruik op jou groot dag, is ’n bonus. Gina van Staden en COLAB het raad om hierdie droom ’n realiteit te maak.
Die Trouboek help jou om week-vir-week jou troue self te beplan en sluit ’n begroting, tydlyn, lysie van foto’s wat geneem moet word, plek vir diensverskaffers se kontakbesonderhede ens in. Gretha Wiid se huweliksvoorbereiding help jou en jou verloofde om emosioneel gereed te wees vir die groot stap!
Troukoors se gewilde tydskrif is propvol idees en inspirasie en wys jou hoe om al jou Pinterest-idees lewe te gee, help jou om geld te spaar en wys jou wie die betroubare (en bekostigbare) diensverskaffers is!
Pakkies word met geregistreerde pos gestuur om te verseker dat dit ontvang word.
Kliek hier vir meer info en opsies: https://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/
Betaal R170 in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
E-pos: Jou naam, van, selfoonnommer, posbus adres en poskode na info@bpwpprebuild.co.za
Op jou troudag wil jy nie net eksie-perfeksie lyk van kop tot tone nie, maar ook heerlik ruik. Fyn gegeurde parfuum word op al die regte plekke op jou lyf aangewend, maar tog word een deel misgekyk – jou hare. Lees verder hoe om te verseker dat jou hare nie net na haarsproei ruik op jou belangrike dag nie.
Parfuum vir hare word nou die in-ding in die skoonheidswêreld. COLAB Luxe Shine Glossing Hair Fragrance, te koop by Clicks–winkels landswyd, bied bruide ʼn produk wat nie net hulle hare somerbries-vars laat nie, maar ook aan dit ʼn betowerende glans verleen.
WAARMEE VERRYK COLAB LUXE SHINE GLOSSING HAIR FRAGRANCE JOU HARE?
Hierdie COLAB-wonderproduk bevat kosbare olies, sy-ekstrakte en glinsterende diamantstof wat jou hare terselfdetyd voed. Die luukse, veerligte missproei verleen ʼn tikkie sysagte glans, maak jou hare glad en laat dit helder skyn van dag tot aand (dink net hoe mooi dit in jou troufoto’s sal vertoon).
Die diep geure van kasjmier (cashmere), Bergamotolie en Oud (die duurste parfuumolie beskikbaar) sal jou bruidegom na sy asem laat snak.
HOE WORD DIE COLAB LUXE SHINE GLOSSING HAIR FRAGRANCE GEBRUIK?
Hierdie produk kom in ʼn spuitkannetjie, baie soos haarsproei, en is maklik om te gebruik. Skud die kannetjie en spuit dit op droë hare en hou die kannetjie 30 sentimeter weg. Spuit van die wortels na die punte. Gebruik hierdie produk maar spaarsamig, want die parfuum is baie gekonsentreer (wat ook goeie waarde vir geld beteken).
WIE SAL BAAT BY HIERDIE PRODUK?
Enige bruid met droë of vaal hare sal voordeel trek by die voedende, glinsterende kwaliteite van COLAB se Luxe Shine Glossing Hair Fragrance. Bruide wat geneig is om baie te sweet sal hou van die sterk parfuum wat hierdie produk het. Die bruid wat weens sensitiewe vel nie parfuum gaan dra op haar troudag nie, kan meer van hierdie sproei aan haar hare spuit, wat dan kan dien as parfuum.
Sagte, blink hare wat lekker ruik behoort hoog op ʼn bruid se lys van prioriteite te wees. Met behulp van COLAB kan elke bruid haar sprokiesprinses-haredos hê.
WEN! WEN! WEN!
Wen ’n COLAB-geskenkpak vir jou spesiale dag. Al wat jy hoef te doen om in te skryf is:
*LIKE COLAB se Facebook-blad; en
*LIKE en SHARE die inskrywing met jou vriende.
Die kompetisie sluit op 5 Desember 2016 en die wenner sal op 6 Desember 2016 aangekondig word.
Foto: Mark-Lee Hairdressing